‘Rykes se belasting moet studentefooie betaal’

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Sanco (die SA National Civic Organisation) het Vrydag voorgestel dat rykdombelasting ingestel word om studente-onderrig te befonds. Die voorstel volg op pres. Jacob Zuma se aankondiging Vrydagmiddag dat daar geen verhoging in tersiêre instellings se 2016-fooie sal wees nie.

Jabu Mahlangu, SANCO nasionale woordvoerder, het gesê volgens onlangse statistiek verdien 530 000 mense gemiddeld R1.2 miljoen ʼn jaar. “As rykdomsbelasting van 2% verhaal word, sal R12 miljard ingesamel word om gratis onderrig mee te befonds,” het hy gesê.

Mahlangu het studente ook aangemoedig om die proses waaroor tydens die vergadering met Zuma ooreengestem is, kans te gee om geïmplementeer te word. Die organisasie het gesê die regerende party is toegewyd tot beter onderrig en minder ongelykhede.

“Die ANC se 2015 hoofraad het ook hul kommer uitgespreek oor universiteitsfooie wat te hoog is en gesê die regering moet ʼn manier vind om dit te reguleer,” het hy gesê.

Zuma het vroeër gesê ʼn presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingskwessie te ondersoek, sal ook kyk na ander kwessies soos gratis onderrig, onafhanklikheid van tersiêre instansies, rassisme en studenteverblyf.

Zuma se aankondiging kon egter nie daarin slaag om ʼn groep oproerige studente te laat bedaar nie. Kort ná die aankondiging het geweld weereens by die Uniegeboue losgebars, toe polisiebeamptes met klippe bestook is, ʼn polisievoertuig aan die brand gesteek is en skokgranate en rubberkoeëls deur die polisie afgevuur is.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gerda ·

Wetteloosheid! Betaal jou eie studies. Hoekom wil sommige studente als gratis he en op ander se rue ry. Welsysmentaliteit. ‘Iemand” moet sorg!

Rudi ·

Welsynmentaliteit werklik waar. Kan jy glo dat die studente die slim bevooregtes is wat ‘n groot voorsprong het op die res van die samelewing en nou verwag dat die middel klas vir hul studies moet betaal. Dis totaal absurd en agterstevoor. Die slimmes moet vir die res sorg. Nou is dit presies omgekeerd soos in die ANC. Die wat moet diens lewer wil gedien word. Dit is die GROOT verskil tussen afrika en die eerste wereld

Eugene ·

Die student het n punt beet.Die meeste van hulle studier onder moeilike omstandighede om hulle beter vir die toekoms te kwalifiseer. Na al hulle harde werk en opofferings wil die geagte President hulle nie toespreek nie.

Bets Bothma ·

Enige persoon met n greintjie gesonde verstand moet besef dat onderrig nie gratis kan wees nie, dit sal n m…rse president skep, almal sal wil gaan swot! My kinders het nie beurse gekry nie, my kinders het nie kostoelae gekry nie, my 3e kind kon nie eers n studielening kry by ons bank waar ons 25jr gebank het nie, raai wat ons gedoen het? Nuwe bank, studielening! My dogter het 2jr gelede klaargemaak, sy werk oorsee om n R460000 studielening terug te betaal en ja, ons is wit, en nee, ons is nie ryk nie, en ja, my kinders het elke vakansie, elke naweek gewerk vir hul sakgeld en ja, ek en my man tel onder “seniors” en ons werk nog elke dag ons gatte af om n lewe te maak! As tersiëre onderrig gratis gaan word, gaan ek my kind se studiegeld terugeis, ek het boek gehou!

Johan 2 ·

Net so bets! Ons is 4kinders wat gaan swot het en het ons dood gewerk om dit te kon doen. My ouers is en was nog nooit ryk nie!

