SA beweeg waarskynlik gou na vlak 1

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Daar word verwag dat pres. Cyril Ramaphosa binnekort gaan aankondig dat die land na vlak 1 van die inperking gaan skuif.

Ramaphosa het Dinsdag vergaderings van die presidensiële koördineringskomitee en Nedlac gelei.

Die presidensiële koördineringskomitee bestaan onder andere uit premiers en ministers en tydens die vergadering is beraadslaag oor ʼn verslag van die nasionale Covid-19-bevelsraad rakende die land se reaksie op die pandemie.

Tydens die Nedlac-vergadering is op ʼn aksieplan vir ekonomiese herstel ooreengekom wat nou deur die kabinet oorweeg en gefinaliseer sal word.

Die kabinet sal na verwagting nou vergader om ʼn besluit te neem oor of die inperking afgeskaal kan word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is versigtig optimisties dat Suid-Afrika deur die ergste van die Covid-19-pandemie is en sy departement het aanbeveel dat die afsonderingsregulasies verslap word. Dit sluit in regulasies rakende die aandklokreël, die verkoop van alkohol, godsdienstige byeenkomste asook reisbeperkings.

Die DA het ook ʼn beroep gedoen op Ramaphosa om die aandklokreël af te skaf, alle sektore van die ekonomie te open, internasionale reis toe te laat en ʼn normale skoolweek toe te laat.

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

“Die afsonderingsregulasies moet heeltemal en onmiddellik beëindig word, met die uitsondering van massabyeenkomste in beperkte ruimtes. Hierdie streng en langdurige inperking het ons ekonomie, die reddingsboei van ons samelewing, in ’n ongekende krisis gedompel,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

Die regering moet mense eerder vertrou om individueel verantwoordelikheid te neem in ooreenstemming met duidelike veiligheidsriglyne. Volgens Steenhuisen ontken die DA nie die risiko van ’n moontlike tweede infeksiegolf nie, al is die wetenskaplike konsensus dat die risiko daarvoor laag is. “Ons glo eerder dat die risiko wat ’n diep en langdurige depressie vir huishoudings inhou baie groter is. Verder is die herstelkoers vir besmette mense nou baie hoër as ’n paar maande gelede, terwyl die verandering in gedrag en die opbou van kudde-immuniteit daartoe bydra om die oordragkoers aansienlik te vertraag, wat die oorspronklike doel van die inperking was.”

Volgens Steenhuisen is daar egter meer wat gedoen moet word as om bloot veilig terug te keer werk en skool toe.

“Ons moet as ’n samelewing instem tot die ekonomiese hervormings wat ons ekonomie weer kan laat groei en wat armoede, werkloosheid en ongelykheid kan terugdryf. Ons moet wegstap van beleid wat beleggings keer soos die Nasionale Gesondheidsversekering, onteiening sonder vergoeding, batevoorskrif en die nasionalisering van die Reserwebank. Armoede is ’n dodelike pandemie in sy eie reg wat besliste optrede van ons regering vereis wat tot dusver nog nie gebeur het nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Maak wat jy wil Cyril jy gaan ons nie voorskryf nie ons is groot. Ag vader nou is dit seker WEER ons wat verantwoordelik gehou word vir die armoede van “our people” dis mos ons skuld hulle is slawe mmmmmm…

#Tsek ANC tsek man

Kokerboom ·

Binnekort kan nie te gou wees. Tyd het lankal uitgeloop. Die ekonomie bloei. Die land en sy mense kan nie meer!!!

Jaco ·

Een GROOT sekondêre doel met inperking is om wit besighede te laat swaarkry en bankrot speel. Ek is teen dit, maar ek verstaan dit, want die ANC het nog nooit van wit mense gehou nie en wil ons tot in ewigheid straf vir apartheid. Wat ek egter nie verstaan nie is hoe wit kerke, wat tydens inperking toe is, die ekonomie bedreig.

antieke antie ·

straf suipers en mollesmakers….los die ander mense uit…. maar die lot gaan nie hulle gewaande en misbruikte mag sommer opgee nie….want daarsonder is hulle ook net kriminele…. al blameer hulle apartheid ens

Pompies55 ·

Anc korrupsie en diefstal is n dodelike pandemie nie covid nie!!!!!!!

ElizeK ·

Level 1. Whaha!!! Droom verder ANC. Baaaaie van ons is al vir maande op level 0.

Andre ·

Rugraatlose president hy het niks onder beheer nie anargie is op ons voorstoep

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.