SA ambassadeur in Nederland ‘moet herroep word’

Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Bruce Koloane. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die Ahmed Kathrada-stigting het ʼn beroep op Naledi Pandor, minister van internasionale verhoudinge en samewerking, gedoen om Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Bruce Koloane, te herroep.

Dit kom nadat Koloane vroeër die week voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het.

Koloane het erken hy het die name van voormalige pres. Jacob Zuma en twee kabinetsministers gebruik om toestemming te bewerkstellig dat die Gupta-familie se trougaste in 2013 by die Waterkloof-lugmagbasis kon land.

“Nadat sy ‘geheue verfris is’, het ambassadeur Koloane aangedui dat hy, toe hy die hoof van staatsprotokol was, die president se naam gebruik het om die ongemagtigde landing van trougaste by die Waterkloof-lugmagbasis te bewerkstellig,” het Neeshan Balton, uitvoerende hoof van die Kathrada-stigting gesê.

“Dit is duidelik dat sy etiese en morele vermoë om ons land as diplomaat te verteenwoordig onder verdenking is. Ons is van mening dat hy uit hierdie pos herroep moet word en aan die nodige stappe onderwerp moet word waardeur hy permanent afgedank moet word.

“Ons kan nie iemand wat erken dat hy lieg, en wat skynbaar nie skaam is om opdragte uit te voer van persone wat staatskaping in Suid-Afrika verpersoonlik, as verteenwoordiger van die land hê nie,” het hy gesê.

Balton het gesê hy sou dink dat die ambassadeur se spyt oor die Waterkloof-skandaal hom daartoe sou lei om meer agterdogtig te wees oor sy interaksie met die Gupta-familie.

“Die #GuptaLeaks skets egter ʼn ander prentjie, met bewerings van voortgesette interaksie met die familie, insluitend om te reël dat vriende by hul Limpopo-gastehuis bly, en om die Guptas te help om kontak te maak met Nederlandse besighede. Aspekte van hierdie bewerings is voor die kommissie deur [Koloane] bevestig.”

Balton sê dit is verstommend dat Koloane in die eerste plek as ambassadeur aangestel is. Hy is deur Zuma aangestel.

“Ons moet die vraag vra of hierdie ‘sagte straf’ dalk eerder sy beloning was dat hy ingestem het om die sondebok te wees vir die ongemagtigde landing by ʼn nasionale sleutelpunt,” het Balton gesê.

“Dit is nogal verbasend dat die president iemand wat sy naam en die name van kabinetsministers misbruik het, sal ontplooi in ʼn senior diplomatieke pos. Dit laat ʼn mens regtig bevraagteken of al die feite rakende die Waterkloof-sage aan die publiek vertel word.”

Balton het bygevoeg dat Virendra Gupta, die destydse ambassadeur vir Indië wat glo vir Koloane gebel het om die landing te versoek, geroep moet word om voor die Zondo-kommissie te verskyn. “Hy moet antwoord oor sy rol in die sage. Die nodige gesprekke moet ook met die Indiese regering gevoer word sodat hulle sy gedrag ondersoek en gepaste stappe teen hom doen,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
George van Bloem

En wat van die Mandela vrou se lasterlike en rassistiese uitlatings? O ja,jammer.Ek het vir ‘n oomblik vergeet ons land het mos twee stelle reels.

Wielspore

Pappa roep, kom huis toe en dien jou straf uit want jy is ‘n verleentheid vir ons in die buiteland.

Johan

Interessant dat die Ahmed Katrada stigting ewe skielik uitgesproke is…. Waar was hulle die afgelope 25jaar….

BlinkStephaans

Ons sal nooit regtig die waarheid van enige iets waaraan zuma gekoppel is weet. Om een of ander rede is hy hierdie goue seun… en hoe meer drama daar rondom hom is, en hoe meer die bedrae wat betokke is raak… hoe harder sing sy koor. Hulle sal staan en val by hom… al kos dit alles wat hulle het. Al rede waaraan ek kan dink is omdat hulle weet… as zuma se turf gaan sit… sit ons saam. Wonder of oom zuma daardie dag dieselfde vir hulle sal doen. Dalk weet hulle hy sal nie… dalk weet hy net… Lees meer »

humor

Duidelik, in Nederland is daar nog erns met gesag. Ja inderdaad n verleendheid vir die beskaafde bevolking in SA. Weet nie of die begrip verleendheid vir die meerderheid van die regering bestaan nie.