Rustenburg-ouers vas oor seksaanklagte met eie kind (3)

Betogers buite die hof. Foto: Verskaf

ʼn 45-jarige pa en 41-jarige ma van Rustenburg in Noordwes het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die beweerde verkragting van hul driejarige dogtertjie.

Kapt. Elsabe Augoustides, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die ouers het hul tweede verskyning in die hof gemaak op aanklagte van verkragting en die versuiming om seksuele misbruik van ʼn kind en kinderverwaarlosing aan te meld.

“ʼn Lid van die Care to be Kind-organisasie het in Desember die voorval by die polisie aangemeld. Die ma was glo hoogs besope en het met die dogtertjie in die omgewing van Bobby’s-rugbyklub in Ooseinde rondgeloop. Die ma is glo gereeld met die kind in die omgewing gesien waar sy vir geld gebedel het om na haar om te sien.”

Die ma het glo in ʼn stadium die kind vir ʼn bedrag geld aan die lid van die organisasie oorhandig, waarna die meisie deur die organisasie na ʼn plek van veiligheid geneem is.

Die Rustenburg-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het die saak noukeurig ondersoek en die ouers verlede week in hegtenis geneem. Die meisie is kort ná die ondersoek van stapel gestuur is, na ʼn hospitaal geneem vir ʼn mediese evaluasie.

“Tydens die mediese ondersoek is daar vasgestel dat die kind vermoedelik seksueel misbruik is. Bewyse in die verband is tydens die egpaar se eerste verskyning op 14 September in die hof voorgelê om die ernstigheid van die kind se beserings uit te lig. Daar is verder genoem dat die kind regstellende chirurgie sal moet ondergaan vir die beserings wat sy opgedoen het.”

Die saak is op 14 September tot Dinsdag uitgestel vir die ouers se formele borgtogaansoek. Die staat staan die aansoek teen. ʼn Groep plaaslike inwoners het by die hof saamgedrom om teen die ouers se aansoek te betoog.

Die pa het net halfpad getuig toe die hof vir die dag moes sluit. Verrigtinge sal na verwagting Woensdag hervat. Die ouers bly in aanhouding.

Die dogter is steeds in ʼn plek van veiligheid. Die ouers se name mag alvorens die Kinderwet nie genoem word nie om die meisie se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johanna Botha ·

Baie mense verdien nie kinders wat nog om ouers te wees …wat n VROT spul !

Rooikop ·

N Poppie nr 2 oppad? 9 maande voordat die ouers gevang word? En elke dag moes die Klein dogtertjie seer gemaak word..sluit hulle toe ..arme kleinding..

Trudie ·

Hulle moet tronk toe, maar hulle moet ook beide gesteriliseer word. Hulle is die naam van ouers nie werd nie. Maar kon mense wat gesien het hoe dronk die ma was, nie die welsyn lankal gekontak het nie??? As ‘n ma loop en bedel en dronk is moet jy mos weet daar kan probleme wees vir die kind. Verwag eerder die ergste en rapporteer dit. As dit niks is nie, is dit niks. Dan wys dit iemand het omgegee. Wat my kwaad maak, is dat mense “eerder nie wil betrokke raak nie”. Hoe kan mens ‘n kind oorlaat aan sulke mense se genade as jy selfs net ‘n vermoede het? Jy maak jouself skuldig aan die wandade as jy stil bly.

Adele ·

En wie moet ons hiervoor bedank?
DRANK!!!! En dwelms!! Ingangskaartjie na ‘n mens se brein vir die bose om deur een verwoesting te saai! Wie is die verwoester? Satan! Hoe kry hy toegang tot mense wat nie stanaanbidders is nie? Deur drank en dwelms!

Jon ·

Ag asseblief, dis nie drank en dwelms nie. Ek drink nou nog en het nog nooit iets soos dié gedoen nie. Ek’t op my dag ook dwelms gebruik, en nogsteeds niks soos die gedoen nie. Gemaklike verskoning om dit te regverdig. Mensdom is die skuldiges, nie drank of dwelms nie.

Wiehan ·

Vies like, walglkik. Nee ek jok, daar is nie woorde vir silke dad nie.

Kwagga ·

Dis haatlik. Wie kan dit doen aan so kleintjie. Hoop hulle vrot op….. Wie weet wat het van Poppie se saak geword. Dis nou dood stil

Andrea ·

Hoe op aarde doen mens so iets aan n kind, aan jou eie kind? Ek wens daar was die doodstraf vir sulke gevalle.

Boet Fasie ·

Sluit die ouers lewenslank toe, hulle verdien dit – arme kind

Blue Feather ·

Ag regtig Adele! Daar is mense wat alkohol gebruik en minder sondig is as mense wat nie alkohol gebruik nie. Hierdie tipe misdaad word OOK gepleeg deur mense wat nie ‘n druppel drank oor hul lippe sit nie EN in die voorste gestoeltes van die kerke floreer. Dis mense wat sielkundig SIEK is wat sulke goed doen aan kinders. Daar is BAIE vroom mense wat in die donker die afskuwelikste gruwels pleeg

CAROL ·

Blue Feather ek stem saam jou!! Hoekom altyd drank en drugs inbring????

Anoniem ·

Nee magtig, vir sulke mense moet daar niks minder as die doodstraf wees nie!

