Die Suid-Afrikaanse bokslegende Willie Toweel is Maandag op Kersdag in die ouderdom van 83 oorlede.
Ron Jackson, bekende sportskrywer, het dié nuus aan SuperSport bevestig.
Toweel is by sy huis oorlede ná ʼn siekbed. Meer besonderhede oor sy afsterwe is nie bekend nie
Die ontslape Toweel, van die bekende boksfamilie, het tydens die 1952 Olimpiese Spele in Helsinki ʼn bronsmedalje gewen. Nadat hy in die 1960’s ʼn nederlaag teen Emile Griffith gehad het, het hy as professionele bokser uitgetree en ʼn bekende boksafrigter geword.
Van sy bekendste gevegte was dié teen Johnny van Rensburg wat daarin geslaag het om Toweel te oorwin nadat hy 23 kampioenskappe na mekaar gewen het, en sy geveg in 1955 teen die Frans-Algeriese bokser, Robert Cohen.
Verskeie berigte noem dat Toweel ná 1956 “doelbewus teruggehou het om te verhoed om sy teenstanders seer te maak”. Dit het gevolg nadat Hubert Essakow in die hospitaal beland het ná ʼn geveg teen Toweel en later oorlede is.
Hy het sy Empire-titel later tydens ʼn tweede geveg teen Dave Charnley verloor – glo deels omdat die gebeure van die geveg met Essakow by hom gespook het.
As boksafrigter het hy onder meer vir Charlie Weir, Brian Mitchell en Thulani ‘Sugarboy’ Malinga afgerig.
Was bevoorreg om met hom te gesels as hy buite sy “Academy” in Fontainebleau Randburg op die sypaadjie gestaan en almal gegroet het wat verby kom. Merkwaardige mens. RIP.
Rus in vrede. Groot man. Almal in boks en die land gaan jou mis.
Willie en inderdaad die hele Toweel-familie reg van ‘Papa’ Toweel af is wêreldwyd ware legendes reeds bykans ‘n eeu in bokskringe. Of jy nou ‘n boksliefhebber was of nie, van die Toweels het jy geweet. Voor ek die berig gelees het het ek reeds gedink aan Essakow wat definitief ‘n uitwerking gehad het op latere boksgevegte van Willie. Die internet is daar om meer inligting te bekom oor hierdie merkwaardige boksfamilie. Sterkte aan die familie met die afsterwe van Willie, die laaste van ses (boks)boeties.
Gaan kyk ook op Youtube na gevegte. Die spelling van ‘Mathews’ is eintlik ‘Matthews’ by die onderskrif van die foto.
http://www.lebanese.co.za/famous.htm
Een van ons Kampioen Afrigters! R. I. P Willie Toweel!
Volgens die gesaghebbende Boc Rec het Toweel op 3 September 1959 in Johannesburg teen Cohen te staan gekom, maar die geveg was gelykop. Cohen was toe nie meer w.kampioen nie. (Hy was wel van 1854-56. ) Dis dus twyfelagtig dat Toweel soos berig word met daardie geveg ‘n w.titel kon “losgeslaan” het.
Wil graag weet.
Was dit nie Jimmy Carruthers van Australië wat vir Vic binne minder as n minuut na aanvang van hulle geveg uitgeslaan het nie (KO’ed)?
Hoe ook al Vic Toweel was n GROOT naam in SA bokskringe.
Mag sy familie vertroosting vind in sy nalatenskap op bokswereld.
Alan, Vic & Willie Toweel was almal Legendes in die Bokskringe. Almal van het ongelooflike talent gehad het en het hulself as kinders in die strate van Benoni leer boks.
Wil graag weet.
Was dit nie Jimmy Carruthers van Australië wat vir Vic binne minder as n minuut na aanvang van hulle geveg uitgeslaan het nie (KO’ed)?
Hoe ook al Vic Toweel was n GROOT naam in SA bokskringe.
Mag sy familie vertroosting vind in sy nalatenskap op bokswereld.
Janee Pierre…. ek dink ook nie Toweel sou in “1854-56” ‘n titel kon los slaan nie.