SA bank derde beste bank ter wêreld

Capitec Bank is wel nie een van Suid-Afrika se topvier banke nie, maar dis die derde beste bank ter wêreld.

Capitec Bank het stof in die oë van Suid-Afrika se Groot Vier geskop deur aangewys te word as die beste bank in Suid-Afrika sowel as Afrika en die derde beste bank ter wêreld.

Die Lafferty-bankranglys 2018 het vyf sterre toegeken aan net agt van die 500 banke op sy lys van die beste instellings ter wêreld. Pole blink uit met twee banke in die top-agt, en Australië word uitgesonder as die land met die heel swakste banke uit die 72 lande in die ondersoek.

Vanjaar was dit die eerste keer dat Lafferty na 500 banke gekyk het, vyf keer soveel soos in 2016 en 2017. Die meeste banke (264) het drie sterre gekry, waaronder Suid-Afrika se Investec, Nedbank en Standard Bank. Absa, Finbond en FirstRand (FNB) is van die 166 banke wêreldwyd waaraan vier sterre toegeken is.

Suid-Afrika se banksektor het goed gevaar, met ʼn gemiddelde gradering van 3,7 sterre, beter as die Verenigde Koninkryk (3,5), Switserland (3,4), Swede (3,6), Katar (3,6) en Israel (3,5), maar swakker as Kenia (3,9), Oman (4), Pole (4,1) en Rusland (3,8).

Duitsland (2,8) en Amerika (2,7) se banke het glad nie waffers gevaar nie.

Lafferty het Capitec Bank in 2016 en 2017 as die beste bank ter wêreld aangewys. FinBond (11), FirstRand (15) en Absa (71) is vanjaar ook onder die beste 100 banke in die wêreld, maar Nedbank (196) en Standard Bank (337) het met net drie sterre elk heelwat swakker gedoen.

Van die aspekte wat beoordeel word, is ʼn bank se kultuur, hoe tevrede sy kliënte is, hoe getrou beloftes nagekom word en die bank se finansiële resultate.

Gerrie Fourie, Capitec Bank se uitvoerende hoof, het aan Business Report gesê: “Ons glo banksake moet eenvoudig, bekostigbaar en deursigtig wees en terwyl ons daarna streef om die beste handelsbank ter wêreld te wees, is dié erkenning ʼn sterk aanduiding dat ons op pad is in die regte rigting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Tina du Toit ·

Ek is baie tevrede met Capitec se dienste en spaar baie onkostes.

Stem saam ·

Dis die eerste bank waar my rente aansienlik meer is as my bankkoste. En ek was al by 2 van RSA se 4 groot banke. Capitec is regtig die beste en mens kry top diens

Kobus ·

Hier in die noordelike voorstede in Kaapstad is dit die enigste bank waar jy binne tien minute gehelp word met navraag. By die ander banke het jy al vergeet wat jou klag was by die tyd dat jy voor kom.

petro ·

Die nuus berig en die byskrif by Capitec embleem weerskpreek mekaar

Adriaan ·

Petro jy het nie die berig gelees nie. Capitec is die beste bank in SA maar is nie een van die grotes nie. Maw hulle is kleiner as ABSA , FNB, Std Bank en Nedbank

Stem saam ·

Dis die eerste bank waar my rente aansienlik meer is as my bankkoste. En ek was al by 2 van RSA se 4 groot banke. Capitec is regtig die beste en mens kry top diens

WIEBO ·

Capitec is die beste. Lae kostes, geen verskuilde kostes, geen rye om te wag nie en vriendelike personeel.

PieterJohannes ·

Petro, lyk my die byskrif by die embleem wys daarop dat Capitec nie as een van die top vier banke in Suid Afrika beskou word nie. Wonderlik dat ons ‘n Bank het wat wêreldwyd so hoog gegradeer word. Dit kan help met die Rand wat so verswak en dan sal die begroting ook nog ‘n effek hê.

Herman ·

Die man aan die stuur van Capitec was oornag gefire by sy vorige bank waar hy werksaam was, want sy kleur was nie reg.
Hyt opgestaan en sy eie bank begin en kyk waar is hy vandag.
Hy is n voorbeeld vir Afrikaners.

Gert ·

As jy gereeld in ‘n SA bank moes sit en wag vir diens en ook in Australie dan sal sal jy weet bg. is absolute twak. Capitac mag dalk redelik goed wees maar die banke in Australie is ligjare beter as die in SA. Ek reken politiek speel ‘n rol hier.

koos1 ·

Ek is baie gelukkig by Capitec. Goed gedoen, veral aan die lig dat die kompetisie fop nuus gebruik om hulle te laat struikel!

