SA akteurs se dood in gru-ongeluk betreur

Akhumzi Jezile. Foto: Twitter

Medelye het Sondag op sosiale media ingestroom vir drie bekende Suid-Afrikaanse akteurs wat onder die oorledenes is wat Saterdag in ʼn gru-ongeluk op die N6 tussen Jamestown en Queenstown in die Oos-Kaap gesterf het.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, se kantoor het in ʼn verklaring die akteurs as Akhumzi Jezile, Thobani Mseleni en Siyasanga Kobese geïdentifiseer. “Dit is met groot hartseer en diepe rou dat die minister kennis geneem het van die afsterwe van drie briljante jong sterre in die land se kuns- en kreatiwiteitsbedryf,” lui die verklaring.

Siyasanga Kobese. Foto: Twitter

Jezile het bekendheid verwerf as die aanbieder van YoTV en is in 2014 vir ʼn Safta benoem vir sy rol as Ngulube in die televisiereeks Tempy Pushas.

Mseleni was te sien as die karakter Bhonyongo in die dramareeks Matatiele en was onlangs in die kollig nadat hy in die bekroonde rolprent Inxeba: The Wound gespeel het.

Kobese het onder die publiek se aandag gekon toe sy die rol van Siphokazi in die dramareeks Zabalaza vertolk het. Sy was egter grootliks bekend as die voorsanger van die Joyous Celebration, ʼn bekende Suid-Afrikaanse gospel-koor.

Mthethwa het die drie oorledenes se dood as “ontydig” bestempel en gesê ʼn mens kan nie help om te dink wat die drie kunstenaars nog in die vermaakwêreld sou kon vermag nie. Hy het sy innige medelye uitgespreek teenoor die oorledenes se familie, vriende en hul aanhangers.

Thobani Mseleni. Foto: Twitter

Medelye het sedert gister op sosiale media ingestroom met #RIPAkhumzi en #RIPThobani wat albei onder die tien mees gebruikte hutsmerke vir Suid-Afrikaners op Twitter was.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het Saterdag in die vroeë oggendure op die N6 naby Queenstown gebeur. Vyf mense het in die ongeluk gesterf. Die name van die ander twee oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê twee mense het die botsing oorleef, maar dit was nie onmiddellik bekend hoe ernstig hul beserings is nie.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

koos ·

kry hulle nou ook staatsbegrafnisse?
Eks nou nog bitter dat ek, na al my pa (1993 oorlede) se ywer en harde werk vir die ou Broederbond en Nasionale Party, self vir sy begrafnis moes betaal. Niemand uit die ou NP-regering het aangebied dat my pa ‘n staatsbegrafnis kry nie.

Johann ·

Wonder watter minister gaan hom of haar self bemoei met die boere wat daagliks vermink en vermoor word? O ja… askuus, nie “bekend”, belangrik genoeg nie. En ook nie swart nie….

Cobus Pretorius ·

Werklik onsensitiewe en ongevraagde kommentaar van Jannie, Koos en Humor. Wil amper sê dit lyk soos verskuilde rassistiese uitlatings. Net omdat hierdie mense onbekend is aan blanke Afrikaanssprekendes beteken dit nie dat hulle nie baie bekend was onder die meerderheid van die volk nie. Wees rog bietjie meer sensitief, my magtig man! Dink aan hulle geliefdes!

Yvonne ·

Ek stem saam Cobus, hulle was Dalk nie aan die Afrikaans sprekendes bekend nie maar wel aan ander. Dit is nie nodig om so ongevoelig te wees nie. Hulle was ook iemand se kind en Dalk self ouers. Probeer ten minste ordentelik wees.

anne-marie ·

Ek Stem!! Regtig Ongevoelige Kommentaar. Sterkte aan Hulle Geliefdes en Familie.

Yolandi ·

Ek stem 100% saam. Mense kan verskriklik ongevoelig wees.
Genugtig man! Is dit hoe jy wil hê mense van jóú geliefdes moet praat as hulle van jou weggeruk word.
Sies!

My innige meegevoel. Hierdie families se harte is seker stukkend.

