Rustenburg-polisiestasie gesluit oor Covid-19-geval

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisiestasie in Rustenburg in Noordwes is tydelik gesluit ná ʼn beampte positief getoets het vir Covid-19.

“Rustenburg-polisiestasie is gesluit sodat dit ontsmet kan word,” het brig. Sabata Mokwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die gemeenskapsdienssentrum sal in ʼn mobiele eenheid buite die stasie beskikbaar wees.”

Mokgwabone het gesê inwoners kan 082 496 9634 skakel.

Dit is die tweede polisiestasie in die Rustenburg-gebied wat vandeesweek gesluit is. Sun City-polisiestasie is vroeër gesluit ná ʼn positiewe Covid-19-geval.

Die plaaslike munisipaliteit het Donderdag ook aangekondig die verkeersdepartement is tot verdere kennisgewing gesluit ná ʼn werknemer positief getoets het. “Ná roetine-toetsing is een positiewe geval geïdentifiseer. Die betrokke werknemer ontvang ondersteuning deur die munisipaliteit se kantoor vir beroepsgesondheid en veiligheid,” het woordvoerder David Magae gesê.

Die ANC-vroueliga in Noordwes het gesê hy sal die nasionale en provinsiale Covid-19-beheerraad versoek om Rustenburg en Matlosana weer op risikovlak 4 te plaas van die afsonderingsriglyne weens die toenemende gevalle van Covid-19 in die twee munisipaliteite.

Rustenburg word as die episentrum van Covid-19 in Noordwes beskou. Die provinsiale departement van gesondheid het vroeër vandeesmaand gesê meer as 3 miljoen persone is reeds deur ʼn siftingsproses waarvan 2 635 verwys is vir toetsing.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsie

Nou hoekom sit hulle nie eerder die weskaap en ooskaap terug na level 4 toe nie. Daar is baie meer gevalle as in rustenburg. Gebruik bietjie julle verstand as julle het. Die land is klaar in n groot gemors deur die lockdown nou wil julle weer toemaak.

marius

Die hele regering moet ontsmet word.