Het Lafferty hulle navorsing in SA voor of na VSB se skandaal gedoen, want ek is seker dat die skandaal ons land se bankgradering af gebring het.

Teresa ·

Capitec het ons besigheid met ‘n kaartmasjien gehelp want ons eie bank wou nie. Hoe verras was ons nie oor die uitstekende diens nie!!! Intussen het ons eie bank ons prober terug werf vir ‘n kaartmasjien maar ons het ons state uitgepluk en gewys hoe goed ons behandel word. Nou wag ons nog net dat Capitec uitbrei en besigheidrekening ook oopmaak.

Realis ·

Mooi so Capitec! Ek dink ek kom oor soontoe. ABSA het nou genoeg van my geld gekry. Vertel asb. die ander banke hoe om dit te doen.
Net ‘n vraag: Hoe hou julle die gierige , vet vingertjies van die regering en hulle meelopers uit julle koekieblik uit?

HP ·

Ek het ABSA sowat 7 jaar gelede gelos en `n rekening geopen by Capitec nadat ek agtergekom het hul (ABSA) fooie is eenvoudig te duur. Ek bespaar letterlik honderde rande elke jaar aan bankkostes.

Christa ·

Hoe goed is hul met huislenings.. Inligting sal waardeer word. Thanx

koos1 ·

Hulle doen huislenings in samewerking met SA Homeloans. Probeer hulle gerus en moenie verbaas wees as jy ‘n laer rentekoers kry nie.

Wilma van Niekerk ·

Baie geluk en eks bly ek het oorgegaan na Capitec geen probleme en spaar so baie.

Lunsriem ·

Wel gedaan Capitec!! Iewers moet fout wees……Nedbank, gemeet aan sy plaaslike tak en sy useless en arrogante takbestuurder, moes eintlik geen sterre gekry het nie.

Kobus ·

Hier in die noordelike voorstede in Kaapstad is dit die enigste bank waar jy binne tien minute gehelp word met navraag. By die ander banke het jy al vergeet wat jou klag was by die tyd dat jy voor kom.

Ian ·

Netso! Glen Garry tak word mens dadelik vriendelik gehelp. Baie goeie bank, rente > bank koste.

Poppie ·

Christa, ons het so 2 of 3 Saterdae terug Capitec toe gegaan vir ‘n huislening.
Capitec self doen nie huislenings nie.

Blompot ·

@Christa, @ Poppie, dis dood reg maar hulle het ons na SA Homeloans verwys en na 20 jaar by FNB en geen hulp met n huis lening het ons n 100% lening gekry. SA Homeloans keur Capitec kliente makliker as jy reeds n goeie finansiele rekord het. Ek weet nie wat doen FNB nie. O.a het hulle ons afgekeur paar jaar terug omdat ons dom “penalties” gehad het soos Debiet orders wat deur gaan voor jou pay in is (dan is die dt order datum vir die 25e maar hulle probeer hom deur sit die 23 agv “x,y and z” en n ander ding, stupid goed soos wanneer jy jou Dt kaart swipe en jy het nie genoeg vondse in jou rekening nie (ek het al vergeet om geld oor te plaas vanaf my spaar na my tjek vir veiligheids redes) dan charge hulle jou n penalty fee van ek dink R110 rand en dit tel ook teen jou “banking code”. Die ander stupid ding wat teen mens tel is as jy van hul “payday loans” gebruik maak en ook wanneer jou bank kostes af sou gaan maandeliks voor jou salaris in is en jy dalk in n minus balans sou wees.

Ons is oor Capitec toe. So min bankkostes. Om n betaling te “clear” is net R10 ongeag die bedrag. Die diens is UITSTEKEND EN ons het gewalifiseer vir n Pvt lening & krediet kaart. (ons ITC is skoon) waar FNB ons nie wou help in 20 jaar nie.

Sak ·

Seker al 4 jaar by Capitec. Nog nooit so gelukkig met n bank gewees nie. Geluk Capitec!! Julle verdien dit.

Sue Lemmer ·

Trots op deel te wees van Capitec. Spaar soveel meer met hulle bank kostes wat so laag is. Baie geluk Capitec met die prestasie

Henrietta Klaasing ·

Hoera! Veels geluk en dit ten spyte van die vals aanklagte daar in Julie deur Viceroy (en wie is hulle nou weer? ;) Trots Afrikaans.

Jaco ·

Al hoekom Capitec so goed gevaar het is omdat Bidvest Bank nie deelgeneem het nie.

JP LE RICHE ·

Toe ek die derde keer by hulle inloop en 20min sit en wag en dan gese word: “Eish, the computa system is off, come again tomorrow!” Toe besluit ek FNB is dalk nie so sleg nie. Hulle kry verseker geen pryse in my boek nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.