Patsy ·

Ek stem saam. My kinders se studiegelde word nou nog afbetaal. Hul het ook nie gekwalifiseer vir leningsbeurse nie agv ras. Ons net gewone salaristrekkers . My grootouers was nie ryk nie hul het handearbeid op die spoorweë gedoen. My ma is standard 7 uit om te gaan help geld verdien want my oupa moes oorlog toe. My pa het sy matriek en het as vakleerling gaan werk by die Spoorweë en homself opgewerk maar daar was ook nie geld vir ons as kinders om te gaan swot nie. Ons was al groot toe kry ons eers ons eie voertuig. Yskaste het ons nie geken nie was luxury. Ek het as skoolkind gaan till werk doen om sakgeld te kry my ouers het nie gehad om vir ons te gee nie. Ons het my ma gehelp huisskoon maak en tuin werk gedoen saam met my pa omdat daar nie geld was vir iemand anders om dit te doen nie. Ons moes self hard werk en ons self opwerk in ons verskeie beroepe om te kon kom waar ons vandag is. Nou word daar teen ons gediskrimineer omdat ons nie grade het nie dus kan ons nie bevorder word nie en intussen tel ons ras ook teen ons. Ek en my man is al naby aftreeouderdom maar moet elke sent omdraai voordat ons enige uitgawes kan aangaan maar ons het nooit gaan toi-toi of ander mense se goed verniel omdat ons dit nie kon bekostig of gehad het nie. Harde werk het niemand nog skade berokken nie maar gee net vir iemand iets verniet dan word dit nie waardeer nie.

yster 74 ·

Dit gaan my verstand te bowe dat mense n week voor eksamens so tekere gaan. Gewoontlik die lot wat nie deurkom nie en nie sal deurkom nie. Alles moet van ander mense verhaal word wat hul gatte af werk. In my dae in bloem het ons gewerk vir xtra geld. Rykmans belasting se gat. Ons betaal genoeg belasting.

Johannes ·

Mmmm, wonder hoeveel is wit mense van daardie 530 000, wie se geld goed genoeg gaan wees vir hulle “vat net” mentaliteit…

Peet Schabort ·

Wonder hoeveel van die betogers is werklik studente.

Henrietta Klaasing ·

Die sogenaamde “ryk” gansie wat die goue eiers lê, word nou al tot sterwens toe gewurg (het die studente nie geluister wat Nene ‘n paar dae gelede gesê het nie??). Een van die dae is die gansie so gewurg dat daar geen eiers meer gelê word nie, en wie sal DAN sorg??

Maddox ·

Henrietta, jy vra wie gaan dan sorg, wel dis maklik… eers blameer jy apartheid en Jan van Riebeeck en dan draai jy jou gesig na die weste en staan bakhand en bedel. Die res van Afrika doen dit, hoekom moet dit nou hier anders geskied?

Maddox ·

Begin sommer met die mammies en pappies van die wit kinders wat so lekker saam betoog het, ek is seker hulle sal nie omgee om meer belasting te betaal nie, want enige regdenke mens besef dat iemand sal moet betaal vir jou opleiding, so as jy nie wil nie dan sal dit mos van die belasting betaler verhaal word. Laat dit vir hulle ‘n les wees.

Olga ·

Ek is n wit mamma, en ek wil Vandag vir jou vra, weet Jy wat kos klasgelde

Maddox ·

Olga,
Ek neem aan jy verwys na my plasing hierbo.
Glo my ek het baie meegevoel en deernis vir die ouers van student omdat hulle hulleself agteroor moet buig om hulle kind deur Uni. te kry. Ek dink almal besef dit terdee. Jy as ouer het daardie verantwoordelikheidsin deurgevoer en die beste probeer gee vir jou kind- ek salueer jou omdat jy verantwoordelikheid gevat het. My probleem le by die ander wat net kinders maak en dan op die einde van die dag is dit iemand anders se probleem om hom geskool te kry of opvoeding te gee (Belasting betaler). Hoekom moet ek my swaar verdiende geld afstaan vir iemand anders se maaksel?

Uys ·

Meer as 10mil wat werk betaal geen belasting nie. As daar minder straat en drops naam verandering is sal faar ook geld wees vir onderig

Arie plaasboer ·

uys,
jou lys is nie breedvoerig genoeg nie.
sluit tog hierby in wydverspeide korrupsie en wanbestuur in en die is meer volledig

riana ·

As hulle te sleg is te werk en alles verniet wil he, hoekom moet mense wat hulle gatte afwerk vir wat hulle wil he nou slles weggee, ASB word groot en werk vir n slag vir wat julle wil he ….GATVOL VIR DIE SPUL

Kwagga ·

Ha ha ha ha ha ha never pappie. Elkekeer as die ANC straat name verander en dorpe kos dit geld. Elkekeer wat julle hof toe hardloop om julle bedrog toe te smeer kos dit geld. Alles wat die ANC aan raak is bang krot of word besteel. Nee wat nou vat julle n vet kans. ANC is besig om groot vyande te maak nie net in SA nie, maar Wêreld wyd. Geld is gedaan, koffers is leeg. Al wat oor bly is staat pention wat ook maar swak vaar. Al die staat instansies is gebreek. Mooi man hou so aan.

