SA aanvaar baanbreker-ooreenkoms oor aardverwarming

Foto: COP21 - Paris 2015/Twitter

Foto: COP21 – Paris 2015/Twitter

Suid-Afrika is een van 195 lande wat Saterdag ʼn mylpaalooreenkoms aanvaar het om globale klimaatveranderandering te beveg en die styging in wêreldtemperature tot minder as twee grade Celsius te beperk.

COP21, die 21ste internasionale klimaatberaad van die Verenigde Nasies oor klimaatsverandering, het op 28 November in Parys, Frankryk, begin met verskeie lande se regerings wat ʼn wetlike en bindende ooreenkoms wou saamstel.

Die ooreenkoms van 12 bladsye wat uiteindelik deur al die lande aanvaar is, stel hoë doelwitte om die styging in wêreldtemperature tot minder as 2° C te beperk en om te poog om temperature tot slegs 1,5 °C bo pre-industriële vlakke te hou. In die ooreenkoms het 187 lande ook onderneem om hul uitlaatgasse te verminder wat klaar die styging in temperature onder 3 °C sal hou.

Die ooreenkoms vervat ook die onderskeie lande se verantwoordelikheid om tot aksie oor te gaan en verduidelik hoe ontwikkelende lande finansiële ondersteuning aan arm lande sal bied. Dit sluit ook menseregte as die kernbeleid in, asook ekostelselintegriteit en ʼn verbintenis tot tegnologiese ondersteuning.

Prosedures waarvolgens uitlaatgasvermindering op ʼn gereelde basis geevalueer sal word is ook in die ooreenkoms bepaal.

Ban Ki-moon, die VN se sekretarisgeneraal, het gesê die ooreenkoms is ʼn bewys van solidariteit tussen die lande. Hy het dit beskryf as ambisieus, aanpasbaar, geloofwaardig en duursaam. “Hierdie ooreenkoms is veral belangrik vir die nasies van Afrika, klein ontwikkelende eilandstate en minder ontwikkelde lande. Julle het geluister na die stemme van die weerloosstes en het die belang om verlies en skade te minimaliseer, erken,” het hy gesê.

Hy het ook gesê die ooreenkoms maak genoegsaam voorsiening ontwikkelde lande om die leiding te neem in die verkryging van finansiering, tegnologiese ondersteuning en die uitbouing van kapasiteit.

Die volgende COP sal in Marokko gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

‘n President wat alleen met sy kaders in ‘n R4 miljard
straler vlieg met gepaardgaande lugbesoedeling is nou uit? Ek glo nie . . .

adrian ·

Twak. Suid afrika is die grootste lugbesoedelaar in afrika. Wanneer die 2 nuwe kragstasies eendag aan die gang kom word dit net erger.plakkerskampe en fabrieke.. aggenee als leuns van die anc

SNEL ·

Hol woorde hierdie….big beat, no spead. Die woorde val sag op die ander lande se ore, en die heuning drup soos Suid Afrika vertel hoe hulle gaan bydra om te help, maar ek glo elke winter sal die vure by die gehuggies nog steeds hoog brand, karre wat jy nie kan sien in n rookwolk nie, gaan nog steeds op paaie toegelaat word en en en, niks gaan verander nie. Net leë beloftes om raakgesien te word.

susan ·

Daar is mos sprake dat ons regering n koolstofbelasting op alle voertuie gaan instel. Hoe en waarvoor daardie geld aangewend word om aardverwarming te verminder is ń ander vraag.

Johannes Meintjes ·

Toe die poging om nuwe ordes d.m.v. geloofsversoeing te bewerkstellig nie slaag is “aard verwarming” ingespan tot nuwe internasionale samehorigheid. Wetenskaplikes bewys dat die groter siklusse van koue of hitte herhaalend oor baie jare strek. Maar onverskilligheid van die mensdom dra besmoonlik wel by tot o.a. skade aan die atmosfeer. My beskeie voorstel is dat minder warm lug van die wereld se kerke, politisie of verdeelde groepies en meer konstruktiewe, volhoubare aksie in geregtigheid baie sal bydra tot die beperking van skade aan die atmosfeer en aardverwarming met heelwat meer as twee grade sal verlig.

Trolle ·

Die selfde lot wat die tax wil inbring is besig om n wereld oorlog uit te lok met Rusland,wat seker op n newclear oorlog sal uitloop.So ek weet nie so mooi nie as hulle plan is om die wereld te wil vernietig of dit enige verskil gaan maak nie behalwe dat daai ouens meer sal kan rondvlieg na hulle private partytjies.Oubama hou oorlog maar kry die nobel peace prise,niks wat die wereld leiers doen maak sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.