Ryk lande wil SA betaal om steenkool te laat vaar

(Argieffoto)

ʼn Groep welvarende lande het Dinsdag onderneem om minstens $8,5 miljard (sowat R130 miljard) asook tegniese steun aan Suid-Afrika te gee om die land te help oorskakel na ʼn laekoolstof-ekonomie.

Frankryk, Duitsland, Engeland, die VSA en die Europese Unie (EU) het die ooreenkoms by die COP26-klimaatsberaad in Glasgow met Suid-Afrika aangegaan in ʼn poging om ʼn “billike oorgang” vir Suid-Afrika se ekonomie, wat swaar op steenkool steun, te help verseker.

Pres. Cyril Ramaphosa het die ooreenkoms as ʼn “waterskeidingsoomblik” bestempel en gesê dit is “bewys dat ons ambisieuse klimaatstappe kan doen terwyl ons energiesekerheid verhoog, werk skep en nuwe geleenthede vir belegging skep met die steun van ontwikkelde lande”.

Die skenkers sal aanvanklike finansiering van sowat R130 miljard oor ʼn tydperk van drie tot vyf jaar in die vorm van toelae, konsessielenings, beleggings en risiko-deling verskaf. Dit sal grootliks die private sektor betrek.

Die ooreenkoms word aangevul deur ʼn komponent om tegniese hulp te bied en konsentreer veral daarop om die land se kragopwekkingstelsel te hervorm.

Suid-Afrikaners is die afgelope ruk opnuut aan beurtkrag onderwerp weens voortgesette probleme met Eskom se opwekkingskapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Prontuit ·

en dan?????? ek is all 4 go green, maar geld gaan net in broeksakke met gaaitjies in verdwyn en hoeveel mense se werk gaan hierdeur geraak word?

Bernard ·

Europese lande gaan met die private sektor saamwerk want hulle weet hoe werk ons president se kop. Hy’s ‘n professionele bedelaar van formaat.

FranWilder ·

Hulle moet net nie die R130 miljard vir die regering gee nie, Dan is daar oor 5 jaar niks aangewend nie en die geld is ook op.

Jean ·

Nee wat 5 jaar is te lank, daai geld sal binne ‘n jaar kla wees

Debbie ·

Kan waarborg dat daar n groot hap van daai geld gaan verdwyn.

Althes ·

Moet nie net geld gee nie asseblief, kom kyk dat dit optimaal benut word.

Jacobus ·

Hier is voorspelling. Steenkool sal dan alles China toe gaan en enige geld wat nie uit ANC kloue gehou kan word nie,gaan kaderstoe

Tjaart ·

Wanneer gaan hulle leer dat Afrika is Afrika? Betaal die geld sommer direk in die amptenare se rekeninge in en spaar almal die drama.

Santie ·

Dis reg. Maar dan moet hul n hele span aan stel wat die geld volg en oppas. En nie Suid Afrikaanse span nie, hul eie span.

Anel ·

Ooooo, hoop nou net nie geld word vir die regering gegee nie. Of die privaat maatskappye wat dit gaan jry het enigiets met die regering te doen nie. Anders gaan daar nie ‘n sent aangewend word waarvoor dit bedoel is nie. Wat hulle moet doen, is daardie mense wat die skenkings doen, moet die tenders ook sommer hanteer. Dis mos hulle geld. Ek dink ou Rampies se ogies flikker as hy dink aan al die geld wat hy dalk weer kan kry!!!

Blomme ·

Goeie idee wat jy daar het Anel.. Maar ongelukkig weet jy mos dat hul nie gaan toelaat dat tenders aan sakeondernemings gegee sal word as dit nie BEE verwant is nie.
So daar sal van daai geld in kaders se sake beland… Hulle is seker nou alreeds besig om planne te maak oor hoe hul daai geld gaan bedryf.

Elmarie ·

Dan word ons elektrisiteits probleme net groter. Die goeie steenkool word uit gevoer en ons word gelos met die rubbish wat loadshedding veroorsaak.

Renier ·

Het die ryk lande nie gesien wat met geld gebeur in SA nie? hulle is dalk ryk,maar nie baie slim nie.

Marius ·

Kan net dink hoe daar al reeds deur die ANCancer kaders beplan word om die geld in die “hande” te kry,die kompetisie gaan groot wees,sal die skenkers dan nooit leer jy kan Afrika leiers nie vertrou !!!

Anoniem ·

Die meeste hiervan sal in die bodemlose put van korrupsie verdwyn.

Pieter ·

Kannie glo ander lande is so dom om die skelm anc geld te gee nie. Hulle kan maar good bye se vir daai geld. Waar is al die geld wat die wereld bank vir die skelm anc gegee het.

Aai ·

Hier kom baie werkloosheid in die land sal die mense dit nie toelaat.Sterkte daar.

