SA aktrise met miljoene se dwelms by lughawe betrap

Foto: Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Foto: Suid-Afrikaanse Inkomstediens

ʼn Suid-Afrikaanse aktrise is Sondag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat dwelms in haar besit gevind is.

Luther Lebelo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê die aktrise het pas vanaf Abu Dhabi in Johannesburg geland en glo ongesiens verby doeane probeer glip  toe sy deur beamptes voorgekeer is. Volgens Lebelo is meer as 15 kg se efedrien ter waarde van R4,6 miljoen in haar besit gevind.

Die aktrise se naam mag nie genoem word voordat sy in die hof verskyn het nie. “Die passasier het deur die ‘niks om te verklaar nie’-kanaal by die doeane beweeg, maar is deur beamptes voorgekeer sodat haar bagasie skandeer kon word. Die skandering het verdagte voorwerpe in haar bagasie getoon,” het Lebelo gesê.

Beamptes het 15 pakkies, wat in ʼn materiaal soortgelyk aan foelie toegedraai was, in haar bagasie gevind. Onmiddellike toetse het bevestig dat die middel in die pakkies efedrien was, ʼn hoofbestanddeel in metafetamien, meer bekend as “crystal meth”.

Die aktrise is aan die polisie oorgelewer wat haar in hegtenis geneem het. Sy sal binnekort in die hof verskyn.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Martin ·

As dit nie ‘n aktriese was nie het hulle onmiddelik die naam bekend gemaak.

Henry ·

Dit is seker nie daai SA aktrise wat van Benoni kom en nou in Hollywood bly nie?
Kan nie nou haar naam onthou nie…

Henry ·

Ek probeer weer – dit is seker nie daai aktrise wat in Hollywood bly en van Benoni af kom nie?
Ek sê nie.
Ek vra maar net.

alida ·

Ek hoop die ander watter dieselfde wil doen leer nou hieruit. Die lughawe beamptes krap daardie goed uit plekke waar jy nie gedink het jy het plekke nie !!! Hier sal sy seker op borg vrygelaat word – hoe dan anders – maar internasionaal gaan jy reguit tronk toe vir 15 jaar sonder ‘n keuse van ‘n boete. Wanneer gaan die mense leer !!

Lisa ·

Volgens die nuus op die radio is sy ook nie ‘n SA burger nie……………

alida ·

Mooi man dan kan sy teruggestuur word na haar eie land en daar in die tronk gaan sit en die belastingbetalers se geld eet.

Mike de Beer ·

As sy nie ‘n Suid Afrikaanse burger is nie moet hulle maar lank genoeg laat sit om te kwalifiseer vir Suid Afrkaanse burgerskap.

SNEL ·

Dan is sy mos ook nie n Suid-Afrikaanse aktrise nie. Sy loop op ons grond, maar sy is niks van ons nie, gee ons nou net n slegte naam. Sy is dan n ander land se aktrise op Suid-Afrikaanse grond.

angie ·

my man sit nou al 2 jaar in ‘n tronk oorsee vir die snert… Suid Afrika wil hom nie huis toe bring om sy straf hier te dien nie… ek baklei nie daar teen nie want hy was verkeert… maar dit beteken hierdie vroutjie beter haar straf kry…. noem haar naam… hoekom sulke mense weg steek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.