Rustenburg: Gru-botsing eis man, jong kind

Die botsing op die R24 buite Rustenburg in Noordwes (Foto: ER24)

ʼn Botsing op die R24 buite Rustenburg in Noordwes het Maandag op Kersdag die lewe van ʼn volwasse man en ʼn jong kind geëis.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die botsing het sowat 10 km buite Rustenburg plaasgevind.

Volgens Vermaak was die liggame van die volwasse man en die jong kind, ʼn dogtertjie, in die motorwrak vasgekeer. Hulle was reeds dood.

Hy sê vyf ander persone wat in die tweede voertuig gereis het, het verskeie beserings opgedoen en is na ʼn nabye hospitaal gehaas.

“Die presiese omstandighede rondom die botsing is nie in die stadium bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel om ʼn ondersoek te begin,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

A Mac ·

Ek dink daar moet meer sulke fotos vergroot word en opgesit word by bv. garages, drinkplekke, stopstrate en robotte, dat meer mense dit kan sien en kan kennis neem wat spoed, dronk- en roekelose bestuur se uiteinde kan wees. Bitter min mense neem kennis van ‘n foto hier en daar en sal meer ag slaan op sulke goed as dit omtrent in hul kele afgedruk word en hulle oral daarmee gekonfronteer word. Die huidige aksie van die ry veilig-organisasie dra nie veel vrugte nie.

Goeie idee ·

Goeie idee, nog beter sou die voertuie langs die pad gelos kon word waar die ongeluk plaasgevind het maar weens lang vingers is dit onmoontlik.

karin ·

Dink aan die gesinne en familielede van die slagoffers. Ek dink dit is heeltemal onnodig om sulke fotos aan almal te wys.

Gys ·

Ek help by baie ongeluks tonele. Die ware fotos moet op advertensie borde gesit word dat die werklikheid van ongelukke by almal kan indring. Spoed maak dood . Al voel dit nie jy ry vinnig nie , maar die inpak van voertuie is geweldig erg.

Doodstraf ·

Dronkbestuurders en ekstreme spoedvrate verdien die doodstraf.

Nina ·

En taxibestuurders wat GEEN wette nakom? Trokbestuurders wat vinniger ry en ander voertuie verby JAAG? Busse wat Jaag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.