‘Ryk’ sakeman plunder saam

Qhawe Sithole het glo saam in KwaZulu-Natal geplunder waarna hy in hegtenis geneem is. (Foto: Facebook / Michael Hay)

Die uitvoerende hoof van Ubuntu Wealth Management, ’n finansiële maatskappy in Pretoria, Gauteng, is geskors nadat hy glo in verband met plundertogte in Umhlanga, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem is.

Onluste en grootskaalse plundering duur sedert verlede Vrydag in dié provinsie voort.

Qhawe Sithole, stigter van dié maatskappy, het glo onder meer ’n wasmasjien, drank, ʼn fiets, braaistoel en ander braaitoerusting opgeraap en in sy Jeep Wrangler geprop. Foto’s van die voorval is intussen wyd op sosiale media gedeel.

Die maatskappy het sedertdien ’n verklaring uitgereik wat sê dat Sithole met onmiddellike inwerkingtreding geskors is hangende die uitkoms van die saak en ’n onafhanklike ondersoek na die aanklagte teen hom.

Qhawe Sithole het glo onder meer ’n wasmasjien, drank, ʼn fiets, braaistoel en ander braaitoerusting in sy Jeep Wrangler geprop. (Foto: Facebook / Michael Hay)

“Sodra die raad al die feite van die saak bekom en bestudeer het, sal die voorgestelde dissiplinêre optrede teen hom of enigiemand anders gedoen word, soos dit nodig is. Die raad sal so spoedig moontlik dissiplinêre optrede instel sodat die saak so gou as moontlik opgelos kan word.

“Die kwessie bly ’n groot bekommernis vir die raad. Ons wil ons aandeelhouers en die publiek verseker dat die nodige aandag hieraan gegee word.”

Luidens die maatskappy se webblad het Sithole sy skoolloopbaan by die private spogskool Hilton College in KwaZulu-Natal voltooi voordat hy in 2013 ’n BCom-graad in ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het.

Sithole het ook ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en sy honneursgraad in ekonomie deur Unisa voltooi.

Hy het glo ook ’n sertifikaat in sakeontleding en waardering aan die London School of Economics and Political Science verwerf.

’n Oënskynlike kennis van Qhawe Sithole, Michael Hay, het teen hom op Facebook uitgevaar.

’n Oënskynlike kennis van Sithole, Michael Hay, het teen hom op Facebook uitgevaar.

“Jy is ’n skande vir jou voormalige skool, die gedragsowerheid vir die finansiële sektor (FSCA) en die land.”

Hay het ook bevraagteken hoe Ubuntu finansiële raad aan ander kan gee as hyself “nie waardes het nie”.

Dié plasing is ook op sosiale media gedeel.

’n Ander sosialemediagebruiker het op Twitter gesê “nie elke plunderaar is arm nie”.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie kan nie in dié stadium meer inligting bekendmaak nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

pokkel ·

ek wil sy kwitansie sien vir waar hy drank “gekoop” het :D

Strandloper ·

Glo nie hy is die eenigste nie…ons dierbare ministers stel dan die voorbeeld….praat nie eers van zumpie nie!

Tanja ·

miskien moet hy weer terug gaan skool toe… duidelik het hy nie opgelet op Universiteit nie, daai diploma en graad is is nie die papier werd waarop dit verskyn nie

Pampoen ·

Vat sommer daai Jeep ook want hy het hom in die uitvoer van die misdaad gebruik.

Dries ·

Daar is duisende van sy soort in die ANC. Wat is die verskil van P&P plunder en die staatskas plunder. Erger

isabelle ·

SIES!!!!! Good that people see what type of human you are…..BAD NEWS

Michael ·

Waarskynlik ‘n sterk kandidaat vir minister van finansies

Cherokee ·

Hoe meen jy hy lei honger? Het hy voor gestap as leier van die hongeres? Verduidelik asseblief.

Rooikoos ·

Waar val jy uit? Ek dag jys n ou HNP lif wat nou die lot wil beskerm?

Rooikoos ·

Los nou maar eers die pedantiek in sy kassie Cherokee. Ons mense is keelvol

Spook ·

Dit is sarkasme. Die krimineel is so vet, hy kan net sy bene intrek dan rol hy.
Jy is nie skerp soos jy voorgee nie. Of wat sê ek nou, ou Shirroekie

Rian ·

Geleerdheid is nie gelyk aan etiek, moraraliteit, eerlikheid en beskaaf nie.

Nozi ·

Pappa was seker maar lus om saam met Mamma ‘n glasie te skink terwyl hul heerlik om die braaivleis vuurtjie sit en regmaak vir die groot braai met nuwe braai toerusting en Boetie kan nou lekker op sy nuwe fiets in die straat op en af ry. Sien …… one big happy family. (gewees)

Stefaan ·

My Ma het altyd gesê. Dit is nie te sê as jy geleerd is jy is opgevoed nie.
Jip jy kan grond koop maar nie agtergrond nie

Michael ·

Met al sy kwalifikasies in die ekonomie kan mens die man nie veroordeel nie. Hy het sy kennis uitstekend toegepas. Hy het met die transaksie die hoogs moontlike opbrengs uit sy inset gekry

Kerneels ·

En dié siel word as “previously disadvantaged” beskou in Suid-Afrika!

Sy enigste disadvantage is dat hy nie tussen reg en verkeerd kan onderskei nie – absoluut geen morele kompas.

Hendrik ·

Ons moet leer wat ons kan by ons vyande. Soos die ANC “white monopoly capital” gebruik het om steun te wen, so moet COPE, ACDP en ander swart partye die ANC en EFF brandmerk as plunderaars of “looters”.

Rooikoos ·

Sit hole het nou sy diploma in plunder ook. Hys seker in lyn vir n ANC kabinetspos.

KB ·

Dit laat mens wonder hoe hy aan sy rykdom gekom het…
Eenmaal ‘n krimineel, altyd ‘n krimineel.

Jack ·

15 maande vir hom. Ons stelsel laat nie langer toe nie. Dalk amnestie as hy die goed terughandig.

Africangrey ·

Kyk mense, hy het n tjek gelos met die verskuldigde bedrag, daar was niemand by die till nie, dis nie sy skuld nie

Winnie ·

Nou toe nou hy wss seker honger want sy kaviaar en kreef was klaar

Ovelia ·

Ek hoop ni ubuntu bestaan nog nie. As jy na die voertuig kyk wonder ek…. ek dink hul di grootkoppe ht te veel gestry en dis hoekom hul so laz agtergekom ht aa at n di gebeur is

LANA is ELANè ·

Kan enige persoon met meer as 2 breinselle so vraatsig wees. Skande!

Niklaas ·

Dis blote gulsigheid hierdie. Het hy nie reeds genoeg by die huis nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.