Donald ·

As jy dink ons is een volk…. maar ons is eintlik n dosyn volke en die president praat van n ons en n hulle. As jy beledig deur om mense rassiste te noem sonder enige bewys wys dit maar net die liberalissiekte het verspry en tas nou die hele ligaam aan.

Elle ·

Ai, my mede MM-lesers,
Jul kommentare is so gevoelloos.
En meeste van jul was seker in die Kerk
Vanoggend? Het julle die oorledenes se harte geken?

Oom Kalahari ·

Alle simpatie en medelye aan die families, vriende en kollegas van die afgestorwenes en mag jul die groot verliese verwerk deur hierdie rou tydperk. Alle sterke aan jul almal.

Jammer ·

Amen. Jammer vir almal se verliese. Voor kommentaar…
As nuus/ lokaas uitgesit word moet mens eers neus gebruik, dan oë en oja dié berig van alle kante voel vir slagyster van uitlokking.
Ek besit lànkal nie meer tv so…

Zachrys ·

Maroela… Julle weet mos wie julle lesers is… Ek verstaan nie hoekom jul berigte publiseer wat soms gladnie in die ‘omwelt’ (skies vir die Duitse leenwoord) van jul lesers val nie…?

Naas Vermaak ·

Nee Zachrys….hou op weghardloop…dankie vir andere soos Cobus, Yvonne ens hier wat kophou.

Katerina ·

My simpatie aan die afgestorwenes se geliefdes,afgryslike manier om geliefdes te verloor.Ons moenie ons menslikheid verloor net omdat ander swartes onmenslik optree teen blankes nie.Die 3 mense wat in die ongeluk dood is,was stellig nie boere moordenaars of tsotsi’s nie?

Johan. H. ·

As die SABC nog die SAUK was, was ons dalk bewus van die wonderlike akteurs, Maar ja nog iets wat weggeneem is van die mense wat eintlik daarvoor betaal, So al die kritiek om die kwessieis nie ongevraagd nie,, Rus in vrede julle drie!!

le Roux Strydom ·

Ai , die slag yster waarin almal trap, ek is regtig teleurgesteld, hier is mense dood , waarom na die vlak daal na die mense wat altyd net lekker kry in ander se verliese, veral op die wyse, nee wat MM lesers ek verwag regtig meer integriteit as wat ek lees , om jou te verlustig in die tipe van komentaar gaan dat MM die prys eendag sal moet betaal, nee man hou darem so bietjie terug , bou bietjie ‘n spoedhobbel tussen julle breine en julle tonge !! Ek hoop en bid werklik niemand verloor enige van hul geliefdes op die wyse van die “bekende” mense nie, indien jy self dit nie beleef het nie weet julle nie waarvan jul praat nie, ek waarborg julle dit bly ‘n ongeneeslike wond en o-Ja oor die minister wat na hul toe sal haas, wil u werklik he hy of sy moet na jou toe kom, wat doen jy as hul by jou kom, en wat help dit buitendien…..NIKS< NIKS< NIKS!!!

Vanessa ·

Ag, nee, tog! Moet ons altyd so lelik en gemeen wees! Ek weet dit gaan nie goed in SA nie en die politici sweep wit en swart teen mekaar op, maar ons roem onsself daarop dat ons Christene en opgevoed is. Dan kan mens mos nie die lelike goed se nie. Die mense is wel nie onder wit, Afrikaanse mense bekend nie, maar SA bestaan nie net uit wit, Afrikaanse mense nie. Hulle was bekend en geliefd onder ander Suid-Afrikaners. En bowenal het hulle gesinne en families wat in rou gedompel is. Maak nie saak wat die politici nou weer gaan se of doen nie, onthou dis hulle siek speletjies om mag en gesag te bekom en behou. Moenie dat dit ons so siek maak soos hulle nie.

Ammie ·

Ek het die film, The Shack gekyk en dit my weer laat besef dat net God kan oordeel, kwaad wees kan mens ja, vir al die ongeregtigheid, maar oordeel nee, nie ons as mens nie, maak nie saak watter kleur of ras nie! Aan die familie, kollegas en vriende van die 3 afgestorwene, mag God julle deur hierdie hartseer tyd dra. Dood is vir geen familie lekker nie, ongeag jou ras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.