SA akteur vas ná klopjag by bordeel

Altesaam 17 mense, onder wie ʼn akteur in die Suid-Afrikaanse sepie Scandal, sal binnekort in die Springs-landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel en seksuele uitbuiting.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het Dinsdag ʼn klopjag op ʼn bordeel in Springs in die ooste van Gauteng uitgevoer ná ʼn vrou in ʼn klag aan die polisie gesê het sy is teen haar sin by dié bordeel aangehou.

“Altesaam 17 mense, tussen 19 en 43 jaar, is in hegtenis geneem. Die vrou wat ʼn klag by die polisie ingedien het, is nou in ʼn plek van veiligheid en ʼn polisieondersoek duur voort,” sê Makhubela.

Altesaam 11 van die beskuldigdes is vroue of jong meisies.

Dié inhegtenisneming volg kort nadat vyf tienermeisies, wat na bewering as “seksslawe” by ʼn huis in dieselfde omgewing aangehou is, deur die polisie bevry is. Die huis het soos ʼn haarsalon gelyk. ʼn Tienermeisie en die eienaar van die huis is in hegtenis geneem. Volgens Makhubela het die tienermeisie ander na die huis gelok, waarna hulle aangehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Monica Grobbelaar ·

Dis siek. Waar gaan ons land se jongmense op eindig.

Skande ·

Hoe gepas, SCANDAL. Weereens geweet uit watter Sepie dit moes kom dat sy naam nie genoem is nie. Was dit ‘n knaap uit 7de laan of Binnelanders, was sy volle naam, adres en telefoonnommer geplaas as ook ‘n familiefoto van hom en sy gesin. Dit is maar net hoe dit is! Ek dink dit is maar net die ORE van die seekoei.

Ai ·

Ja, bordele is nou maar iets wat net nie sal weggaan nie of dot nou wettig of onwettig is. Wat rerig baie bekommerend is, is dat vrouens en kinders teen hulle wil aangehou word. Noem dit wat dit is- verkragting!!!

Theresa ·

Meer van die haarsalonne moet ondersoek word. Dis ‘n nes van bedrywighede in voorstede en dis beslis nie net hare was en doen nie.

Snoefels ·

Vergeet die haarkapsters, hierdie winkeltjies wat soos paddastoele so ruk terug op gespring het wat selfone reg maak, is ALTYD leeg, die siel kan boonop skaars engels praat maar maak maand na maand genoeg geld om huur te betaal ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.