Ryskole en metro ondersoek vir omkoop-aantygings

centurion-lisensiekantoor

Lang rye by die Centurion-lisensiekantoor. Foto: AfriForum/Argieffoto.

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope paar maande ʼn geheime operasie uitgevoer by plaaslike ryskole asook onder die metropolisiebeamptes wat as eksaminators vir rybewystoetse optree.

Dié operasie het spesifiek die omkoop van beamptes in ruil vir bestuurslisensies ondersoek.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê daar is berig ryskool-instrukteurs het leerlingbestuurders genader en genoem as hulle vir rylesse by hul ryskool inskryf, is daar ʼn omkoop-opsie.

“Blykbaar sal die leerder dan die bedrag betaal en die instrukteur op sy beurt ʼn deel aan die metropolisiebeampte oorbetaal wat die leerlingbestuurder deur die toets moet neem ,” het Dlamini gesê. Die leerder sal uiteraard dan die toets slaag.

Dlamini het gesê die operasie op 21 Junie het vrugte afgewerp en twee ryskool-instrukteurs en twee beamptes van die Durban-metropolisie is vasgetrek. Klagte van korrupsie is teen hulle aanhangig gemaak.

Die verdagtes sal Donderdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Speedguard ·

Ek verstaan nie , OPOD het ‘n paar maande ondersoek en 4 mense is gevat, julle was duidelik by verkeerde plekke, wat ek ervaar en opmerk is dat dit juis die pot vol goud aan die einde van die reenboog is!

w ·

Kyk na aantal ongelukke dan weet ons Lankal. Net een brein sel nodig om dit uit te figure

Perd ·

Dadelik dink ek aan ‘n ryskool waarby perde betrokke is. Ek het nie geweet dat ‘n motor/kar ook gery word. Ek weet wel van ‘n bestuurskool. Dalk tog word van perde gebruik gemaak vir jou rylisensie oftewel bestuurslisensie. Ek sal nie verbaas wees.

Raf ·

Met my ook gebeur. Toe motorfiets lisensie by centurion toets baan gaan doen het. Instrukteur my gese hy sien ek kan motorfiets baie goed ry. Ek moet eers na die bestuurskool toe gaan n les daar doen en dan vir hom my bewys bring dan gee hy my lisensie. Ek het geweier om omkoop te doen toe druip hy my en se ek moenie weer terugkom nie. Ry nou al 6jr maar met leerling. Was by 3 toetsbane in die tyd en almal is korrup.

marous ·

Daar is nie genoeg tronke in die wereld om al die korruptes van die land toe te sluit nie.

Piet Pompies ·

‘n Mede werker beskik nie oor ‘n voertuig en het nog nooit sy hande op ‘n voertuig se stuurwiel gesit. Hy gaan ‘n naweek Pretoria toe om vir hom ‘n pakket te koop. Hy kom die Sondag terug, is die eienaar van ‘n gebruikte Citi Golf en hy het ‘n bestuurder lisensie. Daardie middag ry ek agter die mede werker, 30km/h voetslepend op die N4. Ek weet nie hoe het die man dit reg gekry om van PTA tot in NLS te ry. Intussen het die persoon verhuis, iewers anders beproef hy padgebruikers.

Candice ·

Hierdie kom al n lang pad terug. Ek het in 2011 my lisensie gan doen ek moes hom 7 keer ry want ek het dit die eerlike mannier gedoen! No wonder ek moes dit 7 keer doen nie! Wat nou van al daai wat dit gekoop het gaan hulle hul lisensies verloor nou? Of gaan hulle van vergeet word!! Ja nee niemand gaan hulle van die pad af haal nie!!!!!?

Anti-Haas ·

As jy gaan skryf vir jou leerling en jy druip, dan moet hulle jou wys wat jy verkeerd het. Hulle sê hulle mag nie. Weet van mense wat druip met een punt elke keer. Dan gaan skryf hulle tot vier keer. Geldmaak storie. Nou betaal jy R1000 en siedaar…… K53???? Wie bestuur ooit weer so nadat jy jou lisensie gekry het???? Ry saam met die person en kyk of hy/sy wel die reels nakom, kan wegtrek, parker ens….

Root ·

Dalk moet jy so begin ry, nie alles in die k53 is nonsens nie

Wanda ·

Omkoop geld sal net nooit ophou nie. My dogter en haar vriendin het teen 5 uur die middag van n fees in pta afgekom oppad huistoe in rtb. Metro beamptes het hulle afgetrek, en afgedreig met allerhande goed. 2 meisies dood van die skrik toe hy sê as ons jou nou toesluit die saterdag sit jy in die tronk tot maandag. Hy vra my kind hoeveel geld het jy by jou, sy maak haar beursie oop en wys hom 600.00. Hy vat als! Arrogant se hy vir die vriendin, toe maak oop jou beursie, sy het net 30.00 gehad. Hy neem dit toe ook. So wees gewaarsku as julle jong dames is wat alleen ry na en van kuiers af as julle afgetrek word en die menere sien julle is vrouens alleen word julle so geboelie. Vuilgoed!

ME ·

Sodra daar geld by betrokke is sal daar altyd bedrog wees in 3e wereldse lande soos ons eie. Maak dat daar geen betaling vir lisensie toetse is nie en sien hoe almal skielik die eerste keer slaag! Hoekom sal Metro ‘n tiener oor en oor laat toets as daar geen finansiele gewin is nie?

Hans ·

My vriend se dogter het 5 onderskedings in matriek maar het na die sesde keer die leerling toets geslaag,wou ook nie onderdeur betaal vir leerling lisensie .Die korrupte beamptes veroorsaak dat mense kriminele word soos hulle.n sisteem met korrupte mense werk nie.Ek hoop hierdie kriminele word vasgevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.