Frikkie ·

HOekom pak julle nou al weer die skuld op JJan van Riebeek?? Hy is lankal dood hoor. Al wat ons nog van hom oor het is Clive Bruce se haarstyl. Daar is ook ou R5 en R2 op ebay . Ek sê maar net.

jurie ·

Ek wens net hulle wil reg kom hulle is all 20 jaar plus aan bewind ons skuld hulle niks nie ek het nie gaan studeer nie moes maar onder begin en myself opwerk hulle kan dieselfde doen

Elizabeth ·

Jy’s reg ons skuld hulle “sweet blow all”, maar jy vergeet dis in ‘n sekere faksie van die samelewing se gene om eerder te verwoes as om op te bou – daai woord bestaan nie in hulle woordeboek nie.

mica ·

as jy in daai bankie graag wil sit sal jy jou eie sitplekkie betaal! Dis hoe die realiteite werk!

Renier ·

Soos menige burokrate wêreldwyd wat nog nooit enigiets van waarde geproduseer het nie, verstaan die Jabu vent nie dat mense nie staties is nie. Hulle pas aan. Hierdie burokrate het ‘n klaargebakte koek idee van die ekonomie en al wat mens te doen staan is om te besluit hoeveel koek elkeen kan kry. Die werklikheid is dat daardie koek gebak moet word en as jy my vertel dat jy meer as die helfte van my koek gaan vat wanneer ek hom bak, gaan ek my koek dalk elders bak of ek gaan dalk eerder visvang en die koekbakkery vir ander los.

Dup du Plessis ·

The problem with socialism is you eventually run out of other peoples money – Maggie Thatcher!

shannon ·

Is meeste van die ‘rykes’ nie reeds land uit nie ??
Of moet ons lees “middel klas” .. arm gat..e ? Blank en voltyds in diens ?

LG32 ·

die syfers is belaglik, soveel mense meer as R1M per jaar inkomste? tweedens, die mense was daai inkomste verdien, betaal die hoogste belasting in die wereld. 55 sent uit elke Rand aan een of ander tax. absurd. aan die ander kant moet die universiteite ook konservatief moontlik bly met fooie. meer as inflesie aanpassings moet nie gebeur nie. verder moet die cANCer skerp fiskale discipline he, en nie geld mors soos nou nie.

Blondie ·

En daar gaan my kinders die land uit. ..want dis onuithoubaar in Suid Afrika. …hulle smeek mamma en pappa om saam te gaan. …maar ai en die ander kids. …ons harte is in twee gedeel. …Ek wens my kinders en kleinkinders die beste toe.

Jan maak n Plan ·

Wat die ouens van SANCO eintlik se is dat die blankes vir alles sal moet betaal. Van wanneer af het jy iets waardeer en opgepas wat verniet in jou skoot geval het. Hoeveel blanke studente met betetr punte kry nie plek op universiteite nie. Hoeveel swarte studente skop op of maak dit nie in hulle eerste jaar.

Pieter ·

Ek lag nou lekker. Hoër onderwys in SA word in elk geval deur die belastinbetaler gefinansier. Ek wonder of meeste studente weet dat hulle net helfte van die kosprys van n vak betaal. As jou armoede (sonder om te diskrimineer teen arm mense) jou die dag arrogant en ondankbaar maak is daar nie veel hoop vir jou nie.

Pietertjie ·

Kommunisme en Sosialisme is nou besig om lekker spoed op te tel in hierdie land. En waarheen lei hierdie pad? Na die afgrond van armoede, chaos en wanhoop. Vir almal in die land, behalwe die uitverkose Zumas, Guptas, Khozas, Sexwales en hul trawante. Dit het nog nêrens in die wêreld anders gewerk nie, en Suid Afrika sal geen uitsondering wees nie. Kyk maar lekker rugby, my ou volkie!

AmY ·

Ek het al so na daai betogende behalmels gekyk en gewonder hoeveel van hulle werklik hul studies slaag?

Ja, gee vir hulle tog maar die gratis onderrig waaroor hulle so tekere gaan. (dit is tog vir hulle belowe in 1994) , maar die sodra hulle druip, mag hul nie meer befonds word nie. En moet dan self betaal of gaan werk soek.

Wil dan oor vyf jaar sien hoeveel studente is oor op die kampusse. Ek weet van ‘n. Paar ouers wie se kinders net hul geld mors op universiteit, want hul slaag nie hul studies of kursusse nie.

