SA akteur op fietstoer in Malawi aangehou

Ivan Zimmermann op sy bergfiets.

Ivan Zimmermann op sy bergfiets.

Die Suid-Afrikaanse akteur Ivan Zimmermann is Maandag in Malawi aangehou toe hy die grens na Zambië wou oorsteek.

Zimmermann ry met ’n bergfiets deur Afrika as deel van die Tour d’Afrique-fietstoer om kos vir honger mense in Suid-Afrika in te samel. Zimmermann, wat tans te sien is in die kykNET-dramareeks Vlug na Egipte, het op 9 Januarie in Egipte weggespring en sal in Mei in die Kaap aankom.

Zimmermann het aan Maroela Media gesê hy was die afgelope agt dae in Malawi en is Maandagmiddag vir ʼn uur en ʼn half by die immigrasiekantore by die grenspos tussen Malawi en Zambië aangehou.

“Ek moes ʼn boete betaal wat eintlik ʼn ‘bribe’ was en wat ek van die begin af duidelik gemaak het ek nié wou betaal nie. Daar is vir my gesê ek is nie ʼn ware Suid-Afrikaner nie omdat ek wit is.” Volgens Zimmermann is daar ook vir hom gesê sy inhegtenisname “is vir al die Malawiërs wat uit Suid-Afrika gedeporteer word”.

Zimmermann het gesê hy was woedend maar het niks teruggesê nie. “Dit het my baie onwelkom in Malawi laat voel en ’n baie wrang smaak in my mond gelos, veral na ʼn baie lekker paar dae in Malawi.”

Zimmermann hoop om 12 000 blikkies kos in te samel met die CAN-a-KILO-projek. Die kos wat ingesamel word sal deur die Hanna Charity and Empowerment Foundation in Suid-Afrika versprei word. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
ig

Laat dit vir hom n les wees.Plaas dat by liewer sy energie gebruik om volkseie behoeftiges te help.

Elfie

Nou ja dis alles baie jammer want ek HOU oor die algemeen van Malawiërs. Kyk nou SA simpele regering – dit kry jul nou van jul idiotisme. Jaag Malawiërs uit ons land en daar is geen werk daar, geen myne ens maar die sleg klomp kriminele van Zim en Moz kan maar bly en dan moet ons mense daaronder ly. Die beste ding is bly maar weg uit die res van Afrika. Ry maar hier rond fiets!

Swanna

Dit kom my voor of die hele AFRIKA nou in opstand teen die wittes kom. Want ooral tree hierdie verskynsel nou na voor.

Lynette Jansen

Ek gaan nie eers agter n skuilnaam wegkruip nie, maar ja, die korrupsie in hierdie land is vreeslik !! Almal se niks nie en wil dit nie hoor nie want dit is mos die ”Warm Heart of Africa”. Ek het baie werk hier gedoen, geld ingesamel vir Hospitale en weeshuise bou, ek is nou nog hier. Waar is daai geld heen? Verdwyn, sommer net so. Ons karre word bestook met klippe, as jy ry met jou venster oop, skreeu hulle vieslike taal by jou venster in. Ons ry agter die ”locals” maar ons word gestop omdat ons kamtig gejaag het,… Lees meer »