SA aanbeveel om Rugbywêreldbeker aan te bied

Foto: Wêreldrugby

Die raad van Wêreldrugby het eenparig besluit om Suid-Afrika aan te beveel as die gasheerland vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.

Daar sal op 15 November in Londen bymekaargekom word om die aanbeveling te oorweeg en vir die volgende gasheer te stem.

Die raad het die aanbeveling gedoen nadat al die lande se bod geëvalueer is. Suid-Afrika, Ierland en Frankryk ding mee om die skouspel aan te bied. Die evaluering van die gedetailleerde bod-voorleggings is gelei deur ʼn span van Wêreldrugby en eksterne kenners. Daar is onder meer gekyk na infrastruktuur, politieke en ekonomiese stabiliteit en ʼn finansieringsmodel.

Bill Beaumont, Wêreldrugby se voorsitter, het gesê die bodproses het heeltemal verander om groter deursigtigheid teweeg te bring. “Die omvattende en onafhanklike evaluering het bevestig dat ons drie uitsonderlike aanbiedings ontvang het, maar dit het Suid-Afrika ook as ʼn duidelike leier geïdentifiseer gebaseer op prestasie teen die sleutelkriteria wat deur die direksie in die aanbeveling ondersteun word.” Beaumont het Suid-Afrika gelukgewens met sy bod.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het gesê die aanbeveling is ‘n beloning vir ‘n uitstekende bod. “Ons sal wêreldrugby trots maak in Suid-Afrika in 2023”. Mark Alexander, president van Saru, het die Suid-Afrikaanse regering bedank vir hul ondersteuning.

Die stemmery op 15 November sal as volg werk: Daar is 39 stemme en die potensiële gasheerland het 20 stemme nodig om as die wenner aangewys te word.

Die Ses Nasies-unies wat nie ʼn bod ingesit het nie, kry drie stemme elk. Dis Argentinië, Australië, Engeland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis met ʼn totaal van 21 stemme. Die ses streeksverenigings en Japan kry twee stemme elk. Afrika, Noord-Amerika, Asië, Europa, Japan, Oseanië en Suid-Amerika kry dus ʼn totaal van 14 stemme. Die vier individuele unies, Kanada, Roemenië, Georgië en die VSA kry een stem elk om die laaste vier stemme op te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rbn

Nog n lekker paar euros vir zuma .

Anoniem

Hulle moet eerder die gelde wat hul wil verkwis om n wereldbeker rugby wedstryd aan te bied bestee op beveiliging van plaas boere. Mense word vermoor en daar word niks gedoen. Ek het persoonlik n brief gerrig aan die rugby unie en gevra vir 1 minuut se stilte verlede Saterdag tydens die currie beker eindstryd en wat het gebeur ,hulle het hul dinges afgevee. Groot rugby manne het dit ook gevra nou vra ek weer waar le SA Rugby se lojaliteit en hoekom moet ons as ondersteuners hulle ondersteun as hulle nie eers respek het vir ons land se boere… Lees meer »

Ashley

Hoe gaan die binnelandse veiligheid daar uitsien in 2023. Wonder maar net.

Johan

Hoe kan ‘n Moordadige land ‘n Wereld Beker aanbied. Toeriste word beroof mense word DAAGLIKS dood gemaak op wreedagtige manier…ons polisie is een GROOT GEMORS daar is geen wet en orde nie. Die lot soos Francois Pienaar, Jo n Smit en kie moet eers die regte beeld aan die buite land wys en nie mooi landskap met wilde diere en kinders wat glimlaggend met rugby bal rond speel op stande…ASB !! Net nog ANC nare se sakke gaan vol raak. Ek is BIAE lief vir my rugby maar hoe kan ons dit aanbied….hoooooopenlik by daai tyd is dinge beter en… Lees meer »

Gaff

Net nog n poging om ons dmv sport te paai