‘Ry meer versigtig’, vra owerhede in Mpumalanga

(Foto: Dept. van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga)

Vier mense is dood in ʼn kop-teen-kop-botsing tussen ʼn bakkie en motor op die N2 sowat 25 km buite Ermelo in Mpumalanga.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die motor het langs die pad tot stilstand gekom, terwyl die bakkie in die pad op sy dak te lande gekom het.

“Drie insittendes, twee mans en ʼn vrou, was in die motor vasgekeer en ʼn vrou was in die bakkie vasgekeer. Al vier is op die toneel dood verklaar,” het Campbell gesê.

Die slagoffers is vermoedelik tussen 28 en 35 jaar oud.

Die bestuurder van die bakkie is buite sy voertuig aangetref. Hy het verskeie beserings opgedoen.

“Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Ermelo- provinsiale hospitaal vir verdere behandeling geneem,” het Campbell gesê.

Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn padveiligheidingenieurspan het reeds in samewerking met die polisie met ʼn ondersoek na die voorval begin.

“In die lig van verskeie ongelukke wat sedert Vrydag in die provinsie aangemeld is, doen ons ʼn beroep op motoriste om meer versigtig te ry sodat ons verdere lewensverlies weens padongelukke kan voorkom,” het Mmusi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Papa G ·

Ek ry daagliks die N17. Geen ondersoek is nodig nie. Mense jaag soos demone(videomateriaal beskikbaar). Ek ondervind dat verál Hilux, Fortuner en Pradobestuurders demone nies jaag. Stadiger as 140km/h word jy eenvoudig in die noodbaan gedruk! Andere ry op ń nasionale tolpad teen 20 km/h. Dit is lewensgevaarlik. Klaarblyklik kan sekeres ook kilometers vêr sien in digte mis. Die vragmotors ry mooi maar net teen 80 km/h. Ek weet: hordes mense gaan nou 1. Die taxi’s blameer. 2. Vertel dat spoed geen oorsaak is nie want hulle jaag self en is dus verhewe bo alle wette. Spoed is die oorsaak van die ongelukke. Finish en klaar. Google gerus die foto’s van die wit BMW wat dié week naby Ermelo onder ń vragmotor ingejaag het. Die mis was die oggend baie dig. Hy moes teen ń geweldige spoed gejaag het!

Wielspore ·

Stem so saam, vriend van my wat woonagtig is Ermelo is, herstel nou nog aan beserings wat hy jare terug opgedoen het na ‘n motor ongeluk in die Ermelo omgewing. Die bestuurder van die ander voertuig het op ‘n sperstreep verby gegaan en met hulle voertuig kop aan kop gebots.

Ivan ·

Mmm… lyk my bietjie jaloesie op Toyota in die algemeen. Jy ry seker n Ranger of n Land Rover.

Dashcam ·

Wonder hoeveel keer is die selfoon verantwoordelik vir hierdie onverklaarbare ongelukke op n reguit pad in helder daglig, waar niemand besope was nie.

Rooi ·

Ek dink weer elke voertuig moet ‘n dash camera in voertuig hê. Dit gaan ongelukke verminder asook kapings. Net my opinie

Gemaskerde Sopbeen ·

Voertuig bestuurder opleiding, common sense, byhou by die padreëls, geduld en vaardigheid verminder ongelukke……….nie dash-cams nie. ‘n Kamera wys net vir jou wat gebeur het……..dit verbeter niemand se bestuursvernuf nie?

marous ·

Die owerhede doen NIKS om die mense wat soos besetenes bestuur aan die pen te laat ry nie . Hul pligsversuim maak hulle net so skudig soos die pad moordenaars self .

Anoniem ·

Ek stem saam PapaG. Ek ry ook die N17 6 trips n week en dit is maligheid. Mense ry teen geweldige spoed, gaan verby op blinde hoogtes en draaie. Padreels word net verontagsaam want hulle weet daar is geen verteenwoordiging van verkeerspolisie jy sien net die SAPD en dan is hulle ook net sigbaarby die Nigel Delmas brug en net voor jy afdraai na Kinross. Op die Kinross Evander vang hulle sped of stel dit eeder so hulle maak pocket money bymekaar. Ek het hulle al gesit en dophou, hulle trek die ou af vir spoed dan le hulle by sy venster in het nie eers die Kennisgewing van oortreding (fine) boek in hul hande nie dan na so minuut of twee ry die ou weg dan loop daai verkeerskonstabel met n bree glimlag terug na die ander. AARTO moet wakker skrik hul verkeers owerhede moet onder die soeklig geplaas word want hulle is net so korrup.

Oop oge ·

Papa G,
Ek stem 100% saam.
Demonies is hierdie verwaande mense inderdaad.
Die ongeluk van die spoed-saak is, dat die meerderheid wettebrekers hulleself as ook Christene of onaantasbaar voordoen, maar voel `n veer vir God en Sy gebod, minwetende dat `n Landswet ook God se Wet is, want Hyself is die Ene wat konings en leiers plaas in hulle outoriteite.

Minagting van wette (spoedwette ingesluit) spreek boekdele van mense se integriteit en liefde vir hulle naaste.
As God wel in die mense se harte is, dan sal owerhede nie nodig wees om hulle op te pas nie.

Liberaal ·

Vir solank as wat linkses regeer sal wetteloosheid gekoester word.

Cuda ·

Ek stem saam met die een skrywer dat geen ondersoek nodig is nie. Die volume onpadwaardige karre en bestuurders wat geen padreëls ken/verstaan/gehoorsaam nie is die rede. Dan voeg ons by dat paaie nie onderhou en herstel word nie. Daar is 90% van die probleem opgesom. Hoekom miljoene rande vir ‘n ondersoek spandeer. Bestuur daai probleme en sien daar neem ongelukke/sterftes af……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.