Ry versigtig, nóg reën kom

(Argieffoto: pixabay)

Die Gautengse departement van paaie en vervoer het motoriste gemaan om ekstra waaksaam op die provinsie se paaie te wees, terwyl die nat weer hierdie naweek voortduur.

Die SA Weerdiens voorspel nog reën vir Gauteng.

LUR Jacob Mamabolo het ʼn beroep op motoriste gedoen om te midde van die nat weer en die verslapping van Covid-19-regulasies, veilig te ry.

(Grafiek: SA Weerdiens)

“Hierdie is die eerste naweek sedert die verslapping van regulasies en veral gesien in die lig van alkholverkope en -gebruik, vra ons elke padgebruiker om nie te drink en bestuur of te drink en te stap nie, sodat ons nie lewens op die paaie verloor nie.”

Die departement sê hy is besig met planne om vervoer op die provinsie se paaie te vergemaklik en beweging van mense veilig en doeltreffend te maak.

As deel van hierdie strategie het die departement reeds instandhouding van paaie begin verskerp in ʼn poging om ʼn veiliger padnetwerk te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.