SA Airlink jammer oor vals alarm

Polisie en nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Polisie en nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

SA Airlink het om verskoning gevra vir die vals alarm dat ʼn vliegtuig onderweg van Kaapstad Internasionale-lughawe na Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, gekaap is.

“Ek wil ons ongelooflike kliënte en bemanning bedank vir hul geduld en kalmte tydens wat duidelik ʼn angstige en ontstellende tyd moes wees,” het Rodger Foster, SA Airlink se uitvoerende hoof, gesê.

“Die veiligheid van ons kliente en personeel is top-prioriteit. Hoewel die prosedures wat gevolg moes word frustrasie en ongerief veroorsaak het, het dit die polisie se taakmag in staat gestel om alles moontlik te doen om te verseker dat die vliegtuig en almal aan boord veilig is.”

Foster het gesê ʼn interne ondersoek word gedoen om te bepaal wat gelei het tot die foutiewelike aktivering van die kapingsalarm.

Vlug SA8678 het om 10:00 van die Kaapstad Internasionale-lughawe vertrek na die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria en was geskeduleer om 12:15 daar te land. Gerugte het om en by 12:00 die ronde begin doen dat die vliegtuig gekaap is.

Passasiers was vir ure op die lughawe gestrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

hoe vat dit die polisie vanaf 12.15 tot 16.00, dus amper 4 ure, om ter verseker almal is veilig en dat dit nie n kaping is nie? ek weet affirmative action beteken velkleur bepaal watter werk jy kry en dat opleiding en vaardigheid nie veel van n rol speel nie, maar 4 ure is darem BAIE lank om te besef dit was toe nie n kaping nie. kon die loods in die vliegtuig ook nie maar bevestig het dis n tegniese fout nie?

Koos1 ·

Jaco, dit is amper die eerste keer dat so iets op SA bodem gebeur. Die tyd verbonde is om alle passasiers se besonderhede na te gaan, en dit vat tyd. Dink net as daar regtig kapers op was en hulle is laat loop? Ek dink die polisie het 100% korrek opgetree. Wat as die loods met ‘n wapen teen sy kop aangehou is en gedwing was om te se alles is ok?
Ek is in ‘n mate baie bly so iets het gebeur, nie vir die passasiers se onthalwe nie, maar om die nood dienste te toets, en ek dink hulle het die toets baie goed geslaag.
Onthou niemand buite die vliegtuig het geweet wat binne in aangaan nie.

Schalla ·

Die passasiers kan bly wees hulle was nie gekaap nie want daar is tien teen een niemand in die land wat opgelei is om so situasie te hanteer nie, dink maar 2 keer voor jy op low budget lugrederye se dienste besluit!

Theresa B ·

Jammer sê julle. Soveel personeel en manure is vermors. Een van die dae steur hulle, hulle nie aan sulke seine nie, want dis net weer dalk vals.

Rian G ·

Ek voel jammer vir die passasiers, bemanning en die Nood dienste personeel, wat almal vasgevang was in die trauma. Maar ons moet almal dankbaar wees dat die alarm wel werk, al het dit ‘n foutjie gehad. Ek dink nie dit het iets met “low-budget” of “vel kleur” te doen nie. Dit kan met enige vliegtuig gebeur wat toegerus is met die toerusting. In elk geval is die Polisie se Taakmag wel opgelei om so ‘n problem te hanteer.

Kaufman ·

Met ander woorde daar was dan wel n werklike terrorisme bedreiging en nie net n tegniese foutjie nie aangesien die polisie wou seker maak als is reg. Of is die polisie besig met magsvertoon speletjies?

Koos1 ·

Kaufman, anders as die algemene aanvaarding het die Polisie nie tyd vir speletjies speel nie. So ‘n voorval word beskou as weklik totdat die teendeel bewys kan word. Gelukkig was dit nie werklik nie, maar wat as dit was en die Polisie het dit as ‘n magsvertoon operasie beskou?
Neem ook in ag dat die Polisie slegs ‘n dag tevore 4 persone in JHB in hegtenis geneem het vir terrorisme (ISIS). Die bedreiging betaan, ja in ons land ook. Wees eerder dankbaar dat die lede in blou (en kamofleerdrag) bereid is om hulle eie lewens in gevaar te stel om julle s’n te probeer beskerm. Sien ook asb my kommentaar hierbo.

