SA benodig meer onderwysers van gehalte

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Suid-Afrika het ’n tekort aan onderwysers en sal waarskynlik teen 2025, 30 000 meer onderwysers nodig hê as in 2013, ten einde die groeiende leerlinggetalle in skole te akkommodeer.

Daarom doen die Skole-ondersteuningsentrum (SOS) op Wêreld Onderwysersdag (5 Oktober) ’n beroep op jong mense om opnuut ’n beroep in die onderwys te oorweeg.

Danie Brink, hoof van die SOS, sê die rede vir die tekort is dat te min onderwysers jaarliks opgelei word en al meer die beroep verlaat nog voor hul aftree-ouderdom.

“Die regering moet ook beter salarisse en werksomstandighede vir onderwysers bied, wat gehalte onderwysers na die beroep sal lok.

“Vir Suid-Afrika om in die groeiende behoefte aan onderwysers te voorsien, moet ten minste 25 000 nuwe onderwysers jaarliks opgelei word. Volgens die departement van onderwys het 20 000 onderwysers in 2015 aan ’n instelling van hoër onderwys in Suid-Afrika gekwalifiseer.”

Brink het gesê daar is boonop net plek vir 9 000 studente om jaarliks aan een van die land se 26 universiteite te begin studeer. Hy sê ook die tekort aan onderwysers sal toeneem, omdat nie genoeg onderwysers opgelei word om die plek te neem van onderwysers wat aftree nie.

“Volgens syfers deur Africa Check in 2016, voltooi net 36% van alle onderwysstudente hul vierjaar-kwalifikasie in die aangewese tyd. ’n Verslag deur die sentrum vir ontwikkeling en onderneming wys dat net 2,4% van Unisa-studente hul kwalifikasie voltooi.

“Onderwysers se salarisse is nie kompeterend nie, wat veroorsaak dat jong mense nie onderwys wil studeer nie. Swak dissipline in skole maak die beroep ook onaantreklik,” sê Brink.

Volgens Brink gaan dit ook om die gehalte van onderwysers wat opgelei word. “Die gehalte van onderwys kan nie beter wees as die gehalte van sy onderwysers nie. Daarom bestee die SOS deurlopend tyd aan voortgesette ontwikkeling van ons onderwysers.”

Melanie Buys, onderwysspesialis verbonde aan die SOS, sê ook die gehalte van opleiding van onderwysers moet verbeter, ten einde onderwysers beter voor te berei vir uitdagings in die klaskamer. “Universiteite moet ook meer kieskeurig wees oor wie gekeur word om onderwys te studeer en moet hierdie studente emosioneel en akademies ondersteun, ten einde te verseker dat die deurvloeikoers verbeter.”

Brink meen meer jong mense behoort die beroep te oorweeg, omdat onderwysers enige plek ter wêreld kan skoolhou. “Jy het ook die toekoms van jou land daagliks in jou hande en kan ʼn ware verskil maak in jong mense se lewens,” sê Brink.

Hy sê die regering behoort onderwysers beter te betaal en die wurggreep van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) te breek, wat die professionaliteit van die beroep aantas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

LR ·

Verstaan glad nie. Lesufi sê dis goed as onderwysers SA verlaat trouens hy sê ons moet dit vier as hulle die land verlaat.
Dit lyk my die redenasie vermoë van die ANC hooggeplaasdes is swaker as dié van die algemene publiek, in die hoogste kringe word beweer daar vind geen plaasmoorde plaas nie.

Stella ·

Die departement van onderwys kort gehalte werknemers in hul kantore met kennis en ondervinding. DBE boeke en voorskrifte van dept verhoed kwaliteit onderrig.

Student ·

Jonges swot onderwys, maar ons gaan oorsee werk as ons klaar is. Lesufi se mos dit is reg as ons gaan.

Eish ·

En gaan moet jul gaan, die helhool het niks om te bied buiten pyn en lyding nie.

Netso ·

Die een skree van die preekstoel af hulle moet hulle goet vat en toer daars genoeg en ñ week later is daar te min! Georganiseerde SA chaos soos in elke beroep tans!

Stephanus ·

Maar Lusufi sê dan dit is goed as ons beste onderwysers die land verlaat!!

James ·

Lees mooi die poste advertensies mooi. Affirmative action will be implemented

Aster ·

SA en nog maar een van sy vele probleme. Ek kry die bietjie onderwysers wat nog hier oorbly jammer…een van die dae gaan hulle almal nog suffer om kinders (wat die toekoms en toekomstige leiers is) wag hoog is op ‘n dagga zol voor skool in toom te hou. Daar is eenvoudig geen meer respek vir onderwysers nie. My gevoel oor kinders van vandag is dat hulle hand uit ruk, dissipline word nie net by die skool geleer nie, dit moet by die huise geleer word. Kyk waarna toe lei ons lands wette ons kinders? Die ja woord word gegee vir dagga en gaan dink mooi hoe dit jou kind negatief sal beinvloed. Ek waarborg dat daar meer groepsdruk sal wees, wat een ten tien sal lei tot depressie. Kyk net hoe word wapens (skere, messe en wapens) in die skole uitgeruk. Hoe word met onderwysers gepraat, gevloek, geskreeu. Kinders in die ou tyd (voortrekker tyd), kyk net hoe was hulle skole, moes kilos ver stap of per donkie/perd skool toe ry, en glo my jy het ‘n goeie pakslae gekry in daai dae en daar was groot respek vir ouers, onderwysers en medemens. Ek sien maar swaarigheid vir die toekoms.

