Rwanda ontslaan ses SA diplomate

Patrick Karegeya

Patrick Karegeya

Rwanda se minister van buitelandse sake en betrekkinge, Louise Mushikiwabo, het bekend gemaak dat ses Suid-Afrikaanse diplomate uit hul posisies in die land ontslaan is.

Mushikiwabo het Vrydag op Twitter geskryf die skorsing hou verband met “kommer dat Suid-Afrika skuiling bied aan andersdenkendes wat verantwoordelik is vir terroriste-aanvalle in Rwanda.”

Clayson Monyela, ʼn woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge, het Saterdag geweier om oor dié aantyging kommentaar te lewer.

Genl. Faustin Kayumba Nyamwasa, ʼn voormalige Rwandese weermaghoof, het in 2010 ná ʼn meningsverskil met sy regering na Suid-Afrika gevlug waar hy politieke asiel gekry het. Nyamwasa het sedert 2010 twee aanslae op sy lewe oorleef.

Nyamwasa se ​​vriend en voormalige kollega, kol. Patrick Karegeya wat die voormalige spioenasiehoof van die land was en ook asiel in Suid-Afrika gekry het, is op 31 Desember dood in sy luukse hotelkamer in Sandton in Johannesburg aangetref. Hy is verwurg.

Lees ook:
Vier vas vir sluipmoord op oud-spioenhoof
Glo geen inhegtenisnemings oor oud-spioenhoof se moord nie
Oud-spioen-sluipmoord: Owerhede ontken arrestasies
Drie vas vir sluipmoord op oud-spioen
Polisie soek steeds na oud-spioen se moordenaar
Oud-spioen van Rwanda in JHB vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.