Rustenburg-egpaar dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Rustenburg ondersoek ʼn saak van moord en sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen nadat ʼn man glo eers vrou doodgeskiet het voordat hy homself geskiet het.

“Die egpaar se 14-jarige seun is Dinsdagoggend glo na sy ouers se slaapkamer en het aan die deur geklop, maar daar was nie reaksie nie,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie is na die toneel in Geelhoutpark ontbied waar hulle die 43-jarige man en 40-jarige vrou se liggame aangetref het.” Daar was ʼn vuurwapen langs hulle op die bed.

Dit is nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie. Die polisie vermoed nie gemene spel nie.

“Die ondersoek duur voort,” het Molale bygevoeg.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eileen ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat die ouer nie daaraan gedink het dat iemand op sylyk en die lyk van sy vrou sou afkom nie, en dat die persoon hul eie kind sou weesnie. Nou moet die onskuldige kind watnie hiervoor gevra hetnie, vir die res van sy lewe onthou wat hy in daai kamer gesien het. Watse skade het daai pa nie nou aangerig nie? Hoekom as jy soe iets wil aanvang hoekom iemand anders saam met jou vat? en verwat dit nie doen waar ander mense nie nodig het om na jou skoon te maak nie!

SNEL ·

Ek twyfel of die kind die skote sou gehoor het, ek het ook as kind soos n klip geslaap, nie eers geweet as die weerlig geslaan het nie. Dis net vreeslik dat hierdie pa nie daaraan gedink het dat sy kind op dit alles sal afkom nie. Dit moes n vreeslike skok vir daai arme kind gewees het en nou is hy alleen, sonder n ma of pa. Seker ook beter as n gesinsmoord, maar dis net vreeslik dat n arme kind dit alles moet deurmaak.

Carine Muller ·

Hy het seker ni verder gedink dat di arme kind op di lyke sou afkom ni. Scarred for life!

Dave ·

Dit is so eie aan Suid Afrika se vertraagde polisie om ‘nie gemene spel te vermoed nie’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.