Rylopers skiet JHB-motoris dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Motoris is Woensdag in Alberton, Johannesburg, deur twee rylopers tydens ʼn kapingspoging doodgeskiet.

“Die motoris was ʼn inwoner van Buhle Park, suid van Germiston,” het Wilfred Kgasago, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, Donderdag gesê. “Hy is Woensdag omstreeks 15:30 op die N17-snelweg, in ʼn westelike rigting, naby die Alberton-brug doodgeskiet.”

Die man het saam met ʼn passasier in ʼn Nissan LDV-bakkie gery. Die passasier het aan die polisie gesê die twee rylopers het naby die brug gestaan en ʼn rygeleentheid Johannesburg toe gesoek. Die twee wou die motoris kaap en het hom geskiet toe hy probeer wegjaag het.

“Die man is in die kop geskiet. Sy motor het die versperring langs die hoofweg getref.” Die rylopers het van die toneel gevlug en word steeds gesoek.

Kgasago het motoriste versoek om versigtig te wees in die omgewing indien hul motors onklaar sou raak. “Motoriste word ook daaraan herinner dat dit onwettig is om op ʼn snelweg stil te hou tensy sulke optrede buite die motoris se beheer is,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Ja wat, leer is min. Wie gee rylopers nog ‘n saamry geleentheid? Wie bestuur nog met die motorruite oop? Wie bestuur nog met die motordeure nie gesluit? Wie bestuur nog sonder om vasgegord te wees? Wie bestuur nog met klein kindertjies kiertsregop, op die motorsitplekke?
Common sense isn’t so common for some!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.