SA aanbeveel om Rugbywêreldbeker aan te bied

Foto: Wêreldrugby

Die raad van Wêreldrugby het eenparig besluit om Suid-Afrika aan te beveel as die gasheerland vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.

Daar sal op 15 November in Londen bymekaargekom word om die aanbeveling te oorweeg en vir die volgende gasheer te stem.

Die raad het die aanbeveling gedoen nadat al die lande se bod geëvalueer is. Suid-Afrika, Ierland en Frankryk ding mee om die skouspel aan te bied. Die evaluering van die gedetailleerde bod-voorleggings is gelei deur ʼn span van Wêreldrugby en eksterne kenners. Daar is onder meer gekyk na infrastruktuur, politieke en ekonomiese stabiliteit en ʼn finansieringsmodel.

Bill Beaumont, Wêreldrugby se voorsitter, het gesê die bodproses het heeltemal verander om groter deursigtigheid teweeg te bring. “Die omvattende en onafhanklike evaluering het bevestig dat ons drie uitsonderlike aanbiedings ontvang het, maar dit het Suid-Afrika ook as ʼn duidelike leier geïdentifiseer gebaseer op prestasie teen die sleutelkriteria wat deur die direksie in die aanbeveling ondersteun word.” Beaumont het Suid-Afrika gelukgewens met sy bod.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het gesê die aanbeveling is ‘n beloning vir ‘n uitstekende bod. “Ons sal wêreldrugby trots maak in Suid-Afrika in 2023”. Mark Alexander, president van Saru, het die Suid-Afrikaanse regering bedank vir hul ondersteuning.

Die stemmery op 15 November sal as volg werk: Daar is 39 stemme en die potensiële gasheerland het 20 stemme nodig om as die wenner aangewys te word.

Die Ses Nasies-unies wat nie ʼn bod ingesit het nie, kry drie stemme elk. Dis Argentinië, Australië, Engeland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis met ʼn totaal van 21 stemme. Die ses streeksverenigings en Japan kry twee stemme elk. Afrika, Noord-Amerika, Asië, Europa, Japan, Oseanië en Suid-Amerika kry dus ʼn totaal van 14 stemme. Die vier individuele unies, Kanada, Roemenië, Georgië en die VSA kry een stem elk om die laaste vier stemme op te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anoniem ·

Hulle moet eerder die gelde wat hul wil verkwis om n wereldbeker rugby wedstryd aan te bied bestee op beveiliging van plaas boere. Mense word vermoor en daar word niks gedoen. Ek het persoonlik n brief gerrig aan die rugby unie en gevra vir 1 minuut se stilte verlede Saterdag tydens die currie beker eindstryd en wat het gebeur ,hulle het hul dinges afgevee. Groot rugby manne het dit ook gevra nou vra ek weer waar le SA Rugby se lojaliteit en hoekom moet ons as ondersteuners hulle ondersteun as hulle nie eers respek het vir ons land se boere nie. Een minuut van stilte sou die spel nie vertraag het nie, maar julle wil die boer se geld he. Sies man

Ashley ·

Hoe gaan die binnelandse veiligheid daar uitsien in 2023. Wonder maar net.

Johan ·

Hoe kan ‘n Moordadige land ‘n Wereld Beker aanbied. Toeriste word beroof mense word DAAGLIKS dood gemaak op wreedagtige manier…ons polisie is een GROOT GEMORS daar is geen wet en orde nie. Die lot soos Francois Pienaar, Jo n Smit en kie moet eers die regte beeld aan die buite land wys en nie mooi landskap met wilde diere en kinders wat glimlaggend met rugby bal rond speel op stande…ASB !! Net nog ANC nare se sakke gaan vol raak. Ek is BIAE lief vir my rugby maar hoe kan ons dit aanbied….hoooooopenlik by daai tyd is dinge beter en Zumpie nie meer pres nie en al sy pelle in die tronk of uit top posisies en ons polisie is nie oor gewig vet gevrete lui Kentucky Chicken gee nie om lot nie.

