Ryloper gevonnis ná kaping, poging tot moord

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Tebogo Alpheus Leburu (49) is Woensdag in die Klerksdorp-streekhof in Noordwes gevonnis ná hy skuldig bevind is op aanklag van kaping, poging tot moord, die besit van gesteelde eiendom en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê Leburu, ʼn voormalige kaptein in die Weermag, het die aand van 23 Februarie 2019 geryloop op die N12 in Klerksdorp, by ʼn verkeerslig naby ʼn plaaslike casino.

“ʼn 37-jarige man het met ʼn wit Volkswagen Polo by hom stilgehou en hom ʼn rygeleentheid aangebied. Leburu het ingeklim en gevra om by Hartbeesfontein afgelaai te word.”

Die twee mans was naby die Manzilpark-afrit toe Leburu skielik ʼn vuurwapen te voorskyn gebring het en die bestuurder gedwing het om uit die motor te klim.

“Die bestuurder het uit die motor geklim en in die rigting van Manzilpark gehardloop. Die beskuldigde het op hom gevuur en hom op die linkerwang getref. Die man het bly hardloop en hulp gaan soek by ʼn nabygeleë huis. Hy het ook die polisie in kennis gestel van die voorval.”

Die polisie in Hartbeesfontein was op patrollie en het vinnig reageer oor ʼn klag van die gekaapte voertuig. “Leburu is by ʼn kafee aangetref in besit van die gekaapte Polo. Die motor is deursoek en die polisie het op twee sakke met ʼn motorradio, sleutels, ʼn 9 mm-pistool en agt patrone afgekom.” Leburu is in hegtenis geneem nadat hy nie ʼn vuurwapenlisensie kon wys nie.

Die ondersoekbeampte, sers. Tebogo Morake (Foto verskaf)

Hy is 18 jaar tronkstraf opgelê. Hy is op die eerste aanklag agt jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord. Hy is op die tweede aanklag 10 jaar tronkstraf opgelê vir kaping. Hy is op die derde aanklag 10 jaar tronkstraf opgelê vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie. Op aanklag vier is hy 10 jaar tronkstraf opgelê vir die besit van gesteelde eiendom. Aanklag twee, drie en vier sal gelyklopend uitgedien word. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekbeampte, sers. Tebogo Morake, geloof vir die werk wat hy gedoen het om seker te maak die beskuldigde word suksesvol vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Estelle ·

Gemors … dan was hy nogal n Kaptein in die Weermag. Ek skaam my.

Di ·

Ek is geensins verbaas nie – Meeste in die SAPD en Weermag is kriminele

Swerwer ·

Dit is juis die met range wat dink die son gaan onder as hul gaan sit wat rang trek en dink hy is onaantasbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.