Rustenburg: Talle huise aan die brand gesteek

Argieffoto: Kent Williamson

Gemeenskapslede van Rustenburg in Noordwes het glo Woensdag talle huise in dié dorp se sentrale sakegebied aan die brand gesteek.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het dié voorvalle ten sterkste veroordeel en lede van die gemeenskap gemaan om om nié gewelddadig op te tree nie.

Volgens Motswenyane is dit in dié stadium nog nie bekend waarom die huise aan die brand gesteek is nie. Hy sê die huise is glo deur buitelanders bewoon, maar dat ʼn polisieondersoek eers ʼn motief sal moet vasstel.

“Die polisie werk baie hard om normaliteit en kalmte in die gebied te bring. Die inwoners word aangemoedig om hulle by die riglyne van die wet en wetstoepassingsbeamptes te hou,” het hy gesê.

Motseki Khampepe, ʼn taxi-bestuurder wat met African News Agency (ANA) oor die voorvalle gepraat het, het gesê die voorvalle hou verband daarmee om dwelmhandelaars, wat inwoners van die omgewing glo “terroriseer”, uit die omgewing te dwing. Hy sê jong meisies is glo die prooi van kriminele wat bordele in die omgewing besit.

Volgens Khampepe sal die situasie voortduur totdat Fikile Mbalula, die minister van polisie, na Rustenburg gaan om die gemeenskapslede toe te spreek.

“Hulle [die taxi-bestuurders] wil hê Mbalula moet hulle toespreek. Hulle is moeg vir bordele en die verspreiding van dwelms,” het hy gesê. “Ons het daarin geslaag om ʼn 17-jarige meisie uit een van die bordele te red. Ons kan hierdie dinge nie meer toelaat nie, dit het vir te lank aangehou. Ons het een van die [beweerde] dwelmhoofde vasgetrek. Mense is bang vir hom omdat hy geld het. Maar hierdie kinders is jonk en moet beskerm word en ons sal nie ophou soek totdat ons hulle almal vasgetrek het nie.”

Die polisie het bevestig dat ʼn man vroeër die dag in hegtenis geneem is vir die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.

Motswenyane het die voorvalle as “suiwer kriminele dade” bestempel. “Diegene wat hierdie voorvalle orkestreer moet weet dat hulle misdaad pleeg en dat drastiese stappe teen hulle gedoen sal word – ook teen polisielede wat by die misdade betrokke is. Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om saam met die polisie te werk om te verseker dat diegene wat agter hierdie onwettige dade is, aan die pen sal ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jacobus ·

Sodra mense vertroue in die gereg verloor of sien dat niks gedoen word nie, neem hulle gereg in eie hande.

Dit is ook nie reg dat die huise gebrand word nie, veral as dit onskuldige mense se eiendom is.

Ons moet die situasie voor die deur van die ANC pak, hulle het begin met geweldpleging en die kinders wat die ANC aksies gelewer het, doen maar net soos wat hulle gesien en geleer is.

Die sneeubal gaan nog groter word soos die land verswak en later gaan ons soos in Somalië elke straat of woonbuurt hulle eie faksies stig om so staats dienste aan te bied teen betaling.

Party soos Afriforum doen dit reedsin ‘n mate en sal binne die wet bly maar die “ander” sal met geweld “regeer”.

‘n Valende en verswakte staats masjien voorspel niks goen nie en ons moet hoop dat daar verbeteringe in die toekoms gaan wee.

Johann Marx ·

Dis wat gebeur wanneer ‘n samelewing verander van “jy sal gestraf word as jy oortree” na “jy word aangemoedig om by die riglyne van die wet te hou”. Niks in die wêreld is meer “verkeerd” nie…..alles kan goedgepraat en geregverdig word, selfs moord. Ons is so sensitief vir mense se “regte” dat ons selfs die waarheid sal ignoreer……solank iemand net nie geaffronteer word nie.

Chrisjan ·

Elsa ,jy gaan telleurgestel word.Hierdie kriminele wesens is onopvoedbaar.Kyk wat het in Sabie,Delareyville,Sannieshof,Ottosdal om net ‘n paar dorpe te noem,gebeur.Hierdie vernieteging is deel van hul “kultuur” en mense moet dit maar begin aanvaar.
Terloops ek het 40 jaar in Rustenburg gebly maar sal NOOIT weer terug keer nie.

