Rusie oor selfoon lei tot vriend se dood

mesʼn Man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Maandag glo sy vriend in Johannesburg se middestad met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte het homself Dinsdag omstreeks 16:00 aan die polisie oorgegee.

Sibusiso Nala (30) is Maandagmiddag by die Calcium-gebou op die hoek van Goud- en Jeppestraat een keer met ʼn mes in sy bolyf gesteek.

“Die oorledene en die verdagte was vriende,” het Mbele gesê. “Hulle het glo ʼn rusie gehad oor ʼn vermiste selfoon. Hulle het begin baklei en die verdagte het ʼn mes uitgepluk en sy vriend gesteek.”

Nala is op die toneel dood. Die verdagte het na Alexandra gevlug. Hy gaan na verwagting Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.