SA akteur in kattebak geboender tydens kaping

Jamie Bartlett

Jamie Bartlett

Die bekende Suid-Afrikaanse akteur en SA’s Got Talent-beoordelaar Jamie Bartlett is Vrydagaand tydens ʼn kaping in Johannesburg in die kattebak van sy motor geboender.

Bartlett, bekend vir sy rol as David Genaro op Rhythm City, is omstreeks middernag by ʼn verkeerslig in die Brixton-gebied deur die drie verdagtes genader. Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het vuurwapens op Bartlett gerig voor hulle in sy Mercedes-Benz geklim en hom begin aanrand het.

Volgens Makhubele het die mans Bartlett uit sy motor getrek en hom in die kattebak geboender. “Hulle het met hom rondgery voor hulle hom in ʼn veld naby Zonkizizwe naby Katlehong afgelaai het. Bartlett kon daarin slaag om hulp te ontbied.”

Makhubele het gesê Bartlett is van sy motor, ʼn selfoon, ʼn sak en twee goue ringe beroof. Die waarde van die motor en ander items is glo sowat R1,2 miljoen. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ʼn Familielid van Bartlett het aan Times Live gesê die akteur sterk aan en dit “gaan goed onder omstandighede”. Makhubele kon nie die omvang van Bartlett se beserings bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nita ·

Weens die oorbevolking en werkloosheid het mense begin verander in gewetenlose hienas. Hulle slaan oral, onverhoeds, toe hul prooi.

Spikkels ·

En dan word daar nog miljoene vanaf China en die res van Afrika “slaapplek gegee”, met meer regte as ons eie mense.

Lettie ·

Eerstens wil ek net sterkte toewens aan Jamie en hoop hy genees vinnig. Dit is net bitter hartseer dat ons almal so hard werk vir dit wat ons het en dan kom iemand en VAT dit sommer en doen mens leed aan en soms moord. Hulle lê sleg die hele dag en plannetjies maak wie en wat hul gaan doen en die hartseer is hulle kom weg daarmee.

jaco ·

was se deur nie gesluit nie en was sy venster oop? waarom het hy nie net die petrolpedaal getrap en weggejaag nie?

Daan ·

Wees waaksaam.Moenie doodstop by robotte nie,
veral indie nag.As jy ‘n pistool het,soos Wykie van Delmas,hou ‘n spaar magasyn in jou sak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.