Rustenburg-man ernstig beseer tydens vulstasie-aanranding

Jan Minnaar na die aanval (Foto aan Maroela Media verskaf deur die familie)

Jan Minnaar na die aanval (Foto aan Maroela Media verskaf deur die familie)

Jan Minnaar (68) van Modderfontein-kleinhoewes buite Rustenburg in Noordwes het ernstige beserings opgedoen toe twee mans hom by ʼn vulstasie buite die dorp aangerand het.

Liza Fitchat, Minnaar se dogter, het gesê die voorval het Vrydag by Jabes Motors buite Rustenburg plaasgevind.

Minnaar het sy twee kleinkinders, ʼn seun van 11 jaar en ʼn dogtertjie van 3 jaar oud, by die skool gaan haal toe hy by die vulstasie stilgehou het om koeldrank te koop. “Hy het gesien hoe drie mans op twee vroue, wat kinders in hul motor gehad het, skree en intimideer. My pa het vir die twee vroue gesê hulle moet ry om weg te kom,” het Fitchat verduidelik. “Terwyl my pa ook stadig begin het om weg te ry om seker te maak die vroue kom veilig weg, het een van die mans by my pa ingespring en hom geslaan. ʼn Tweede man het toe ook by my pa in die motor gespring en hom begin slaan. Volgens omstanders het dit gelyk of die man ʼn slaansak slaan, hy het onophoudelik aanhou slaan.”

Minnaar kon uiteindelik wegkom en kon self tot by sy huis op die kleinhoewe ry. Hy het by die buurvrou se huis stilgehou, omdat hy die twee kinders in die motor gehad het en niemand by sy huis was nie. Fitchat en haar ma, Corrie Minnaar, was in die dorp en die buurvrou het hulle ontbied. “Toe sy sê my pa is aangeval, was ons aanvanklik besorg dat dit ʼn plaasaanval is. Ons weet nie hoe my pa tot by die huis gery het nie. Dis ʼn wonderwerk dat hy leef.”

Minnaar is in die hoësorgeenheid van die hospitaal opgeneem en moet Maandag geopereer word. “Sy twee wangbene is gebreek en daar moet plate ingesit word. Sy neus en sy oogbeen is ook gebreek.”

Fitchat het gesê hulle is dankbaar dat haar pa nie enige swelling of bloeding op die brein het nie. “Al die houe was in sy gesig.”

Die gesin en die polisie het beeldmateriaal van die voorval. Foto’s van die aanvallers is aanvanklik op sosiale media gedeel, maar die polisie het die gesin versoek om dit te verwyder, uit vrees dat die gemeenskap reg in eie hande sal neem.

“Ons wil net hê die mans moet in hegtenis geneem word sodat die gereg sy gang kan gaan,” het Fitchat bygevoeg. “Hulle moet boet vir dit wat hulle gedoen het. Ons wil net hê geregtigheid moet geskied.”

Volgens Fitchat was die mans glo vroeër in die dag ook by Philip Motors in ʼn onderonsie betrokke. “Dit lyk of hulle net daarop uit was om die hele dag lank moeilikheid te maak. Ons vermoed hulle is dalk nie inwoners van Rustenburg nie, anders sou iemand hulle dalk al herken het.”

Die kleinkinders wat saam met hom in die motor was, is Minnaar se seun se kinders. Hy en sy vrou is tans in Kaapstad.

Fitchat se sussie is die countrysangeres Mari Minnaar. Sy het gisteraand nog ʼn optrede gehad.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Die mans het ná die voorval weggery. Hulle motor het ‘n Gauteng-nommerplaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Charmaine ·

Jammer dat die oom so seer gekry het,net omdat hy ander se veiligheid verseker het.Die omstanders het hom egter gefaal,neem liefs video’s maar sit nie n hand by om hom he help.Dankie oom dat daar mense soos jy is wat omgee,alle sterkte aan julle en die kleinkinders.

Pieter Ruthven ·

Jammer, ‘n ouman wat vir optree om ander te beskerm moet so aangerand word ten aanskoue van hulle wat fotos neem en nie wil betrokke raak.