Sarel ·

Vir SA of vir die sakke vsn ANC Amptenare. Die Lande weet van Korrupsue in fie land maar dit gasn hulle nie asn nie. Eerstend gasn hulle Kubasnse Ing. Werf ten koste van SA se mense

Hoekom ·

Julle skenkings geld gaan nooit dag lig sien nie. Ons gaan nogsteeds steenkool gebruik en ons krag gaan nogsteeds sloer…

Anton ·

“energie sekerheid” Ou Cyril ken die bedel taalgebruik al perfek :-)

Johann ·

Lekke breed smile Ramapoza en sy ANC …..sakke tjhelete om te skep en vat en verduister en uit de deel aan die kaders vir lektix tendas. KERN KORRUPTE KARAKTER wat NOOIT sal verander nie.

annie ·

Ons tv-stasies is te besig met die royal verkiesing van kaders wat moet help om pledges te blaas. SA se mega-minister van buitelandse hang by cop26 uit met die rykste in die Weste en bewerk die ‘alles net vir Suid-Afrika’; daar is mos geen ander land in Afrika of êrens anders wat die ANC betref nie. Gee geld vir private instansies en die ANC bedreig hulle bestaan in der mate. Mantashe bou sy Eskom-atoomstasies kom wat wil… Klaar beplan.

Sê maar net ·

Baie dankbaar. Maar daai geld gaan tragies weer in sakke van korrupte amptenare verdwyn.

Jakes ·

Kyk, as die buiteland nou nog nie weet wat hier in SA met beleggings en donasies gebeur wat aan die regering geskenk word nie dan moet hulle maar die gevolge dra. Daar word seker al klaar beplan wie gaan wat kry en hoe die dit stil gehou gaan word.

Danie ·

Ek (en die kaders) sien al hoe die “tenders” uitgedeel word. Man, dis lekker op die soustrein

Susan ·

O aarde, wat ‘n verleentheid lê nie voor nie!? Is die skenkers bewus van die geldhonger diewe wat alle geld na hulle eie rekenings kanaliseer in plaas daarvan om dit aan te wend waarvoor dit bedoel is? Dink nie hierdie trant sal ooit verander nie, dus sal hierdie land al meer verarm word ten gunste van ‘n hele klomp skurke en ten koste van ‘n klein persentasie hardwerkende belasting betalers wat nooit die voordeel van hulle arbeid en bydrae sal beleef nie.

Di ·

Hoop hierdie lande verskaf ook die mense om hierdie werk hier kom doen om seker te maak dit gebeur wel. As die geld vir die aasvoels in die ANC gegee word is dit “missing in action” en gaan nie ‘n sent daarvan hierop spandeer word nie.

Madz ·

Ek hoop en bid ook werklik dat die “hulp” nie in die vorm van geld geskenk gaan word nie…. en as hulle van die “privaat-sektor” grootendeels praat hoop ek ook nie die regering moet die “besluit” neem watter privaat maatskappye gehelp moet word nie. Dan kan dit maar ook (soos duisende ander “improvements”) afgeskryf word en maak ons oor 5 jaar van nou af weer kos op ons ouma’s se koolstowe!

Hansie slim ·

Wees net versigtig dat R130b nie verkeerd aangewend word nie!!

Willem ·

Kyk hoe blink die ANC kaders se ogies! Een-honderd-en-dertig miljard rand! Dit gaan die ANC en baie van sy ondersteuners beslis uit hul finansiële verknorsing red. Vir twee jaar of so…

Pietertjie ·

Ek sal my oë uit my kop uit skaam as vreemdelinge moet betaal om my huis skoon te maak.

In elk geval, hoeveel maande se rente op Eskom-skuld word daarmee gedelg?

AW ·

Hou julle geld ASB, want ons het mense in SA, wat daardie geld vir hulle self gaan neem en of misbruik.

Stephen ·

130 Miljard Rand? Hoe lank voor die beherende party, hulle vriende en famielie hulle gulsige haake in dit inslaan en dit verduister? BEE sal weer erg voordeel trek.

Casper ·

Dit sal ideaal wees as ons kan weg beweeg van steenkool energie af want dan nat steenkool nie meer die skuld kry vir beurtkrag nie.Maar kom ek raai hier kom regstellende aksie met werkskepping en mossies wat onderstebo vlieg.Hier kom weereens mislukkings.

Swerwer ·

Ai, sal dit tog vir die regte doel waarvoor dit gegee word, aangewend word? Twyfel maar sterk.

wendy ·

Daai geld sal nie by ons uitkom nie maar anc sluip sy tande al

Keith ·

These are LOANS , which we are going to have to PAY BACK. There are multiple conditions attached to these loans and “concessions”. This is going to cost thousands of local jobs in the coal and oil related industries in SA. This “gemors” just confirms what i thought all along – COP26 and evrything to do with “climate change” ….., is ALL about money. When and how are we going to start paying back the enormous “Covid” loans we received from the IMF / WorldBank and “others” ? and now this nonsense.

Johann ·

Wil hulle die land betaal of die ANC? Iemand sal maar mooi moet kyk.

Hennie ·

Kyk hoe water daai bek nou vir al daai geld! Kan nie wag om sy verrotte kloue daarop te kry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.