‘SA benodig leiers met waardes, integriteit’, sê Ndileka Mandela

Ndileka Mandela saam met Kenneth Meshoe van die ACDP, Mosiua Lekota van Cope en Mmusi Maimane van die DA (Foto: ANA)

Die ontslape voormalige Suid-Afrikaanse pres. Nelson Mandela se oudste kleindogter het Donderdag tydens ʼn byeenkoms gesê Suid-Afrika benodig dapper leiers met morele waardes en integriteit wat die Grondwet sal handhaaf.

Ndileka Mandela (52) het gepraat tydens ʼn Freedom Movement-byeenkoms in Pretoria waar talle politieke leiers ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen het om af te tree.

Die byeenkoms is juis op Vryheidsdag gehou om presies 23 jaar van demokrasie te herdenk.

“Vandag is ʼn dag wat ons onsself moet herinner wie ons as mense is en waarvoor ons staan as ʼn volk. Ons is ʼn nie-rassige en nie-seksistiese demokratiese land wat soos een mens moet baklei vir ons demokrasie, ongeag ons politieke oortuigings, ras en geloof.

“Ons doen ʼn beroep op ons leiers om altyd die Grondwet te respekteer. Ons vra ook die regering om na ons stemme te luister, na ons sorge en vir ons gelyke kanse te gee in terme van onderwys, werk en voordeel trek uit Suid-Afrika,” het sy gesê.

Politieke leiers hou hande vas om te wys dat saam staan vir SA se demokrasie ongeag ras en geloof (Foto: ANA)

Mandela het vroeër vandeesmaand erken dat sy nooit weer vir die ANC sal stem nie, en gesê dat sy haar geloof in dié party verloor het ná die Sassa-skandaal.

Die byeenkoms is oorheers deur lede van die DA.

Die leier van dié party, Mmusi Maimane, het ná die geleentheid gesê daar gaan nog talle sulke byeenkomste wees. Hy het ook gesê daar sal ʼn optog wees op dieselfde dag as wat die Nasionale Vergadering in ʼn mosie van wantroue teen Zuma stem.

“Selfs al weier Zuma om na die betogers te luister, is hy steeds besig om sy leierskap te verloor en al meer Suid-Afrikaners begin saamstaan sodat hy uit sy amp ontslaan kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adam ·

Politieke leiers met waardes!!. Bestaan daar nog sulke politici? Al wat ons nodig het is mense sonder lang vingers wat bereid is om te werk en te luister na die land se inwoners. SA is nie ‘n demokrasie nie aangesien die politici in die regering nie ‘n idee het wat die begrip beteken nie. Dit gaan net oor geld en mag en ons sien daagliks grepe van “power corrupts and absolute power corrupts absolutely”. Mooi woorde, saamtrekke, optogte, stakings, betogings edm sal nie eens help nie. Kry eerder leiers wat min praat en baie werk en wie respek het vir ons land en sy mense en eers dan kan ons weer praat oor ‘n goeie toekoms.

Johann ·

Skuus maar ek dink nie eers Mandela wat uit die dood uit opstaan om Zuma tot orde te roep sal werk nie…

Bruno Stef ·

In Afrika word die mag ten alle koste behou. Die een klomp kripvreters sal met allerlei optredes en mooi klinkende versekeringe die mag probeer bekom.Mense moet hulle nie laat mislei hierdeur nie ek het persoonlik heelwat in buurlande besigheid probeer doen en in almal behalwe Botswana volg hulle dieselfde patroon.Die oorblyfsels in Zimbabwe onder wit mense is almal oud en hulle kinders en familie wat kon het al lankal reeds geimigreer en diesulkes wat oorgebly het leef maar van die hand na die mond en onder groot druk.Ons Westerse opvoeding en waardes is vir die Afrikane n groot struikelblok grotendeels omdat ons nie met die res wil integreer nie.

Magrietha ·

Bestaan daar nog so n persoon wat hierdie romel states kan reg kry ek dink nie soo nie.

John ·

En nou word die ou wapen teen opposisies uitgeruk soos deur alle paranoiese leiers wat bedreig voel, ‘n geheime mag/wapen… ‘n moordbende wat die regering en ‘cronies’ wil uitwis. Hoe kan die glo wit monopolistiese sisteem verdag gemaak word? Vang ‘n jongman wat glo geld ontvang vir planne om Zuma & kie so op sy eis een na die ander of met ‘n atoombom uit die kelders van die Guptas gesteel, te gaan platskiet. Briewe vlieg openlik rond…
ware bewyse… en wa, wa, wa… en ‘n noodtoestand word afgekondig en mense word regs en regs in hegtenis geneem… en Zuma en sy ryk vriende bly koning van die mishoop… bla… bla… bla…

AL ·

Sy het ñ ikoon van ñ oupa so sy sal redelike invloed kan uitdra na die buitewêreld. Dis fantasties om te sien hoe sterk Mandela sy familie opgevoed het om te streef na ñ nie-rassig en nie-seksistiese samelewing.
Ons as witmense voel die slae wat Zuma uitdeel om ons as sondebokke uit te sonder vir sy onbevoegdheid.

Gerrit ·

Net jammer niemand het nog ooit gevra waar Mandela se miljoene vandaan gekom het wat hy aan al sy nasate bemaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.