Landi ·

Ek stem 110% Bankvas agter hierdie TAXI drywers! Tenmiste WIL iemand iets doen! Ek woon in rustenburg al van 1997en in my lewe het ek nog nooit so baie misdaad voor my oe gesien gebeur soos hier in RTB nie! Die polisie is betrokke by hierdie bordele en daar is polisie beamtes wat betaal word om hul monde te hou! dis tyd dat die mense opstaan vir wat reg is en nou wil die POLISIE HOOF dit kamma as misdaad beklemtoon dis hoogtyd hoekom teen hierdie dinge baklei en almal “DIE UITLANDER” beskerm hmm oom polisie man want j beskerm jou bank rekening plaas staan julle saam met die taxis en sorteer dit uit maar hoekom gaan julle dit nou doen NOU omdat julle net wil terug staan en ons as rustenburgers het genoeg gehad nou is ons die misdadigers nee mnr sorri neh! julle het gevra hiervoor en dis so n jammerte dat in sulke situasies onskuldige mense beseer word maar 90 % van die community is agter julle brand al wat n bordeel en kookhuis is af sodat ons kan ontslae raak van hierdie misdaad in rustenburg die onwettige boos doeners weet hul kan doen wat hul wil omdat hul die polisie aan hu sy het kom ons wys hulle wat ons as burgers van die land daarvan dink polisie en boos doeners sal dan op hul hoede wees en 2 keer dink voor hulle n misdaad pleeg

ONREGVERDIG ·

Die BRANDKULTUUR in SA sal nooit ophou nie. Wat vreemd is is dat die Afrikane mekaar BROTHERS noem, net totdat hulle begin brand en breek en klipgooi dan is die NIgeriers en Somaliers waarby hulle elke dag kos koop, skielik vreemdelinge. Ek keur glad nie die aktiwiteite van Nigeriers goed nie, maar HOEKOM word dit nie deur die owerhede en polisie aangespreek nie, want sover ek dit nog het is prostitusie in SA onwettig? Hulle het ‘n jaar of twee gelede ‘n blanke ou se ‘klubs’ almal toegemaak waar daar meisies van ander lande ‘gewerk’ het. WAT my egter dwars in die krop steek is dat hulle nou die hele RUSTENBURG ontwrig en aan die brand steek en vernietig en OOK ONSKULDIGE mense hierdeur ly. Jammer maar JOU reg om te protesteer MAG nie indring teen die REG van die onskuldige mens om veilig by sy werksplek uit te kom nie en JY MAG OOK NIE ander se eiendom beskadig en paaie wat weer ten duurste oorgebou en herstel moet word BESKADIG nie. Wanneer gaan die mense in ons land BESKAAFD betoog? ‘n Ruk terug het hulle ook NIgeriers se huise uitgebrand omdat hulle vermoed het dat hulle ‘n dogter ontvoer het – wat toe agterna ONGESKONDE gevind is ..hoe regverdig is dit teenoor ENIGEEN?

Robert Naude ·

Wat net ironies is wat in die berig gewing staan is dat die polisie hard werk. As hulle enigsins hul werk gedoen het , was daar nie ń probleem nie.
Sê maar net…..

Presies Robert ·

En op Pretoria FM vanoggend het hulle berig dat ‘n polisieman op HETER DAAD betrap is waar hy dwelms by die Nigeriers koop, geen wonder hulle doen niks aan die Nigeriers nie, dit is obviously hulle ‘dealers’ en hulle kry iets daaruit dan nie?

Anoniem ·

Ek ondersteun hierdie mense van Rustenburg wat wet in eie hande neem. Ons kinders word dwelms gevoer en word vernietig deur die jong kinders te gebruik vir seks ens, Die problem is nie net in Rustenburg nie maar oral. Ons sit met dieselfde in Kempton Park en die polisie doen klopjagte maar duidelik nie genoeg nie. Die problem is 80% Nigeriers en ek wens hulle wil almal verban uit die land maar dit sal nooit gebeur en dit is hoekom ek die mense wat reg in eie hande neem ondersteun. Hulle moet al hul besittings verbrand.

ryno ·

vir my part kan al wat n huis is af gebrand word waar daar bordele is en gebruik van dwelms
as die poeliesie niks kan doen nie ondersteun ek veel eder die taxis drywers van Rustenburg om ons dorp skoon te hou. die poeliesie het net soveel deel aan die saak soos ons mede buitelanders…

VERKEERD ·

Ek hoor wat jy se en aanvanklik het ek saamgestem, die probleem is more kom brand hulle JOU huis af omdat jy nie jou werker ‘n bonus gegee het nie. Dit gaan hier oor WETSTOEPASSING en oor wat reg is. Dit is nie REG om reg in eie hande te neem nie. Die polisie waarsku (ons blankes) om nie reg in eie hande te neem nie, maar daar staan en kyk hulle hoe mense se huise uitgebrand word? Die polisie moes in die eerste plek op die huise toegeslaan het as daar onwettige transaksies daar plaasgevind het maar van wat ek kan verstaan was die polisie self goeie ‘kliente’.

leon ·

Alhoewel simpatiek oor die redes vir die optrede, kan die bannelose optrede, omdat die polisie nie hul werk doen nie, maklik lei tot die vestiging “War Lord” bendes. Soos in die res van Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.