SA beplan wêreld se grootste Bok-kombers

Die templaat van hoe die Bok-kombers gaan lyk (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaners regoor die land gaan vanjaar poog om ʼn nuwe wêreldrekord op te stel vir die grootste gebreide Bok-kombers. Dié poging wat uitloop op Madibadag op 18 Julie bring hulde aan die Springbokke, maar reik terselfdertyd ʼn hand na kwesbare gemeenskappe.

Die liefdadigheidsorganisasie 67 Blankets for Nelson Mandela Day spits hom jaarliks toe daarop om komberse vir behoeftiges te brei. Die organisasie hou reeds sedert 2016 die titel vir die wêreld se grootste gehekelde kombers, asook die wêreld se grootste handgebreide kombers.

Die wêreld se grootste gehekelde kombers is gemaak deur meer as 10 000 komberse aan mekaar vas te hekel om ʼn totaal van 17 188 m2 te dek. Vrywilligers van regoor die land, asook gevangenes in sowat 60 korrektiewe sentrums het gehelp om dié komberse te hekel.

Sowat 15 000 komberse is in 2016 aan behoeftige gemeenskappe geskenk deur middel van hierdie projek.

‘Massive Mandela Masterpiece’, gedoen deur die 67 Blankets-organisasie (Foto: Verskaf)

Vanjaar vat die 67 Blankets-organisasie hande met voormalige Springbok-rugbyspelers Rassie Erasmus, John Smit en Tendai (Beast) Mtawarira om die land te herinner aan die “Stronger Together”-slagspreuk waarmee die Springbokke in 2019 in die Wêreldbeker-rugbytoernooi geseëvier het.

Op 9 Junie 2021 sal die #BokkeBlanket vir die eerste keer by Steyn City School in Steyn City, noord van Johannesburg, vertoon word.

Die kombers sal die hele rugbyveld bedek met ʼn afbeelding van die Springbok-logo en die Suid-Afrikaanse vlag – so groot dat dit slegs via satelliet in geheel sigbaar sal wees.

“Ons is inderdaad sterker as ons saamstaan. Die groen en goud sal nie net die Bokke se historiese oorwinning in 2019 vier nie, maar dit sal ook help om ʼn bietjie warmte en gemak aan kwesbare mense in Suid-Afrika se verseker. Ek glo dat hierdie kombers ons sal herinner dat ons sterker is as ons saamstaan,” sê Carolyn Steyn, stigter van die 67 Blankets-organisasie.

Vir meer inligting, besoek 67 Blankets se Facebookblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

isabelle ·

daar is darem n goeie doel in hierdie projek….kan die diere beskerming vereeniging/spca ook darem n paar van hierdie kombersies kry ;)

Wakkerslaper ·

PPPFFFTTT! “madiba dag”….. nee wat dankie, net daar stel ek beslis nie belang nie.

Anel ·

Is daar enige iemand wat vir my kan sê waarvoor is die 67. Hoekom nie 10 of 60 of so nie?

Moedeloos ·

Dit het iets met die aantal jare wat hy veranderinge in die land probeer doen het.

Nie Verbaas ·

Hulle moet net nie vergeet om tog BLM op die kombers te sit vir die kniebuigende burgertjies nie.

Rooikoos ·

Stel nie meer belang in die springbokke nie dankie. Blaai verby.

annie ·

En wie gaan nòù weer baat by die wol en penne? Ons Suid-Afrikaners is darem altyd ‘n bok vir elke dom plannetjie. Nou weereens vir ‘eenheid’. Binnekort val ons soos een fikse sportman reg in die pothole van armoede al breiende, hekelende en hakelende aan e… e… aan ‘n volgende plan vir eenheid.

Genis ·

Wat is volegende nationale Korrupsie dag? Vra die BLF organisasie om te help… hulle het mos miljoene,,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.