Ryanair doen weg met Afrikaanse vraelys

Michael O’Leary, bedryfshoof van Ryanair.
(Foto: ERIC LALMAND/Belga/AFP)

Die Ierse lugredery Ryanair het die Afrikaanse vraelys wat Suid-Afrikaners wat na die Verenigde Koninkryk reis moet voltooi, geskrap.

Ryanair het onder skerp kritiek deurgeloop oor dié vraelys wat voltooi moes word voordat Suid-Afrikaners ʼn Ryanair-vlug onderneem het om te bewys dat hulle wel Suid-Afrikaans is.

Michael O’Leary, bedryfshoof van Ryanair, het Dinsdag gesê die maatskappy het met dié vraelys probeer reageer op ’n toename in die opsporing van vals Suid-Afrikaanse paspoorte.

“Ons kry ’n boete van €2 000 vir elke passasier wat met ’n vals Suid-Afrikaanse paspoort vanaf Bodrum (in Turkye) in Dublin aankom.”

Hy het bevestig daar is met die vraelyste weggedoen. “Ons het ook nie gedink dit is gepas nie. So, ons het die Afrikaanse toets beëindig, want dit maak nie sin nie,” het hy gesê en bygevoeg dat “Suid-Afrika sy probleme moet oplos”.

Talle ontevrede Suid-Afrikaners het die vraelys as diskriminerend bestempel omdat baie van hulle nie Afrikaans verstaan nie.

Die vraelys het onder meer vrae bevat oor Suid-Afrikaanse algemene kennis, waaronder wat die Suid-Afrikaanse internasionale belkode, hoofstad en huidige president is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

melaney ·

Daar is vele ander maniere om vas te stel of paspoorte wel vervals is, al dan nie.

ES ·

Presies, ons leef in die 21ste eeu – tegnologie is besonders!

Jr ·

Altyd ingee vir hierdie swak government van SA. Hoekom. Dis jou land en jou lug redery. Al persoon wat kla IS DIE EEN met ‘n vals paspoort. SA is ook tops met drug mules. Swak om in te gee

Harley Davidson ·

Weereens n aanval op die Afrikaanse taal as die vrae in Sotho was sou niemand ‘n woord gerep het nie want dit sou nie polities korrek wees nie maar hoe meer my taal aangeval word hoe sterker sal hy word.

Kiepie ·

Harley, as die vraelys in Sotho was sou ek en jy die hardtse gekla het want nie een van ons sou dit verstaan het nie. Maak dit dan van my ‘n Nie-Suid Afrikaner omdat ek nie Sotho verstaan nie?

Jaco ·

Wie wil nou met ‘n SA paspoort reis? Selfs al is dit vals, moet mens steeds klomp geld betaal vir visums vir amper elke land in die wêreld, buiten meeste Afrikalande. En terloops, selfs Nigerië wat in Afrika is, vereis ‘n visum wat meer as $180 (R3000) kos. Paspoorte van Japan, Singapore, Duitsland, Finland is die beste om mee te reis; visumvry na byna elke ander land in die wêreld.

Marius ·

“Suid Afrika moet sy probleme oplos…” Hahahaha……

Pieter ·

Stuur daai boetes vir SA om te betaal, as hulle nie hulle werk kan doen nie

domheks ·

Die meeste kan nie tel nie bv zuma, wonder of die res kan lees?

Vexed ·

Maklik sou ek se, moet net nie vlugte doen vanaf SA nie. Sou nie dink dit is so ‘n groot verlies nie.

Delia ·

Kom ons wees eerlik. Dit is nie reg dat net n afrikaanse toets gebruik word nie.
Ek is baie lief vir my taal, maar
As ek die passasier was en ek kry n vraelys in enige swart taal en op grond van dat ek dit nie slaag nie, mag ek nie vlieg nie, sou ek bitter ontevrede wees.
Ons moet regtig ook realisties wees oor die saak

Perdeby ·

Ek wonder of hulle besef dat nie alles SAfrikaners nie Afrikaans magtig is nie? Sal vir hulle een in Russies gee om te voltooi, dan kyk ons.

Miena ·

Maar enige SA’ner behoort tog daardie vrae te kon antwoord! So hoekom dan n bohaai opskop om vrae te antwoord waarop jy die antwoorde behoort te ken as n SA Burger?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.