SA-aktivis vrygelaat

Leigh-Ann Naidoo

Leigh-Ann Naidoo

Die aktivis Leigh-Ann Naidoo, ʼn voormalige Suid-Afrikaanse atleet en akademikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, is deur die Israeliese owerhede vrygelaat en sal na verwagting Vrydagmiddag na Suid-Afrika terugkeer.

Naidoo en 12 ander vroue is vandeesweek in internasionale waters deur ʼn Israeliese vlootkommando in hegtenis geneem. ʼn Woordvoerder van Women’s Boat to Gaza (WBG) het Donderdag gesê hulle was op pad na Gasa om die Israeliese beleg daar op ʼn vreedsame wyse te probeer beëindig.

WBG, wat deel uitmaak van die internasionale Freedom Flotilla-koalisie, se Zaytouna-Oliva-boot waarop die vroue was, is 36 seemyl van Gasa onderskep. Die koalisie het by verskeie geleenthede die Israeliese vlootblokkade probeer vermy deur na die kusgebiede te seil.

Volgens WBG is twee van die 13 vroue, onder wie Naidoo wat die enigste Suid-Afrikaner is, vrygelaat ná onderhandelinge tussen die departement van internasionale betrekkinge en die Suid-Afrikaanse ambassade in Tel Aviv met die Israeliese ministerie van buitelandse sake.

WBG het Vrydagoggend gesê die ander 11 vroue steeds aangehou, maar die organisasie hoop hulle sal gou vrygelaat word, aangesien hulle na aanhoudingsgeriewe by die Ben-Gurion-lughawe geskuif is.

Die 13 vroue wat in hegtenis geneem is, sluit die 1976 Nobelpryswenner, Mairead Maquire van Noord-Ierland, Fauziah Hasan, ʼn dokter van Maleisië, ʼn paar parlementslede en ʼn voormalige Amerikaanse weermag-kolonel, Ann Wright, in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Henry ·

Foeitog.
Nou gaan die arme siel weer by die plaaslike “studente” betogers aanmeld, om haar aandagsoekende gebreke verder tentoon te stel.

Jean ·

Bly weg uit ander lande as jy oral wil gaan moeilikheid maak, en probeer eerder die probleme in SA oplos, ek hoop hulle laat jou nooit weer in Israel toe nie, ek is al so moeg vir AKTIVISTE wat so selfsugtig is om net op hulle behoeftes te vestig en nie na die breer prentjie te kyk nie. Hierdie keer was jy gelukkig, leer nou ‘n les en hou op jou neus indruk waar dit nie hoort nie. Israel soek jou nie daar nie.

Rina XX ·

As jy met Israel lol het jy moeilikheid. Die Bybel se die wat teen Israel is gaan groot verdrukking he. Jammer hulle het jou vrygelaat.

Johann ·

Seker weer n helde ontvangs op die lughawe; en dan weer reguit WITS toe om daar verder ammok te maak as “aktivis”? Shame; kry seker nerens by iemand aandag nie nou maak sy maar anmok om dit te kry.

Soms ·

Soms is dit goed om te staan waarin jy glo, maar as jy in ‘n tronk opeindig in ‘n ander land en deelneem aan onrealistiese eise soos gratis onderrig, dan moet jy bietjie terugsit en dink. Leigh-ann ek hoop regtig jy lees bietjie verder en begin dink aan die breer prentjie. Hoe gaan die studente fooie ge-in word, ek weet wat ek betaal, waar gaan jy die regering help om dit te vind. Die regering gebruik elke moontlike sent om te travel, ondersoeke in te stel – dit gee mos gratis hotel verblyf en etes en dan nog snt ook!!!!!!

John ·

Sy moet gou weer kom. Nog stukrag is nodig om die res van die land se inrigtings ook gesluit te hou… vir die SAAK. Hou asb die tv-kameras heeltyd op haar gerig. Sy moet aandag kry.

Ernest ·

Jammer hulle het haar nie in die tronk toegesluit en die sleutels weggegooi nie. Israel het nie tyd vir sulke bemoeisieke anargiste nie…!!!!

Peet J ·

Om by ‘n land se regerende owerhede betrokke te raak en jy is maar net ‘n nulliteit kan vir jou groot moeilikheid veroorsaak.
Israel is tans ‘n voorbeeld vir die Wêreldbevolking met sy terukeer tot die dogma as ‘n beginsel wat as bevestig beskou word en wat deur die Israeliete aanvaar is.

Alida ·

Hierdie merrie is ‘n Olimpiese moeilikheidmaker. Sy dartel van een betoging na die ander. Sy was ook nie toegesluit nie. Sy was op ‘n skip wat onder begeleiding na ‘n hawe geneem is waar hulle almal vrygelaat is. Hierdie drama queens moeniw publisiteit kry nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.