Knapie ·

Ordentlike opleiding/onderwys is broodnodig vir tegnologiese vooruitgang van enige land.

Hoekom n begaafde persoon die vooreg van verdere opleiding ontneem omdat hy/sy nie finansieel welgesteld is nie?

“Gratis” onderwys klink soos n goeie plan, maar:

1. Dit moet vir almal geld – jy kan nie sê die sogenaamde ryk persoon, wat klaar belasting bydrae wat aangewend word vir die doel, moet vir sy eie studie ook nog betaal nie.

2. Verbreed die belastingbasis, moet nie diegene wat alreeds tot belasting bydra verder belas nie. Sodra die studente afstudeer, sal n mens hoop dat daar meer hoë inkomste huoshoudings in die land sal weees, wat meer sal bydrae tot belasting.

3. Raak ontslae van die dooie gewig. Die staat kan nie n persoon vir 10 jaar onderhou terwyl hy sukkel om n 3 jaar graad te voltooi nie.

Phia ·

Ek wonder net hoekom word die biljoene rande wat nou addisioneel vir maatskaplike toelaes begroot word nie eerder vir univresiteitsopleiding aangewend nie. Dan sal dit miskien kinders motiveer om eerder te gaan studeer as om ‘n baba in hul tienderjare te he bloot om ‘n R 500 staatstoelaag te kry waarmee geen mens in elk geval ‘n kind kan grootmaak nie. Party dae wonder ek of die regering nie eintlik die groter meerderheid van die mense onopgevoed wil hou nie, want dan is hulle meer vatbaar vir manipulasie met aalmoese wat voor verkiesings uitgedeel word. Nie dat ek dink baie van hulle dom is nie, maar bloot so desperaat om van dag tot dag te oorleef in ‘n land wat nie werk kan skep vir sy eie mense nie.

Muller ·

So die rykmansbelasting geld seker vir die klomp in die regering ook? Die wat op hulle agterjacks sit en HUGE salarisse inoes, ja nee pappie by daai klomp kan julle dit enige tyd verhaal

Johann ·

Wat hiervan? Moenie my belasting gebruik om “gratis onderwys en opleiding” te verskaf nie? Maak daardie kostes “belasting aftrekbaar”!! Dan sal jy vinnig sien wie betaal belasting, en wie nie. As jy “gratis onderwys” vir jou kind wil hê? Begin werk, en betaal belasting…sodat jy daardie uitgawe kan terug eis.

Izzy ·

Dit sal NOOIT genoeg wees vir hulle nie…..Hulle sal net NOG EN NOG EN NOG wil he. ALLES wat jy het, wil hulle he…….DAN is ons mos gelyk.

Oom Harry ·

Meer as 50% van die “betrokke” studente maak nie die basiese graad nie. Bloot as gevolg van uiters bevoordeelde en swak keuring. Bereken die koste van hierdie vermorsing. Al die studente wat slaag, sal gratis kan studeer. As kind het ek altyd gedink `n kommunis mag nie ryk wees nie tot ek agter gekom het die aartskommunis Picasso was een van die wereld se rykste mense. Nou as ek so na die minister van hoeronderwys kyk, sien ek iemand wat altyd lyk of hy poefie ruik, wat voorsitter is van die SA kommunistiese party en oor miljoene R beskik. Dit rym nie!

Gerhard Bezuidenhout ·

Bakhandsindroom want hulle is met die polse na bo gebore en wil net verniet he en he.

Sê net ·

Se gat, gaan werk vir jou eie geld om sodoende jou studies te betaal. Dis omdat julle dink als moet in julle skoot val en dat julle net wil hê hê hê!!! Kry rigting in die lewe, en hou op om julle toys uit die kot te gooi en tantrums te wil gooi. Dalk, as julle weet wat dit is om hard te swot en hard te werk sal julle dalk erêns kom in die lewe.

Lizelle ·

Wat? Sodat die spul net meer geld in hulle sakke kan steek. Dit sal die bleddie dag wees. Die studente gaan nie eers daai geld sien nie.

Mariska ·

Dink hieroor, kom ons gestel die rykes betaal vir die studente se studies, gaan hulle dit terug betaal as hulle klaar studeer het? So, die suksesvolles van die land het hard geleer en werk vir hul sukses, niemand het dit op n skinkbord vir hulle gegee nie. So nou moet die rykes betaal om die ander ryk te maak. Maak geen sin nie….korrupte denke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.