Ryk Kaapstad-sakeman van ontvoerders gered

Naushad Deshmukh

Naushad Deshmukh

ʼn Welgestelde sakeman van Kaapstad, wat byna twee maande gelede ontvoer is, is met sy familie herenig, het die polisie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die man is Woensdagaand in Thornton gevind,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Naushad Deshmukh (46), ʼn pa van drie, is vroeg in November van buite sy klerewinkel, Khans, in Athlone ontvoer toe hy die winkel net voor 18:00 vir die dag wou toesluit. Ses gewapende mans het hom na bewering oorval en hom ontvoer en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Die mans het glo sy vroulike kollega ongedeerd agtergelaat.

Van Wyk het Donderdag gesê Deshmukh het mediese behandeling ontvang, maar hy het nie verdere inligting bekend gemaak nie.

“Die omstandighede rondom die ontvoering word ondersoek en die fyner besonderhede kan nie bekend gemaak word nie,” het hy gesê.

The Daily Voice het vroeër berig die ontvoerders het ‘n losprys van £20 miljoen (R335 million) geëis. Volgens die publikasie het twee afsonderlike bronne dié “belaglike” bedrag bevestig. Die gesin het egter ontken dat hulle enige inligting van die ontvoerders ontvang het.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Crime Stop kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda ·

As hulle eers se omstandighede rondom die ontvoering word ondersoek. Wat se hy of kan hy nie nou praat nie?

Ronel ·

Sekere goed sal net die ontvoerders weet. As alle inligting bekend gemaak word, sal dit die ondersoek belemmer. Soos met meeste sake moet baie goed eers stilgehou word. Die hof gooi baie maklik n saak uit.

Stephanie ·

Magda,
Hulle se fynere besonderhede kan nie nou al bekend gemaak word nie. Dis hoe gemaak word in ondersoeke. Sekere inligting word vir eers stil gehou om te keer dat dit die ondersoek dalk belemmer. Ons wil mos darem nie he die skelms moet weet wat alles bekend aan die polisie is nie. Laat hulle maar eers rustig wees en dink hulle gaan daarmee wegkom. Sodra alle bewyse in is en niks punte en kommas weggelaat is nie (sodat hof nie saak kan uitgooi nie) sal die polisie wel toeslaan.
Wel… dis wat ek dink dit bedoel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.