Rustenburg-liefdesdriehoek eindig tragies

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 31-jarige man en sy 17-jarige meisie is Woensdag in Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 29-jarige vrou, wat glo die man se ander meisie was.

Sers. Kealeboga Molale, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê daar word vermoed dat die man sy ouer meisie, Palesa Skavnek, omstreeks 17:00 by sy huurhuis in die dorp geskiet het.

“Daar word vermoed dat die 17-jarige meisie by die man gekuier het, toe Skavnek óók gaan kuier het,” het Molale gesê. “ʼn Bakleiery het tussen die twee vroue ontstaan.”

Molale het gesê wat alles daarna gebeur het, is nog nie duidelik nie. “Die man het die polisie eers omstreeks 21:00 gebel en gesê die oorledene het haarself in haar middellyf geskiet. Sy is na die Job Shimankane Tabane-hospitaal geneem waar sy aan haar beserings beswyk het.”

Ná ʼn voorlopige ondersoek is die man en sy meisie in hegtenis geneem omdat hulle die omstandighede wat tot die skietery gelei het, glo probeer toesmeer het.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grassie ·

Die argieffoto van die wapen wat by die berig gebruik word het ‘n foutjie. Daardie haasboud (S&W) kan nie vuur met sy sneller in ‘n vorentoe-posisie nie. Ek weet my kommentaar is onbenullig maar dit pla ‘n wapenliefhebber so ‘n bietjie.

Jaco Grobler ·

Verbeel jou die ou is blitsvinnag en het al klaar weer die sneller gelos

Strydom-:Stryslim eerder ·

As die man van 31 by my dogter wil kom opklop, sal hy die een wees wat geskiet word! Sy is nog baie jonk en kyk nou die gemors…

Peet Schabort ·

Die liefdesdriehoek is die probleem en nie die ouderdomverskille. Dan die jaloesie en en en . . .

Theresa ·

Jou opmerking is nie onbenullig nie Grassie. Ek is seker 99.9% van die mense wat die foto gesien het, het dit nie agtergekom nie. En dankie Jaco – darem kan ek lag vir jou opmerking.
Al die berigte is tog so depressief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.