Airlink ontken bewerings oor bedryfslisensie

Airlink. Argieffoto: https://flyairlink.com

Airlink het Maandag bewerings ontken dat hy teen die einde van die maand nie meer ʼn bedryfslisensie sal hê nie omdat hy glo probleme ervaar met sy noodaansoek aan die binnelandse lugdienslisensiëringsraad.

Dit kom ná mediaberigte Maandag waarin beweer word dat Airlink vanaf Oktober dalk sonder ʼn lisensie sal wees. Business Day het berig “ʼn top plaaslike lugrederyvereniging het aan Joe Maswanganyi, minister van vervoer, geskryf om hom aan te moedig om op te tree teen die onsekerheid wat die leierskap en status van Airlink belemmer”.

Airlink het egter gesê sy lisensie om plaaslike en internasionale lugdienste te lewer is geldig en het die mark verseker dat vlugte normaalweg bedryf word.

Rodger Foster, uitvoerende hoof en besturende direkteur van Airlink, het gesê Business Day het ʼn “feitelik onkorrekte berig” gepubliseer. Foster het gesê SA Airlink lewer veilige, betroubare en effektiewe dienste binne Suid-Afrika en ander bestemmings in die streek in streng nakoming van alle regulasies en wetlike vereistes.

“Die wanindruk wat deur die berig geskep is, het onnodige en ongegronde kommer gewek oor Airlink se status in die reismark, die lugvervoerbedryf en ander verwante sektore, insluitend banke en versekeraars,” het hy gesê. “Ek gee my volle en duidelike versekering dat Airlink normaalweg sake doen en dan ons lugdienslisensies geldig is soos dit moet wees.”

Airlink word bedryf as ʼn streeksvoerderlugdiensstelsel wat ʼn komponent is van ʼn groter saamgestelde netwerklugdiensvervoerstelsel wat SAL en SA Express insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

As SA Airlink hulle lisensie publiseer kan almal mos sien wat is die waarheid.

Andre C ·

As hulle deel van SAL is word hulle seker op die belastingbetaler se onkoste in stad gehou.

Madelein ·

SA Airlink is nie deel van SAL nie maar ‘n privaat instansie. Dit is ook nie deel van ComAir nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.