Rustenburg se watervoorsiening steeds onder druk

Rand Water vra alle Rustenburgers moet water help bespaar. Foto: Morné van Rooyen

Rand Water sê watervoorsiening in Rustenburg, Noordwes, verkeer steeds onder druk terwyl die Vaalkop- en die Vaalrivier-waterstelsel sukkel om in die vraag te voorsien, deels weens die warm weer wat lei tot verhoogde waterverbruik.

Rustenburg se munisipaliteit, Rand Water en verteenwoordigers van die plaaslike mynbedryf het Donderdag oor die situasie beraadslaag.

Justice Mohale, Rand Water-woordvoerder, sê die probleem word vererger deur ʼn toename in waterverbruik, verliese weens verouderde infrastruktuur en die produksievereistes van sommige van die plaaslike myne.

“Party van die myne het egter gehoor gegee aan die versoek om minder water te verbruik,” het hy ná die vergadering gesê, “en belanghebbendes het hul waardering hiervoor betuig.”

Hy het gesê hulle het ooreengekom op beperkings wat gegrond is op die hersiene toewysing van water tydens die krisis waarin die stad hom bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

vreemd dat dit droog is daar. n ANC raadslid vanaf iewers in die binneland het dan in 2017 gese die Here straf die Wes-Kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem.
so nou wonder ek maar net: watse sonde het die meestal ANC kiersers in Noordwes Provinsie dan gedoen dat die Here hulle ook met droogte straf? Goed soos korrupsie, swak dienslewering, jobs vir onbevoegde kaders ens ens is dan alles binne die Here se wil en is dan nie sonde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.