Kaufman ·

Koos1 ek aanvaar jou antwoord, dankie. Maar waarom moet jy dit hier vir ons se, waarom kan die polisie nie direk se wat aangaan nie. Ons het mense soos jy nodig om dit reguit en duidelik te stel dat ons weet wat aangaan.

Scalla ·

Enige persoon kan n fout maak maar ongelukkig kos foute deesdae geld, laat die skuldige/s verantwoordelikheid neem daarvoor.

Delta Mike ·

Kaufman, die SAPS het net opgetree toe daar n vermoede was dat daar dalk n kaping in aanvang was, die elite STM of Spesiale Taakmag het die leiding geneem om in n geval van kaping die situasie te ontlont EERS na n gyselaar onderhandelaar die teken sou gee dat die situasie nie ontlont kan word sonder die gebruik van “die nodige geweld” nie. Die res van SAPS wat op die toneel was het die lughawe beveilig en toegangs beheer toegepas. Na die situasie deeglik ontleed is as n “nie kapings geval” het die STM onmiddelik onttrek. Ek was langk terug deel van daai manne in kamoefleer drag en ons het glad nie gehou van publisiteit nie, het net so stil verdwyn soos wat ons opgedaag het. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word voor die groenlig gegee word vir vir gyselaar ontsetting. SAPS het geen verpligting gehad om n verklaring aan die publiek bekend te maak nie, verpligting het op die skouers van SA Airlink gele, dit was hul vliegtuig en die fals alarm was te danke aan hul personeel en elektroniese sisteme.

Kaufman ·

Dankie ek verstaan nou wat aangaan en ek vertrou jou opinie, so ons kan eintlik trots wees op diepolisie.

Jan ·

Dis nou jammer vd fout, maar dis goed om te weet die nood stelsels en ons reaksie magte werk en weet wat om te doen. Ek dink ons moet ‘n spesiale dankie se vir al die mense in die polisie se spesialis eenhede wat so toegewyd is. Van die bietjie wat mens te hore kom van hulle opleiding is dit beslis nie maklik nie, en net die beste maak dit.

Jeanne ·

Wag net dat ‘n passasier ‘n VALS alarm maak, dan sien jy waar gaan sit hy met sy stert in die tronk. Dit was ‘n stupid ding om te doen, soos dit is is daar reeds genoeg misdaad en terrorisme, hulle hoef nie vals alarms te ‘skep’ nie.

Delta Mike ·

Kaufman en Jan net n bietjie inligting vir julle. Daar is nog weinig lede van SAPS wat hul bes gee en waarop ons kan trots wees, weing en bitter min maar ja daar is nog, vir die res van SAPS het ek as gewese lid geen respek nie.
Die Spesiale Taakmag of Takies soos hulle bekend is se standaarde van keuring en verdere spesialis opleiding na n keurings kursus geslaag is het verswak na 1998. Moet my nie verkeerd verstaan nie daar is n paar Takies wat weet wat hulle doen maar ongelukkig het die res dit net gemaak toe daar n ras kwota ingestel is. Ek het al a paar keer gesit en kyk na cctv opnames waar hulle in lewendige aksie is en wat ek gesien het laat my lag, mag die nuwe skool nooit teen n ou opgeleide spesialis te staan kom nie.

Idee ·

Delta Mike, jy klink na iemand met kennis en wat omgee. Ek het al vir Maroela voorgestel om n artikel reeks te begin met kort riglyne oor hoe ons onsself kanbeveilig en in die algemeen meer streetwise in hierdie gevaarlike land kan wees. Jy het kennis en kontakte, oorweeg asb. om so ‘n inisiatief bymekaar te bring.

Delta Mike ·

Idee, kom ons se maar net ek was vir baie jare betrokke by baie, het dinge gesien en beleef wat baie net in films sien. Ek is betrokke by privaat gespesialiseerde en hoe risiko dienste. As iemand my kontak sal ek help waar ek kan.

Groete,
Delta Mike

Delta Mike ·

Idee, kom ons se maar ek was betrokke by baie dinge en het dinge gesien en beleef wat baie net n flieks sien. Ek doen daagliks gespesialiseerde en hoe risiko werk. As iemand my kontak sal ek help waar ek kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.