Rustenburg se krag dalk gou gesny weens skuld

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Die Rustenburg‑ plaaslike munisipaliteit in Noordwes hou vol dat hy sy kragrekening betaal het. Dít nadat Eskom ’n kennisgewing uitgereik het waarin hy aandui dat die stad se elektrisiteit in Julie afgesny gaan word omdat die munisipaliteit nie sy skuld van R144 miljoen vereffen het nie.

“Die plaaslike munisipaliteit van Rustenburg is tans R144 939 35,26 aan Eskom verskuldig. ’n Deel van dié skuld is uitstaande en hoop sedert Augustus 2018 op,” lui die kennisgewing.

Eskom het in die kennisgewing gesê hy beplan nou om die stad se elektrisiteit vanaf 30 Julie soggens tussen 06:00 en 08:00 en saans tussen 17:00 en 19:30 te sny.

Die kragvoorsiener het verder gesê daar sal vanaf 6 tot 12 Augustus soggens geen elektrisiteit tussen 06:00 en 09:00 wees nie sowel as saans tussen 17:00 en 20:30. Vanaf 13 Augustus sal daar geen elektrisiteit tussen 06:00 en 20:00 wees nie.

Volgens die munisipaliteit is Eskom se kennisgewing onregverdig. “Die Rustenburgse plaaslike munisipaliteit betwis die korrektheid van Eskom se kennisgewing, veral die stelling dat die Rustenburgse plaaslike munisipaliteit tans [geld] aan Eskom verskuldig is. Dit is die standpunt van die Rustenburgse munisipaliteit dat hy die bedrae betaal het wat aan Eskom verskuldig is,” het Andrew Seome, woordvoerder van die munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê.

Seome het nou ʼn beroep op inwoners van Rustenburg gedoen om nie paniekerig te raak nie. “Ons doen alles wat nodig is om hierdie saak te finaliseer,” het hy verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos10 ·

Nou wat kan dan moeiliker wees om die betalingsbewyse vir ESKOM te wys???? O ja, dat dit nie betaal is nie?

SomeOne ·

rustenburg se krag word gesny, maar al, AL, die onwettiglike, plakkerskampe en townships mag maar krag verniet kry of betaal nie hul rekenings nie, hoe kom ‘n mens by daardie gevolgtrekkings uit

Johann ·

Laas wat ek verstaan het kry jy ‘n bewys van betaling…AS JY BETAAL HET?????? Nog ‘n stad wat vergaan agv absolute wan bestuur en vergrype.

marius ·

As dit nie betaal is nie moet die plek deurloop , deur die inwoners wat elke maand bars om te betaal .

Pandora ·

Hier is twee faksies wat nie hulle boeke kan balanseer nie. Myns insiens is meeste munipalisiteite nie bevoeg om na hul rekeninge om te sien nie, weens die onkundigheid van hul werknemers. Dieselfde geld vir ESKOM. Daar is hordes rekeninge wat nie betaal word nie, want hul sisteme is nie voldoende nie. Ons moet maand vir maand sukkel om betalings geallokeer te kry. Soweto kry elektrisiteit verniet. Nee wat, die gemeenskap van Rustenburg moet dalk hof toe om ‘n bevoegte persoon in hul geledere te kry, sodat hulle ten minste iewers ‘n voorsprong kan hê. Soos dit nou gaan is dit net skuldblaam van die een onkundige faksie na die ander.

Pierreli ·

Ja, Soweto is die groot swart gat wat nie ‘n bodem het nie.

J ·

Daar was mos amptenare wat salarisse ontvang het om die oorbetalings aan Eskom te doen.

Lê beslag op al hulle bates … die opbrengs sal korrespondeer met die uitstaande bedrae …. en betaal Eskom!

Fedup ·

So, paying consumers will have “load shedding “, thanx to their corrupt municipality.

Jaco ·

ANC beheerde eskom wil die ANC beheerde Rustenburg se krag afsny. So die ANC wil die ANC se krag afsny. Vreemd. Mens sou so ‘n “straf” op ‘n DA-beheerde raad verwag.
Hierdie geld wat die ANC vir die ANC skuld, kan binne die ANC huis afgeskryf word. Dis hoogstens 1 week se administrasie.

Pappa Beer ·

Hierdie munisipale “loadshedding” gebeur al vir weke op Standerton. Daar word ook nie by spesifieke skedules gehou nie so elektriese toestelle gee daagliks die gees.

Hennie ·

Ek stem!!! Hoekom net R/Burg se krag sny en nie ander, soos Soweto en omgewing sowel as al die ander swart gebiede wat mijoene skuld ,nie ook nie? Komaan Eskom, wees regverdig en realisties…kan nie so aangaan nie, glad en geheel nie!

Anon ·

Die verbruikers het betaal so hoe skakel jy hulle dienste af? Dagvaar diegene persoonlik wat moes toesien dat die geld oorbetaal word.

Pierreli ·

Maar Soweto se krag bly aan, hulle is die grootste bodemlose swart put.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.