Rustenburg-kinders word vermis

Lees ook:
Rustenburg-kinders veilig gevind

Micheala Sharne BredenkampMicheala Bredenkamp (9) en Sharne Bredenkamp (6) van Rustenburg in Noordwes word sedert Vrydag vermis.

Die polisie en die organisasie TacSAR, wat hom beywer om vermiste persone op te spoor, doen ʼn beroep op die publiek om op die uitkyk te wees vir die twee kinders.

Hulle is laas gesien toe hul pa, Quinten Bredenkamp (33), hulle glo opgelaai het. Die polisie vermoed Bredenkamp kan hulle in die ondersoek bystaan. TacSAR het Woensdag aan Maroela Media bevestig die pa en die ma is van mekaar vervreem.

Die Rustenburg-polisie ondersoek die saak. Mense wat weet waar die kinders of die pa hul mag bevind word versoek om die ondersoekbeampte, konstabel KZ Moruane, by 083 372 5253 of 014 590 4127 te bel. Mense kan ook TacSAR by 078 855 9592 of 084 748 8496 skakel.

TacSAR het ook versoek dat mense die foto versprei om te help met die ondersoek. Alle inligting sal vertroulik en anoniem hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Joos ·

Mamma’s hou kinders van hul pappa’s af weg, dan gebeur sulke dinge. Ek gaan nie oordeel nie, en ek sê nie dit is die geval hier nie. Indien wel, hoop ek die pappa sal ten eerste net laat weet die kindertjies is veilig.

Mike Hechter ·

Hi Joos, I think you need to think very carefully about your statement. You cant say Mothers should keep the kids away from fathers, or are you implying that all Fathers are capable of stealing their own children??? I think you really need to think about your statement as it only tells me that you are the type of person that had problems with your father so now all fathers get blamed for this. You get mothers out there that abandon there kids as well, should we now tell all fathers to keep there kids away from the mothers??? Think very carefully what you say!!!

Monique Grobler ·

Wel dit is nie n lekker ding nie, tenminste dink hulle dat die kinders by hulle Pa is en nie dat hulle net vermis is en dalk in die hande van een of ander pedofiel of iets nie.

Marietjie ·

Joos – jy veralgemeen oor die weghou van kinders en dis ook nie net Mammas wat kinders van Pappas weghou nie, maar ook visa versa. Miskien is daar juis ‘n redes hoekom Mammas kinders van hulle Pappas weghou, maar het ‘n Hofbevel haar gedwing om haar kinders na hom toe te laat gaan, sonder dat sy veel van ‘n keuse het en nou het dit gebeur. Ek hoop van harte die kinders is veilig.

Joos ·

Marietjie, jy is natuurlik reg, ek glo egter dat kinders oorwegend, waar ouers geskei is, in die moeder se sorg geplaas word. So glo ek ook dat daar in gevalle grondige redes is waarom die moeder die vader daarvan weerhou om die kinders te sien. In ander gevalle doen die ma / pa dit om die ander party ‘seer’ te maak. Die belangrikste nou is dat die kinders veilig is en veilig terugbesorg sal word. Ek hoop daar sal gesonde gesprekke rondom die saak plaasvind en die kinders nie verder ontwrig word nie.

Belinda ·

Met so baie wat aangaan in Rustenburg hoop ek die man en die kinders is veilig en ons weet mos nou nie wat is die regte storie nie, kom ons wag tot ons weet en hoor van albei kante hoop net almal is veilig…………………

Sunette ·

Joos, niemand het gesê die moeder weerhou die kinders van die vader nie. Die moeder en vader is van mekaar vervreem, maar hy sien nog sy kinders. Hoop hulle word gou gevind!

Joos ·

Sunette, ek dink jy het hierdie gedeelte wat ek bygevoeg het, dalk nie raak gelees nie?

‘Ek gaan nie oordeel nie, en ek sê nie dit is die geval hier nie.’

hester hoffmann ·

Hulle is nie vermis nie. Hulle is by hulle pa. Moet tog nie altyd sensasie soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.