Cherokee ·

Beelmateriaal soos genoem is waarskynlik deur CCTV soos menige vulstasies besit ten einde brandstofdiewe vas te keer. Dink voor julle praat.

antoinette ·

Ag nee wanneer gaan die aanvalle begin
stop.Sterkte word gou gesond.Hoekom het daar nie iemand gaan help nie maar neem foto ens.Baie teleurgesteld aan die mense wat alles sien gebeur en niks doen nie.

Peet ·

Maroela! Hou ons asb op hoogte met wat vorentoe gebeur. Ek wil sien hoe hierdie belhamels hulle loon kry…indien enige. Ek hoop Oom sterk gou aan. Jammer die kinders moes dit deurgaan en waar is die staat nou met berading en bystand??????

John ·

En die polisie vrees dat die gemeenskap reg in eie hande sal neem. Dit is die gemeenskap se reg om hulle self te beskerm, want polisie te sleg.

niel ·

Daar is ‘n groot verskil tussen die reg om jouself te beskerm en die reg in eie hande neem

Absoluut ·

Absoluut Neil, maar regtig, daai 3 gemors kon reg in eie hande neem en n eerlike persoon wat vroue gehelp het so verniel, maar hul kry nou beskerming, hul is groot uitgevreet, barbaars en hul kry beskerming, nie vroue of n man van 68 nie, die landwette is net so verkeerd, dit is hoekom die goed gebeur. Hul sal ook nie gevang word nie, ek kan verstaan hoekom eerlike mense hatig raak!

Sam ·

Liefste Oom Jan. Ek is so jammer dat Oom wat so suiwer, goeie hart het ,deur papbroeke aangeval is. DANKIE dat oom daardie vroue gehelp het. Ek wens ek kan oom ‘n drukkie gee, maar ek stuur solank die ‘virtuele’ drukkie vir oom.

Aan daai vroue, kom asb uit en kom ondersteun die Oom in die hospitaal, hy het dit nie verdien nie. Dalk kan julle die polisie ook help met ‘n beskrywing van die mans sodat hulle die ouens kan I.D.

Aan die polisie. Gaan asb die sekeriteits kameras na, en doen julle werk. Arresteer die boewe, Julle het nou TWEE vulstasies wat julle kan gaan bewyse soek.

Aan die papbroeke, my en die goedige oom se God SLAAP NOOIT. JULLE SAL GESTRAF WORD. Gee julle oor.

Aan die kinders, julle Oupa is ‘n HERO.

Petro ·

Sam..jy het alles goed gese
Baie sterkte oom Jan…gou gesond word…jy is ‘n held in my oe ook ?

Ander Koos ·

Ja stem, die gemeenskap sal regte straf uitdeel en terselfdertyd belastingbetalers baie geld spaar

Karen van Zyl ·

Nou vra ek met trane in my oë, hoe is daar nog geen arrestasies gedoen nie.

Ronnie ·

Sjoe, oom Jan, ek is so jammer dat oom só seergekry het. Dankie dat oom oom se lewe op die spel geplaas het om twee vroue te beskerm.

Kobus ·

Skuus Maroela, maar julle is baie, baie stadig met die plasing van kommentare, baie, die mense wil gesels, wil deel wees van die gesprek, maar julle ontmoedig hulle met jul trae reaksie. Dit is nou tensy dit in die eerste instansie oor julself gaan en nie om ook die lesers die geleentheid te gee om saam te gesels nie, inteenstelling met die kuierplek wat julle vir ons vertel julle is. Julle sal moet opskerp, sommer baie. Dus kry ons die boodskap ons mag net lees en nie saam kuier nie, net nou en dan ‘n kommentaar lewer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Kobus

Dankie vir jou terugvoer.

Kommentare word byna onmiddellik geplaas, tensy dit eers per hand goedgekeur moet word, of indien die kommentaar afgekeur word waarna dit glad nie op die webwerf sal verskyn nie. Volgens ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname kan sommige lesers, wat hulleself op ‘n herhaalde basis skuldig maak aan die oortreding van dié maatreëls, op ‘n lys geplaas word waar alle kommentare deur die persoon eers per hand goedgekeur moet word.

