Rustenburg-munisipaliteit ontken afdankings

Rustenburg

Rustenburg

Die Rustenburg plaaslike munisipaliteit in Noordwes het Donderdag ontken dat hy werkers gaan afdank.

“Daar is geen afdankings nie. Werknemers wat op ʼn maand-tot-maand-kontrakbasis was vir drie maande, is in kennis gestel dat hul kontrakte nie verleng sal word nie weens begrotingsbeperkings,” het Thapelo Matebesi, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê.

Die munisipaliteit het reageer op besware van die vakbondfederasie Cosatu dat die munisipaliteit beplan om minstens 182 werkers af te dank.

“Cosatu is besorg dat Rustenburg, ʼn ANC-beheerde munisipaliteit, kontrakte van werknemers kanselleer voor die plaaslike regeringsverkiesing,” het Maleho Gaonakala, voorsitter van Cosatu in Rustenburg, gesê. “Ons wonder wat die regerende party op sy verkiesingsmanifes gaan sit wat werkers betref. Die munisipaliteit kanselleer kontrakte kort nadat dit ʼn tender ter waarde van ʼn miljoen [rand] met ʼn kontrakteur onderteken het vir vullisverwydering. Word die werkers se geld nou vir die kontrakteur gegee?”

Gaonakala het die munisipaliteit versoek om met die SA Municipal Workers Union (Samwu) in gesprek te tree om die saak op te los. “Ons wil poste bespaar. Die salaris van een persoon ondersteun minstens tussen 10 en 20 ander mense. Ons veroordeel [die afdankings].”

Hy het bygevoeg die vakbondfederasie is ook besorg dat die munispaliteit beplan om werkers in April deur middel van tjeks te betaal, en nie elektroniese oordrag nie. “Dit is teen die werknemerskontrak. Die kontrak bepaal ʼn werknemer se salaris sal deur elektroniese oordrag in sy rekening inbetaal word. Om werkers per tjek te betaal, is net nog ʼn teken van die omvang van die munisipaliteit se finansiële krisis.”

Matebesi het gesê die raad van Rustenburg het by sy vergadering in Maart ʼn besluit geneem om werknemers deur middel van tjeks te betaal, as deel van sy verifikasieproses. “Die raad het tydens sy vergadering op 29 Maart besluit om werknemersalarisse op 23 April per tjek te betaal om seker te maak daar is nie ‘spook-werkenemers’ nie. Daar is dus geen oortreding van die werknemerskontrak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trudie ·

Waarheid is, ek dink die hele spul is spoke! Ons dorp is vuil en verval! !! Geld tekort dui ook aan waarom belaglike rekeninge vir dienste uithestuur word!!

Sê maar net ·

Net snaaks, 22 jaar later is alles maar soos dit is. Waar is die dae toe elke dorp sy eie munisipaliteit gehad het? Toe was alles netjies, mense het werk gehad, daar wa snie geld tekorte nie en ons dorpe was skoon, paaie was heel, gras was kort en almal was gelukkig. En nou? Wat nou? Is ma net my gevoel

Louise ·

Dit gaan oor daai groot huis en kamstige kantore wat hulle in die bo dorp bou naby daai Yellow gastehuis, lekker man……..

Louise ·

Wou se wat hulle daar bou, Lekker grooooooot here huis, lekker man. Dis waar al die geld heen gaan en dis maar een plek wat ek sien wat hulle bou, waar word nie nog mooi groot plekkies gebou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.