SA begin met mobiele korona-toetseenhede in armste plekke

(Foto: Vincent Thian/AP)

Die regering het 67 mobiele eenhede bekend gestel om pasiënte pro-aktief vir die koronavirus te toets.

Minstens 1 380 persone het reeds in Suid-Afrika positief getoets vir Covid-19 en die sterftesyfer staan op vyf.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdag gesê hoewel die streng maatreëls van die afsonderingsperiode tot ‘n vermindering in die daaglikse nuwe besmettingsyfer gelei het, kan ‘n tweede golf voorlê noudat die meeste nuwe infeksies plaaslik oorgedra word en die eerste gevalle in drie groot townships (Gugulethu oos van Kaapstad, Alexandra noordoos van Johannesburg en Inanda noordwes van Durban) aangemeld is.

Suid-Afrika het nou 326 toetssentrums landswyd, en Mkhize het die geleentheid gebruik om ‘n vloot van 67 mobiele behandelingseenhede bekend te stel wat na die 67 grootste korona-brandpunte in Suid-Afrika gestuur sal word, met die 993 armste munisipale wyke wat vir pro-aktiewe toetse deur die sowat 10 000 opgeleide gemeenskapsgesondheidswerkers geteiken word.

Mkhize het gesê hoewel meer as 45 000 koronatoetse reeds in Suid-Afrika gedoen is, is dit glad nie genoeg nie en is die land se optrede teen die virus hopeloos te reaktief.

Hoewel die algehele afsondering, die sluit van grense en die plasing van alle persone wat die land binnekom uit die buiteland dus die toename in gevalle verminder het, sal die stryd teen Covid-19 verskerp moet word.

Hospitale is dus gevra om pasiënte wat nie ernstig siek is nie dringend huis toe te stuur sodat meer hospitaalbeddens vir korona-gevalle beskikbaar kan wees.

Volgens hom sal die griepseisoen, wat na verwagting volgende maand begin, ʼn bykomende las plaas op bestaande hulpbronne.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

PH ·

Ek haal aan uit ‘n ander berig “Mabula sê openbare vervoer is die grootste verspreider van die virus”

jzjz05 ·

Kan nie glo dat die aangemeldte gevalle na n paar per dag af geplat het nie, of word daar maar sleg getel.?

antieke antie ·

vertrou jy die tellers se telvermoe?… ek doen nie…nog meer hulle verslaggee ….weet mos hoe werk hulle rekord hou…
kyk hoe lank is daar ambulanse ens maar nie ingebruik nie….
die mense wil net goed lyk asof hulle enige suksesse al gehad het

charmaine ·

Daai modbile toetssentrums ek kry daai personeel jammer.

Marietjie ·

Mense, ons weet mos, al by die tyd dat daar min is wat reg kan optel, en nog die meerders dink dit is n oorsee se grap en raak ons nie werklik nie, ek sien dit hier, in n tehuis
waar ek bly.

Piet ·

Ek kan daarvan verseker wees dat mense verkeerde uitslae gaan kry a.g.v die hoeveelheid toetse wat gedoen moet word,,,

antieke antie ·

baie verseker gaan daar verkeerde mense diagnoseer word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.