Rustenburg: Groot kommer indien Amplats toemaak

Argieffoto van 'n spookdorp in die VSA. Foto: secretsofthefed

Argieffoto van ‘n spookdorp in die VSA. Foto: secretsofthefed

Die platinummynreus Anglo American (Amplats) het aangedui dat hy van sy myn naby Rustenburg ontslae wil raak weens die voortslepende Amcu-staking wat al sedert Januarie duur, het Business Day Maandag berig.

Die Vryheidsfront Plus het in ʼn verklaring gesê Amplats se onttrekking kan veroorsaak dat platinummyne in duie stort en Rustenburg in ‘n spookdorp ontaard.

“Amplats se uitsprake is uiters onheilspellend en toon duidelik dat die mynreus nou genoeg gehad het van die drie maande lange staking wat verwoestend inwerk op Suid-Afrika se ekonomie,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, gesê.

Volgens Alberts is dit reeds op plaaslike vlak duidelik hoeveel skade die staking aangerig het en die dorp is op die glybaan na totale verval met sakeondernemings wat in groot getalle sluit en misdaad wat weens werkloosheid skerp toeneem. Klik hier om meer te lees.

Alberts sê Amplats, Impala Platinum (Implats) and Lonmin, die wêreld se drie grootste verskaffers van platinum, het landwyd reeds R12,6 miljard weens stakings verloor en werkers het as gevolg daarvan reeds sowat R5,6 miljard aan salarisse verloor. Die stakers het sedert einde Januarie nog nie weer ʼn salaris ontvang nie.

“Die media berig daar het reeds 83 sakeondernemings gesluit in en om die dorp, en volgens sakelui speel dieselfde situasie hom moontlik af by al die myndorpe in Suid-Afrika wat deur stakings geraak word,” het hy bygevoeg. “Sakemanne meen dat ondernemings wat ondergaan, bydra tot die groot werkloosheidsprobleem op die dorp. Van die sakemanne sê dat hul inkomste met tot 40% verminder het sedert die stakings begin het en dat dit by die dag afneem.”

Hy voeg by misdaad het ook skerp toegeneem en daar is gebiede wat nie-amptelik reeds tot ‘no go’-gebiede verklaar is weens die geweld van die stakings en die hoë vlakke van intimidasie. Klik hier om meer te lees.

“Wat in Rustenburg gebeur, is rampspoedig vir die hele land. Die stad gaan tot niet gaan indien die situasie voortduur en die regering nie intree nie,” het Alberts gesê.

Lees ook:
Rustenburg-inwoners vrees glo vir hul lewe
Amcu-staking: “Stakers hou inwoners gyselaar”
Nuuskommentaar: Rustenburg word Rampstenburg
Amcu-staking: Rustenburg-besighede sluit; voedingskemas in skole begin

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peter Says ·

As jy nie wil hoor nie, dan moet jy voel. Die tragedie is egter, die wat nie deelneem aan die staking nie, gaan ook op die einde van die dag ly.

Ria ·

Of hulle word in so mate geintimideer dat hulle geen ander keuse het as om saam te staak nie. Ai, ek weet nie hoe oorleef mense wat so lank staak nie. NO WORK, NO PAY !

JB ·

Ek neem hul nie kwalik as hul toemaak nie. Die klomp het mos geweet hoeveel hul gaan kry toe hul die dag begin werk het. Geen werk, geen inkomste, geen geld!!!!! Jammer vir die wat wil werk!!!

PURE BOER ·

Die regering wil nie intree nie, hulle wil die myn besit en wag tot dat LONMIN die pad wil vat voor hy bankrot raak. Kry nuwe mense met n Salaris van die helfte, betaal jou eie army met die ander helfte. Kry die dorp weer op dreef en woes die duiwels uit

Willie ·

Ek verstaan nie hoekom staak hulle nie. As jy nie gelukkig is met die salaris of werks toestande nie bedank en gaan waar jy jy gelukkig is. Aan die anderkant as ek die vakbond was so ek eerder 2 weke werk 2 weke staak stelsel gevolg het dat die mense nog geld gekry het vir kos.

Petro Beukman ·

Ek kan hierdie dinge nooit klein kry nie! Daar is sofeel werklose mense in ons laand! Wat is fout met die mensdom?

Abraham Kriek ·

Dit is so hartseer! Ongelukkig bewys statistieke dat geen Afrika land wat deur n’ swart regering regeer word ekonomies vooruit gegaan het nie. Mynwerkers soek groot basiese salarrise, maar het te sleg geword om te produseer! Goeie voorbeeld (13jaar terug het ons op Tau Lekoa 10 skag naby Orkney geproduseer teen 36 m2 per man, gemiddeld in 2013/2014 is 4,6 m2 per man ) Power. Lande wat ekonomies vooruitgaan werk hard, nie staak hard nie. Word wakker ANC, jul koffie het lankal koud geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.