Ryloper met dwelms in bagasie betrap

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

ʼn Vroulike ryloper is die naweek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat daar dwelms in haar bagasie gevind is.

Lt. Olebogeng Tawana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die 53-jarige vrou was op pad na Onseepkans toe sy in hegtenis geneem is.

Onseepkans is ‘n nedersetting aan die oewer van die Oranjerivier by die grens tussen
Suid-Afrika en Namibië.

“Die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn vrou met ʼn dwelms in haar bagasie na Onseepkans ryloop,” het Tawana gesê.

“Die polisie het paaie om die dorp gepatrolleer. Sy is op die R358-pad opgespoor.”

Dagga en Mandrax-tablette met ʼn geskatte straatwaarde van R67 000 is in haar besit gevind. Sy moet Woensdag in die Onseepkans-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.