Papa G ·

Amen en amen! My eie kinders is soms vrek stout tuis maar het respek by die skool(ek het skoolgehou in die skool waar hulle was). Ek wonder gereeld hoe die stoute wetters by die skool tuis moet wees! Ouers met respek wat onderwysers nie agteraf, voor hul kinders, slegmaak nie, sal ook hartlik waardeer word!

Willem ·

En so sit hulle vir hulle om elke hoek en draai ‘n etiket om die nek, maar mens mag dit nie ‘n naam gee nie.

AW ·

Dysfunctional Families and Household’s is a reality within SA.
One of many root causes is, or at least a contributing element is, our Liberal Constitution, with it’s Own unique “liberal interpretation and understanding” by most if not All South Africans.

There are so many Rights….. Yet NO Responsibilities and or Consequences !!

The inconvenient Truth and Reality is that “Mothers and Fathers” in General, just Dont Have or Lack, the Conviction / Skill to raise their child / children on the Foundation of Ethical and Moral Values.

Teaching and Raising them, the Difference what constitudes Right from Wrong.

That: “Wrong is Wrong even if people IS for it…. and Right is Right even if people IS against it.”

That: “We shall agree to disagree on verious matters / issues; Yet Respect each other, even should we find no common ground.”

That: “Respect for your follow Human Beings in respect of – Yes Please / No Thank You / Your Welcome / May I Help / Assist….. is a testimony of (or the lack there of) a persons character and upbringing.”

That there are consequences for undisciplined choices / conduct.

Delinquency is rive within South African Families / Households.

And so we can continue….

The Holly Truth and Reality is that in General its the “Mother / Father” That are failing their child / children and then the Schools and or teachers are Generously Blamed for the “Mothers / Fathers” Gross Failures in raising and desciplining their own child / children!!!

RHG ·

Ek hoop hulle begin bou aan nuwe skole. 2025 is ‘n oogknip ver.

Cornelia ·

Al die kommentare slaan die spyker op die kop. Onderwys is tans ‘n veld deurspek met landmyne. Van Onderrig instansie tot “Oorlog instansie” geforseer waar die gees van kennis oordrag ‘n riskante snykant bygekry het. (Intimidasie!) Buiten die reeds bekende ongedissiplineerde en onopgevoede gedrags afwykings waarmee onderwysers gekofronteer word. Politieke faksies wat toegelaat word om skole te bedreig met GEWELD! Afrika is oorbekend vir sy destabiliserend gedrag. Lesufi’s is geïndoktrineer om as destabiliserende faktore, die moraal en fondasie van enige boustruktuur van gehalte en duursaamheid te ondermyn met baie verwarrende polemiek. Die anc is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n gretige kommunistiese marionet. Broerskind is ‘n onderwyseres in Suid – Korea. Die benadering tot LEER is positief, doelgerig en gedissiplineerd. Die leerlinge is “leer gefassineerd” en kompeterend. Homogene onderrig het nou maar eenmaal net voordele.

SjN ·

Lesufi, hou eerder jou groot mond, jy raak n verleentheid met jou uitlatings.

Seemeeu ·

Ek het kinders in en dien op die beheerliggaam van ‘n laerskool in ‘n kusdorpie in die Suid-Kaap. Ons moes hierdie jaar verskeie aanstellings doen omdat ons ‘n klompie aftredes en ‘n sterfte gehad het in ons opvoederkorps. Ek kan in alle eerlikheid sê dat ons baie aansoeke van hoogstaande gehalte gehad het, en kon kies en keur. Hoewel ek baie realisties is, is dit raadsaam om doemnuus altyd te temper met ‘n knippie sout.

ATeacher ·

Jammer vir die English :0) ek het baie lanklaas Afrikaans getik. As an international school “inspector” and exSA teacher: No amount of money will make me go back to schools in SA. Teaching University students in Norway to become teachers is much more rewarding. As a white male teacher in SA, I wasn’t “Afrikaans” enough or “British”enough or even “Black” enough to be promoted to a leadership role. But yet I am good enough out side my Country, to be one of 6 nominees for the world teacher of the year awards 2017 and good enough to teach university students studying education in Norway. Money is such a small part of it for real teachers. I, got tired of people not knowing what they’re doing in South African politics making policies about how I should educate students in my classroom. (Police makers that did not study or studied education as a degree/masters or Doctorate) I got tired of rugby players and cricket coaches been given positions of leadership in schools not because they deserve it but because they played a sport. South African education is racist,it’s biased, and Unfortunately going nowhere fast. Kids look up to the people around them, when ministers and presidents are allowed to steal and be corrupt. what message does that send to the young people? Kids are smart and know that they cannot be held accountable for their actions. That’s why teachers are leaving schools and SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.