
Pietie Beyers en Anneke Weidemann kondig hul verlowing op Instagram aan. (Foto: Instagram)
Pietie Beyers, die Afrikaanse akteur en TV-aanbieder, het Vrydag ʼn ring aan sy meisie, die aktrise Anneke Weidemann, se vinger gesteek.
Die nuus is op Instagram bevestig met ʼn rits foto’s waarin Weidemann spog met ʼn donkerkleurige ring ontwerp deur Mallorn Jewellery.
Beyers is in rolprente soos Vergeet my nie en Wesens te sien en verskyn ook tans in die nuwe seisoen van Die Boekklub op kykNET. Hy is ook die seun van die veteraanaktrise Susanne Beyers.
Weidemann het onder meer die hoofrolle in die rolprente Die Wonderwerker en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gespeel. Sy is ook ʼn mediese dokter.
“Twee weke nadat ons ontmoet het, vyf jaar gelede, het ek hierdie aan myself gemail [sic]: Alles tot en met verliefdheid, besef ek nou, is selfvoorbereiding en onwetende vertroue. Ek sal tot die einde van ons fisiese bestaan, woorde soek vir jou onbeskryflikheid [sic],” het Beyers op Instagram geskryf.
Bekendes soos Reynardt Hugo, Germandt Geldenhuys, Peach van Pletzen, Amalia Uys en Hykie Berg het die paartjie geluk gewens op sosiale media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Baie geluk julle!
Nog nooit van die tweetjies gehoor nie. Maar geluk in elk geval!