Christo Visagie ·

Gesien in die lig wat huidiglik aan die gang is in die land dink ek nie moet dit in SA aangebied word nie, die toeriste gaan net beroof word en sluit moord ook nie uit nie.

leon ·

Ek ondersteun nie die aanbied van die wereldbeker nie. Geen normale sport in abnormale samelewing nie.

wims ·

Regtig waar is het ons land n politieke en ekonomiese stabiliteit en dan praat ons nie eers van die misdaad nie. Ek ruik rot! Iewers is hier om koop geld betrokke.

kat ·

Groot verrassing wag vir die blanke rugbtyspelers en toeskouers wat hier gaan aanland. Dit sal goed wees want dan kan hulle eerstehands sien en voel wat in S A gebeur. Hulle kan gerus kom om die mood en doodslag hier te kom ervaar. Dit is jammer dat dit eers oor ‘n paar jaar gaan gebeur.

SE MAAR NET ·

HAHAHA!!! Politieke en ekonomiese stabeliteit…. Dink hulle regtig ons staan ‘n kans?
Of dink hul ons kan dit ook in bribe…?

Ada ·

Dit gaan ‘n ramp wees want die arme spelers en toeskouers gaan so geteiken word.
Daar is net een positiewe punt en dit is dat die spelers en toeskouers uit die ander lande gaan sien wat gaan hier aan met die moorde op die wit boere.

Bruno Stef ·

Politieke en Ekonomiese stabiliteit is n groot vraagteken in SA behalwe die omkoopgeld wat weer daarmee gepaard sal gaan.Wereldrugby moet n deeglike ondersoek doen en tot hulle sinne kom.

Kat ·

Jammer hou verby.Indien nie is ek seker die boere en ek sal ons stempel afdruk.

SjN ·

Het die komitee ook die veiligheidsrisiko en misdaad geevalueer. Is daar ook weer omkoopgeld betrokke soos by die sokker toernooi deur Fikile en Danny?

MANIE ·

Met die inmengery van die anc in sport en veral rugby behoort ons uit wereld rugby geskop te word en nie wereld bekers aan te bied

N Lourens Reitz ·

In ñ land van moord en doodslag is daar geen rede om fees te vier.

Kat ·

Jammer maar ek voel ek moet vir al hierdie lande n brief skryf en waarsku dat hulle lewens in gevaar gaan wees in S A.Indien dit teen die wet is sal mede wit Suid Afrikaners dit van die buiteland dit doen.

Ada ·

Jammer gaan nie gebeur nie.Die moorde op blankes in SA gaan dit keer

Johanna Botha ·

Mis ek iets …met al die misdaad soos dit nou is ….weet hulle wat hier gebeur .. 52 moorde n dag …sal sien of dit verder gaan ….

Leahim ·

Dit san n groot fout wees maar sou Suid Afrika nog boere oorhêin 2023 kan ons by die stadiums betoog

Roelf ·

Gaan daar nog n land oor wees om die rugby fees aan te bied. Teen die koers wat nou gesteel en vermoor word gaan min geriewe oor wees om rugby in te speel, Hotelle om in te bly vir die spelers en mense om die fees by te woon. Zimbabwe nou n beter opsie. Die Wêreld rugby besluit nemers moet hul kop laat lees. Wi die toernooi graag hier wil beleef maar nie tot koste van die besoekers nie. Cheers vir eers. Mooi loop.

N.a.v. ·

N.a.v. par. 3, laaste sin, wonder ek hoé gaan SA lyk oor nog bykans ses jaar teenoor nou?

Cor ·

Moet asb. nie te opgewonde raak nie, want die huidige misdaad en korrupsie sutuasie in die land gaan maak dat die bod in die hek duik. Ons praat weer na 15 Nov.

MM ·

Ek weet nie of dit so n goeie idee is vir NOU nie – net maar my opinie

Los Maar Eers ·

In ag genome die algemene toestand in ons land tans asook die regering se erens om die chaos aan te help, moet SA nie die 2023 rugby werldbeker bod tans kry nie. Die regering moet eers die land in orde kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.