SA agteros in entstof-kraal

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het die aanvanklike sperbetaaldatum vir aansluiting by Covax misgeloop. Dít is die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se inisiatief wat beoog om die Covid-19-entstof regverdig aan alle lande te verkoop en daarheen te versprei.

News24 het Donderdag berig die Suid-Afrikaanse regering het die eerste betaling van ongeveer R500 miljoen misgeloop om by die inisiatief aan te sluit. Dít nadat Tito Mboweni, minister van finansies, net verlede maand gesê het dat die nasionale tesourie byna R503 miljoen beskikbaar gaan stel vir entstowwe.

Volgens dr. Anban Pillay, waarnemende direkteur-generaal van die departement van gesondheid, is die betaling aan Covax vertraag omdat die departement nog op goedkeuring van die tesourie wag.

Die DA sê daar is geen verskoning vir die misloop van die sperdatum nie aangesien die beskikbaarheid van kontant oënskynlik nie ʼn probleem is nie. Die opposisieparty verwys spesifiek na die reddingsboei van R10,5 miljard wat onlangs aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uitbetaal is.

Die party doen nou ʼn beroep op die tesourie om onmiddellike oplossings te vind om sodoende te verseker dat Suid-Afrika die nodige betaling so gou moontlik doen om by Covax aan te sluit.

Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, sê die betaling moet vandeesweek nog gedoen word om te verhoed dat Suid-Afrika agter in die ry val wat toegang tot die entstof betref wanneer dit eindelik beskikbaar gestel word.

“Dit is ʼn skande dat die Suid-Afrikaanse regering die sperdatum vir ʼn entstofprogram wat lewens en lewensonderhoud kan red, misgeloop het. Die nasionale tesourie moet ʼn volledige uiteensetting gee van waarom hierdie sperdatum vir betaling nie nagekom is nie,” sê Hill-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rentia ·

Ek kies om nie enige entstof te kry nie, en sal beslis NIE vrywillig wees nie.
Tog; waar kry die regering skielik R503miljoen?

Strandloper ·

Geen beheer, geen trots, net n klomp salaris trekkers wie ons maandeliks betaal in ruil vir niks! Dan moet die aleewige DA ook nog n eier lê?

Johann ·

Als deel van die ANC se strategie om die massas ongeskoold en totaal afhanklik van hulle te hou. GEEN aanspreeklikheid teenoor enige lewe nie. Of daars nie geleentheid om te vat en skep en gryp nie? Maar kan jou verseker Ramaposa en sy pelle gaan VOOR in die ry staan vir net die beste van die beste.

Charles ·

Beste nuus in ń lang tyd, hou julle entstof, Malema kan myne kry…

Baardman ·

Hoe gouer hier ‘n entstof is, hoe gouer MOET die regering die noodtoestand ophef. Dit gaan nie hier of jy die entstof wil kry of nie, dit gaan oor die groter prentjie. Sonder ‘n entstof kan die regering se sogenaamde bevelsraad maak wat hulle wil

Jaco ·

Laat ek raai: die SA besigheid wat die entstof in SA gaan versprei, is 100% BEE en 100% regstellende aksie en dit behoort aan ‘n eggenoot of nabye familielid van ‘n top ANC minister of parlementslid of burgemeester.

Persheks Adri ·

Hou verby dankie soek dit nie verniet nie! Betaling is vertraag asook die cartel

Alexander ·

Die entstof maak my geensins opgewonde nie. En ons liewe regering se prioriteit beslis SAL, want daar is meer kapingsgeleentheid as met entstof.

annie ·

Afrikabakhandstaanspelhandleiding… Lees dit. Ons wag vir special treatment… Verniet en sakgeld. We are de darling of de world…

Piet ·

Interessant hoe baie hier die virus misken/ontken. Sal seker weer dink as iemand naby hulle van die virus sterf. Lyk na ‘n algemene tendens onder diegene met konserwatiewe denke. Mens sien dieselfde tendens onder die trompoppies in die VSA. Ek sal definitief die inenting neem.

Anoniem ·

Dit is nie te se omdat ons nie die entstof wil vat dat ons die bestaan van die virus ontken nie.

Piet ·

Ek vind dit vreemd hoekom iemand net botweg sou weier om die entstof te neem. Ons weet min van die virus en bittermin is bekend hoe dit jou in die langtermyn kan affekteer. So dis in hierdie stadium ‘n onbekende, anders as byvoorbeeld die griepvirus (waarvoor ek nie ‘n entstof neem nie.) Bloot uit ‘n risiko oogpunt en onsekerheid oor die onbekende nagevolge, maak dit mos net sin om wel die entstof te neem.

Die Wolf ·

Geen probleem om die entstof te neem nie. Gaan dit gratis versprei word soos wat in die VSA gaan gebeur,of gaan ek deur my nek daarvoor moet betaal. Wat van die wat dit nie kan beskostig nie, maw, wie kry gratis en wie moet betaal.?

Retha ·

Geniet jou inenting en dalk nog die verlies van jou werklike DNA. Ek wag rustig op die Vader om my te kom haal soos wat en wie ek is, soos hy my geskape het

Lian ·

Waar is ons weergawe van die entstof ? Hoekom moet ons van die buiteland afhanklik wees ? Ons kon ‘n mensehart oorplant ,maar kan nie ‘n entstof kry nie . Ek verstaan nie

Piet ·

Weet jy hoeveel dit kos om so ‘n entstof te ontwikkel? Jy kan maar sien dat dit net die ryk lande is wat dit kan onderneem en bekostig.

Piet ·

Niemand gaan verplig word om dit te neem nie. Soos ek se, ek vind dit vreemd dat enigiemand sou verkies om dit nie te neem nie al word dit verniet aangebied. Maar maak maar soos julle wil, ek is in ‘n risikogroep en sal dit beslis neem. Bygese, jou mediese fonds mag dalk nie siektes a.g.v Covid dek as jy nie die entstof geneem het nie, so indirek gaan baie mense daardeur “gedwing” word om dit wel te neem (wat net voordelig kan wees). Onthou ook, dit gaan nie net oor jou hier nie. deur nie die entstof te neem nie, vergroot jy die kans om wel die virus te kry en ander aan te steek wat dalk meer kwesbaar as jy vir die gevolge van Covid. is.

Fritz ·

Ja, dis baie prysenswaardig om opofferings vir ander mense te maak. So watse opofferings gaan die mense in die hoërisiko groep maak teenoor mense in die laerisikogroep? Ons in die laerisiko groep moes immers weke en weke se vryheid opoffer. Of moet opofferings net van een kant af kom?

Villie ·

Al het die RSA die R 503 miljoen gehad is dit belangriker vir ons regering om dit in ESKOM, SAL, ens, se groot donker gat te gooi.

Janee ·

Soos met alles te laat…die befondsing is in elk geval nie daar…tensy ons land begin geld “druk”…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.