Rusland fokus nie op terreur tydens ondersoek ná vliegongeluk

Geliefde rou oor die afsterwe van die slagoffers Foto: AP Photo/Viktor Klyushin

Geliefde rou oor die afsterwe van die slagoffers Foto: AP Photo/Viktor Klyushin

Rusland se minister van vervoer het Maandag gesê die oorsaak van ʼn vliegtuig wat Sondag in die Swart See neergestort het, is waarskynlik toe te skryf aan ʼn fout van die vlieënier of ʼn meganiese probleem.

Al 84 passasiers en agt bemanningslede op die Russiese militêre Tu-154-vliegtuig is dood toe dit, twee minute nadat dit in die vakansiedorp Sochi opgestyg het, in die Swart See neergestort het. Talle lede van Rusland se wêreldbekende militêre koor het ook in die ongeluk omgekom.

Meer as 3 000 reddingswerkers op 32 skepe, insluitend meer as 100 duikers van oor Rusland heen, deursoek die ongelukstoneel en al langs die kusgebied, het die ministerie van verdediging gesê.

Maxim Sokolov, minister van vervoer, het Maandagoggend in ʼn televisie-onderhoud gesê terrorisme is nie die hoofteorie nie, en owerhede ondersoek ʼn moontlike meganiese fout of vlieëniersfout.

Verskeie kenners het opgemerk dat verskeie faktore wel kan dui op ʼn terreuraanval, waaronder die bemanning se versuim om enige probleme aan te meld en die feit dat die wrakstukke oor ʼn wye gebied versprei is.

Die vleigtuig, oorspronklik van Moskou se militêre lughawe Chkalovsky het in Sochi geland om brandstof in te gooi. Die vliegtuig het die Alexandrov Ensemble vervoer om by ʼn Nuwejaarskonsert by Rusland se weermagbasis in Latakia, Sirië, op te tree.

Nege Russiese joernaliste en ʼn Russiese dokter, bekend vir haar werk in oorlogsones en hulp aan haweloses, was ook aan boord.

Sokolov het gesê die regering gaan nie in hierdie stadium veiligheidsmaatreëls by Russiese lughawens opskerp nie.

Noodreddingspanne het wrakstukke van die vliegtuig ongeveer 1,5 km van die kuslyn gevind en teen Maandagoggend is 11 liggame reeds uitgehaal. ʼn Vliegtuig met die liggame van die slagoffers het reeds in Moskou geland vanwaar die oorskot geïdentifiseer sal word, het Sokolov bygevoeg.

Maandag is as ʼn nasionale roudag in Rusland aangekondig.

Lees alle vorige berigte oor die Tu-154-vliegtuigongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Miskien naief…maar wat sou die Russe baat by n ontkenning van n terreur aanval indien dit wel een was?

John ·

Indien bewyse van misdrywe wel gevind word, sal die skuldiges nerens op aarde veilig wees nie. Die Russe sal hulle uitrook uit hul gate soos vir Hilter. Sy einde was deur sy eie hand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.