Rustenburg-kinders veilig gevind

Micheala Sharne BredenkampMicheala Bredenkamp (9) en Sharne Bredenkamp (6) van Rustenburg in Noordwes wat sedert Vrydag vermis was, is veilig gevind.

Konstabel KZ Moruane, die ondersoekbeampte, het aan Maroela Media bevestig dat die kinders gevind is. Hy sê weens die aard van die ondersoek kan hy in die stadium geen verdere inligting bekend maak nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die meisies die laaste keer gesien is toe hul pa, Quinten Bredenkamp (33), hulle glo opgelaai het. Die polisie vermoed Bredenkamp kan hulle in die ondersoek bystaan. Die kinders se pa en ma is van mekaar vervreem.

Loskop Vallei Beveiliging het ook op sy Facebook-blad bevestig dat kinders gevind is en geskryf: “Hangende ‘n verdere ondersoek het ons alle inligting tot ons beskikking aan die SAPD oorhandig. ‘n Groot woord van dank en waardering aan alle GPF’s, buurtwagte en vrywilligers wat meegehelp het met die soektog!! Hiermee wil ons ook graag baie dankie sê aan ‘n ieder en ‘n elk wat gehelp het om die inligting en uitkyk te versprei – ons waardeer dit geweldig!! (sic)”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.