Lizelda ·

My kommentaar Sal weer verwyder word as ek MOET se wat ek dink en voel oor D berig.

Santie ·

Anoniem, ek stem saam, sulke mense moet die doodstraf kry.

Gebroke ·

SIEK SIEK SIEK SIEK! Hoe doen mens so iets aan jou eie kind?

dolphin ·

ouers is te lui om werk te soek en kind is onskuldig op die aarde waar sy gebore is.dis wreedheid van die klein meisiekind waarom bedel die ouers vir die geld om kind te sorg verruil die verkragtig.dis skaamheid.ouers moet vir lewenslank tronk toe stuur.

Arizona ·

Ek sit nou so en huil. Ek wil bitter graag nog n kindtjie he maar kan weens mediese redes nie en die goed doen dit aan n weerlose kind. Gee haar vir my, ek sal haar wys hoe moet jy n kind lief he

Karma ·

@Arizona – hoekom oorweeg jy nie aanneming nie? Al is dit ‘oor die kleurgrens’. Dan kan jy ‘n kindjie soos hierdie toegooi met jou moederliefde en dalk nog ‘n sinvolle mens van hom/haar maak. Glo my, pienk/pers/groen/swart/geel/bruin of wit maak nie saak nie. So ‘n kind, veral as dit ‘n klein baba of jong kind is, kruip in jou hart en later sien jy nie meer die velkleur raak nie, jy sien net ‘jou’ kind raak.

Linda ·

Ons het ook iemand in ons familie wat pas uitgevind het sy kan nie nog kinders he nie. Hulle is wonderlike ouers wat dit deur en deur kan bekostig om vir nog ‘n kindjie die beste te gee. En dan hoor mens dit …. Dis hartseer.

Anoniem ·

Dit is verskriklik. Wie doen dit aan ‘n kind? Kinders kyk op na ons as ouers om hulle te skerm. Baie dankie aan die lid van Care to be Kind wat betrokke geraak het en nie net weggekyk het nie.

Magdalena Snyder ·

Vandag bid ek vir daai ou klein Dogter.
My Almagtige HERE vandag vra ek om daai klein Dogtertjie van U te vat en haar te bewaar.
U het vir daai twee ouers in U vertroue geneem en vir julle een van jou Prag stukke gegee en julle het haar nie opgepas nie. My Grote God hou asb U Almagtige Hand oor een van jou Mooiste Blommetjies in U tuin. Sy het U nou so nodig. Amen.

tina ·

almal het nou bja te se en wys jou hoe maklik ons as mense ander kan oordeel maar God slaap nie ja dis bitterlik bja seer om soo iets te lees en mens weet nooit ooit wat deur dai ma en pa se gedagtes gegaan het ni mense kom ons vra die Here om dai mense se lewens om te keer en dat God se hand van liefde oor daai kindjie rus elke kind is n geskenk van boo

Karma ·

@tina – daar is GEEN, maar GEEN manier wat jy die optrede van sulke ‘ouers’ kan regverdig nie. Soos jy sê, elke kind is ‘n Geskenk van Bo – ‘n “opdrag” wat God ons gegee het om voor lief te wees, te versorg en om te gee voor.

Astrid ·

@tina, ek het so baie vrae vir jou maar ek dink die enigste ene waarop ek regtig ‘n antwoord wil hê is – ”sou jy tot so iets in staat kon wees?”. Ek kan ook bid dat die Here die mense genees, hulle sal vergewe vir wat hulle aan SY kind gedoen het maar dan wonder ek hoekom moet ek? Ek weet dit is wat die Bybel sê mense moet doen, maar sê dit nie ook behandel jou naaste soos jy graag behandel wil wees? Ek verkies om eerder my te ontferm oor daardie klein lyfie wat nou, weerloos, gebroke en sielkundig so verniel is as om te hoop die ma en pa kan gehelp word. Dan @tina, wil ek jou laastens meedeel, dat as ek vanaand huis toe gaan, gaan ek my seuntjie in my arms opraap, hom so styf teen my bors vasdruk as wat ek moontlik kan en in sy oortjie fluister hoe lief ek hom het want weet jy wat, dit is wat OUERS moet doen en dit is die minste wat daai kindjie van jou moet verwag!!!

JB ·

Dit is tyd dat ma en pa en sommer die hele familie aangekla word wat die kindjie gevaal het.

Emma ·

Wat ‘n siek wereld!! Die arme kind sal ‘n sielkundige knou he in haar hele lewe.

Loretta van Wyk ·

Ag Here ek het nie woorde vir sulke gruweldade nie. Hoe siek moet mens wees om so ‘n klein mensie so te misbruik Die skade die trauma en permanente letsels sal nooit kan genees nie. WAT IS BESIG OM MET MENSE TE GEBEUR HULLE KOEKOES VERBY !!

Rina Kotze ·

Bring die doodstraf terug vir sulke misdade!!!

Dit sal vinnig stop.

Mens het altyd ‘n keuse en drank en dwelms is verswarende omstandighede.

Mag die Heer met hierdie arme kind wees en haar stuur na liefdevolle ouers in pleegsorg!

Helien ·

Al wat ek kan se dit is so siek. Hoop hulle word vir baie lank toe gesluit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.