Ons roem inderdaad daarop dat Maroela Media die lekkerste kuierplek op die internet is, maar om seker te maak dit bly vir almal ‘n lekker kuierplek, moet aanstootlike en onvanpaste kommentaar ongelukkig verwyder word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karen van Zyl ·

Julle vergeet van die twee baie getraumatiseerde (jammer vir die spelling) kleinkinders wat moes toekyk. Ek is so dankbaar dat hulle nie gesteel of ook aangerand is nie, vir daai ….. pick your own size, dit was ‘n ou oom man get a life! Oom ek is trots op oom (jammer dat jy so seer gerky het) maar dit raak my hart dat iemand nog omgee vir sy medemens.

Sydney ·

Hoe kan dit die polisie help om die beeld te laat verwyder van sosiale netwerke af. Is dit nie ons reg om om hulle by te staan en hulle te help om die tiepe lafaards vas te trek nie. Die gemeenskap dra deesdae ‘n groot bydrae met die hulp van sosiale netwerke om sulke peste vas te trek. Oompie sterkte en word gou gesond JY het net jou plig as landsburger gedoen om twee dames te probeer help en dan dit……

Ilse ·

Ai, dis baie erg en voel so jammer vir die oom. Die mans moet nie eers vir die polisie gegee word nie die gemeenskap moet met hulle afreken. Dit is barbaars.

Jan maak n plan ·

Ek kan een ding nie klein kry nie en dit is dat die aanvallers se gesigte nie op sosiale media gesit kan word nie. Dis net nog n bewys dat die suid afrikaners nie al genoeg gehad het van die klomp krimenele nie. Sit hulle gesigte en info op sosiale media sodat die publiek die SAPD kan help om die mense vas te trek.

MM ·

Jy kry nie ‘n klagte ” aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig. ”
Aanranding met die doel om ernstig te beseer!

Theresa ·

Ek hoop die dapper man lees al die kommentaar waar hy ‘n held genoem word. Wat ‘n held! Hoop die kleinkinders waardeer hom vreeslik vir sy optrede om hul en die twee vrouens te probeer help het. Maar, die gesigte van alle mense wat sonder enige twyfel as skuldig bewys kan word moet geplaas word. So, kan iemand anders hierdie tipe pyn en lyding gespaar bly. A nee a. WYS die gesigte. Dis mos op die motorhawe se CCTV vasgevang.
Ek is oortuig daarvan, dat as mens die gemeenskap los om almal in te spring wanneer so iets gebeur – daar minder en minder voorvalle sal wees. Die krimineel in die gemeenskap sal te vrekbang wees om iets te doen wat in sy kwade hart broei, want hy/sy sal nie weet wat om te verwag nie.

Sylvia ·

Nee wat, gee die polisie a break. Hulle sal hom vang. Almal is nie sleg nie.

Mamparra ·

Dit is nogal. Nie vleiend vir ‘n vrou om so aan te gaan nie, en vir die wêreld te wys hoe jy kan vloek nie.

Mads ·

Skies, maar dink jy’t die verkeerde kant van die storie, die 2 mans het die vrouens gevloek en geintimideer……lees berig mooi…….

ekke ·

Die woore barbaars moet hier toegepas word. Hoe is hierdie swerkatels groot gemaak?? Het die ouers hulle niks van die lewe geleer nie. Om ‘n ouman aan te rand … My ouers het my geleer jy rand niks en niemand aan nie wat nog van so ou mens. Sies. Maar ek dink hier kom ‘n ding, hierdie outjies gaan nie vir te lank kan weg kruip nie, iewers gaan iemand die beans spill… Die mens is naar hier op aarde. Mens is bloed rooi om te sê ek is ook ‘n afrikaner.

Mads ·

Die buffels moet boet vir wat hulle gedoen het aan die oom en die trauma waardeer die kleintjies moes gaan om te sien wat met hulle oupa gebeur het. Julle is lag en gemeen, ek hoop julle word erg gestraf en dat iemand hulle sal herken en na vore sal kom. Sekerlik moes dit als op video opgeneem gewees het en moet mens kan sien in watter kar hulle gery het (en nommorplate). Oom Jan sterkte, ek hoop oom word gou gesond en sterkte met die operasie. Dankie dat oom die die vrouens op gekom het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.