Rusie oor 50c lei tot dood

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Beweerde bakleiery oor kleingeld het tot die dood van ʼn Oos-Kaapse tiener, Darryl Prins, gelei.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het Vrydag in Mountain View in Kareedouw plaasgevind.

“Twee 17-jarige seuns het omstreeks 15:00 glo in ʼn bakleiery betrokke geraak oor 50c. Prins het ʼn knopkierie gegryp en die ander tiener daarmee aangerand,” het Swart gesê.

Sy het gesê die tiener wat met die kierie geslaan is, het daarna glo twee messe uitgepluk en Prins daarmee in die bors gesteek. Prins is op die toneel dood.

Die verdagte is kort daarna deur die Kareedouw-polisie in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die seun het reeds Maandag in die Humansdorp-landdroshof verskyn, waarna die saak tot Donderdag uitgestel is vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Die verdagte se naam mag volgens die Kinderwet nie bekend gemaak word nie aangesien hy minderjarig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Henda ·

Naam mag nie genoem word nie, maar ons is oud genoeg om knopkieries en messe uit te pluk, is dit waarheen vandag se jeug op pad is. Dit is so tragies.

Aai ·

Gelukkig nie apartheid se skuld nie – hierdie is die voorbeeld wat die ANC en EFF in die parlement aan die jeug stel.

BS ·

Hartseer is hartseer. Hoe arm moet mens wees om te baklei oor 50c?

AL ·

Blameer dit op die kindertoelae! Baie meisies/jong vrouens raak swanger en dink die kindertoelae gaan kos in die monde bring. N Arm verwaarloosde jong vrou het by my gewerk, toe het sy alreeds n 5 jarige kind en ten spyte van haar droewige omstandighede was sy alreeds swanger met nog n kind! Ek het haar gese 2 kindertoelaes kan nie vir 3 monde sorg nie!!
Dis die kinders wat daaronder ly, nie die grootmense.

Anre ·

As mens nou verby al die drama, hartseer en tragedie kyk… Is dit nou moord of selfverdediging? Want as iemand my aanrand met ‘n knopkierie gaan ek myself ook wil verdedig.

cor ·

Eers was ‘n lewe die prys van ‘n merc of beemer werd , toe ‘n selfoon en nou 50c . Wys net geen
respek vir n mede mens nie, nie eers vir hulle self nie.

Uvonka ·

Ons regering leer hulle om te vat wat nie hulle s’n is nie en as dit nie so gebeur nie dan moet jy boet met jou lewe. Tragies maar ongelukkig so!

Skim ·

Op 17 maak hulle dood vir 50c en op 27 vir ‘n selfoon. Daar is nie gevolge vir minderjarige moordenaars nie, so hulle gaan aanhou om te doen wat hulle doen totdat die regstelsel hulle stuit. En dit is beslis nie op iemand se agenda nie.

Ag ou PIETSER ·

NADRAAI van apartheid? LYK my jou ou grammofoonplaat het ook vasgehaak waar ZUMA en Malema s’n vasgehak het. Daar is nou CD’s wat nie vashaak nie jong, jy moet bykom. As ‘n seun 17 is en apartheid geld al 22 jaar reeds nie meer nie, het dit NIKS met apartheid te doen nie. Neewat as hulle mekaar wil uitroei vir 50c, dan wys dit jou maar net die mentaliteit, NIKS met apartheid te doen nie. So dankbaar liberales is besig om te kwyn en uiteindelik te verdwyn!

vermeende ·

Pietser dit is darem n helse lang draai, nadraai van 23 jaar. Apartheid was hier vir 40 jaar so dit gee hulle 17 jaar oor om die agterstand in te haal, dink jy hulle gaan dit maak?

Piet Pompies ·

Ons was onlangs in Jeffreysbaai met vakansie en daar was een dag mes stekery oor drank naby Pep stores. Vir die Polisieman was dit algemeen maar vir ‘n tiener dogter van Gauteng was dit baie onstellend. Die soort geweld het niks met armoede te doen, dit gaan oor verkeerde opvoeding, of die gebrek aan opvoeding.
As jy nie self jou kinders opvoed, gaan jou kind opvoeding by sy maats kry.

T ·

Was daar nie n rukkie terug 2 klein seuntjies wat ook oor n 50c baklei het en een toe dood is nie?
Wat is dit nou oor 50 sente?? Vra maar net!!

Madelyn ·

Ek voel n 17jarige “kind” is eintlik nie meer n “kind” nie. Ek weet nie hoekom verander ons nie daai ourderdom volgens die wet nie, want as ek nou die lewe so aanskou dan sien ek dat kinders van die ouderdom van 14 al baie volwasse oor die lewe redeneer. So hoekom verander ons nie die wet van minderjarige na die ourderdom van 14 nie??? Slaan my dronk! Ek is jammer maar n 17jarige man is NIE MEER N KIND nie. Kyk na n 17jarige man se liggaamsbou en jy sal sien, dis definitief NIE MEER n kind nie maar n volwasse man. As kinders al met seks kan begin ekperimenteer op die ouderdom van 12 en sommige self jonger, dan is in my oe n 17jarige LANKAL NIE MEER KIND NIE en moet dieselfde straf verdien as n volwasse man. Nonsens hierdie dat ons jong mans en vrouens nog soos kinders behandel. Dis hoekom hulle nooit gereed is vir die samelewing daarbuite nie want hulle dink hulle is nog kinders, maar is eintlik volwasse. Dis verskriklik dat hierdie jong man n ander man se lewe geneem het, en dit omdat woede betrokke was vir net 50 sent. Hoe verskriklik hartseer! :-( Ek bid vir albei ouers en familie dat die Here hulle deur hierdie verskriklike harteer tyd sal dra..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.