
Lang rye by die Centurion-lisensiekantoor. Foto: AfriForum/Argieffoto.
Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope paar maande ʼn geheime operasie uitgevoer by plaaslike ryskole asook onder die metropolisiebeamptes wat as eksaminators vir rybewystoetse optree.
Dié operasie het spesifiek die omkoop van beamptes in ruil vir bestuurslisensies ondersoek.
Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê daar is berig ryskool-instrukteurs het leerlingbestuurders genader en genoem as hulle vir rylesse by hul ryskool inskryf, is daar ʼn omkoop-opsie.
“Blykbaar sal die leerder dan die bedrag betaal en die instrukteur op sy beurt ʼn deel aan die metropolisiebeampte oorbetaal wat die leerlingbestuurder deur die toets moet neem ,” het Dlamini gesê. Die leerder sal uiteraard dan die toets slaag.
Dlamini het gesê die operasie op 21 Junie het vrugte afgewerp en twee ryskool-instrukteurs en twee beamptes van die Durban-metropolisie is vasgetrek. Klagte van korrupsie is teen hulle aanhangig gemaak.
Die verdagtes sal Donderdag in die Verulam-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ek verstaan nie , OPOD het ‘n paar maande ondersoek en 4 mense is gevat, julle was duidelik by verkeerde plekke, wat ek ervaar en opmerk is dat dit juis die pot vol goud aan die einde van die reenboog is!
Kyk na aantal ongelukke dan weet ons Lankal. Net een brein sel nodig om dit uit te figure
Dadelik dink ek aan ‘n ryskool waarby perde betrokke is. Ek het nie geweet dat ‘n motor/kar ook gery word. Ek weet wel van ‘n bestuurskool. Dalk tog word van perde gebruik gemaak vir jou rylisensie oftewel bestuurslisensie. Ek sal nie verbaas wees.
Met my ook gebeur. Toe motorfiets lisensie by centurion toets baan gaan doen het. Instrukteur my gese hy sien ek kan motorfiets baie goed ry. Ek moet eers na die bestuurskool toe gaan n les daar doen en dan vir hom my bewys bring dan gee hy my lisensie. Ek het geweier om omkoop te doen toe druip hy my en se ek moenie weer terugkom nie. Ry nou al 6jr maar met leerling. Was by 3 toetsbane in die tyd en almal is korrup.
Verskriklike GROOT DANKIE om my só tegemoet te kom . . . .